Wie is jy in Christus
(aantekeninge Sondag 3 Junie 2012)


Waar is jy? Is jy in die paradys of nie?

As die satan jou buite die paradys hou, is dit nag!!!
Jou hart, die sentrum waarmee jy kies, maak hierdie besluit vir jou. 

Elke mens is deur God geskep, of jy dit glo of nie.
Jesus het vir almal gesterf, maar almal is nie IN Christus nie! Dis nie outomaties nie. 

Om IN Christus te wees, beteken dat jy:-
- Hom erken as jou Saligmaker
- Jou hart en “mind” aan Hom oorgee
- Hom onvoorwaardelik volg
- Sy verlossing aanvaar
- Vir Hom leef

2 Kor 5 : 17-18
Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.  

In Christus:-
- Is jy NUUT
- Terug in die paradys
- Met Christus versoen
- LEWE jy 

Sonder Christus
Verlore
Sterwend 

Stap saam met my deur die Bybel en kyk wat God vir jou sê: 

Jy word aanvaar – onvoorwaardelik

Ju is nie meer verworpe, vuil of ongeliefd nie

Jy is God se kind

Joh 1:12
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
 

Jesus se vriend

Joh 15:15
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
 

Heilig en aanvaarbaar

Rom 5:1
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Ef 1:4
So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
 

Een in Christus

1 Kor 6:17
Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.

Vir 'n prys gekoop

1Kor 6 : 19 – 20
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
 

Deel van Jesus se liggaam en familie

1 Kor 12 : 27
Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.

Aangeneem deur God

Ef 1 : 5
In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.

Volmaak en kompleet in Hom

Kol 2 : 9 – 10
In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.
 

Jy het volle sekerheid

Vir ewig vrygespreek van straf

Rom 8 : 1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.

God is VIR jou

Rom 8 : 31
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?

Volledige oorwinning

Rom 8 : 37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Jy is reeds 'n burger van die ewige blyplek

Fil 3 : 20
Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Geen gees van vrees

2 Tim 1 : 7
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
 

Die bose kan jou nie meer aanraak nie

1 Joh 5 : 18
Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie. 

Gewortel in Christus

Kol 2 : 6 - 7
Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.

Jy het waarde

Jy is nie langer nutteloos en waardeloos, jy het krag en 'n doel op aarde.

Sout en lig vir die om jou

Matt 5 : 13 – 14
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie

Gekies om vrug te dra

Joh 15 – 16
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

Jy het Sy Gees in jou

1 Kor 2 : 16
Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.
 

'n Tempel van God

1 Kor 3 : 16
Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?
 

Jy gaan saam met Hom woon

Ef 2 : 16
Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee

Jy is tot alles in staat

Fil 4 : 13
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
 

Jy is geseënd!

Ef 1 : 3
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Joh 1 : 16
Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Erfgename

Rom 8 : 17
En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
 

Ef 1 : 18
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het
 

Die vraag is:-
 - Glo jy dit
 - Hoe sien jy jouself as jy dit glo
 - Verander die beeld / prentjie
 - Sal jy jou uitkyk op die lewe verander? 

Is die beeld oor jouself een van 'n buigbare, dowwe spieël, of 'n vaste helde beeld? 

NIKS van hierdie bogenoemde tekste is van toepassing op iemand wat nie in Christus is nie.

Jy is totaal getransformeer of jy is nie. Soos popcorn ..... lees hier meer >> 

Sef 3:17

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die webruimte (www.heuning.co.za)