Vaderskap
is ‘n baie moeilike taak / werk, wat ‘n man kry op ‘n tyd wat hy die
minste daarvoor toegerus is. Dit is ’n Godgegewe taak, ‘n taak waar
daar na hom opgekyk word deur baie, ‘n nering waarvoor daar geen
graad is nie, geen kursusse, diplomas, en geen ere doktorsgrade op
die einde nie. In enige werksituasie word jy beter en beter soos wat
jou kennis en ondervinding toeneem, jy klim die sporte hoër en hoër,
dag vir dag, mense se agting en erkenning vir jou neem toe en jy
word beter by die dag. Met vaderskap gebeur die teendeel. Jy
presteer dikwels slegter en slegter soos wat die kinders deur
verskillende fases gaan, daar is gewoonlik nie veel erkenning nie en
die meeste pa’s voel eventueel of hulle gefaal het. Veral as die
produk wat gevorm word, nie aan sy verwagtinge voldoen nie. Jy sien,
die probleem is eintlik baie eenvoudig. Die meeste pa’s se leerskool
is die voorbeeld van ‘n ander pa (sy eie), wat dalk net so sleg
gevaar het. Dit klink nogal “gloomy” en of ons patetiese manne
onsself vreeslik jammer kry.
Maar ek moet sê, ten
spyte van alles, is dit die mees vervullende werk op aarde, en dit
staan gelyk aan die taak om ‘n man te wees vir my vrou.
Is jy ‘n pa duisend?
Weet jy, die norm waarteen ek en jy die dinge meet, is om onsself as
aardse pa’s, te meet teen ons hemelse Pappa. 1 Joh 4: 8 “Wie
nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde”.
‘n Pa duisend, is een
wat sy kinders liefhet!
Job 1 : 1 – 5
In die land Us was daar 'n man met die naam Job. Hy was vroom en
opreg en het God gedien en die kwaad vermy. Hy het sewe seuns en
drie dogters gehad en was ook die eienaar van sewe duisend stuks
kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf
honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy
die belangrikste man. Sy seuns het om die beurt partytjies gehou in
mekaar se huise. By sulke geleenthede het hulle dan hulle drie
susters genooi om saam met hulle fees te vier. Ná so 'n reeks
partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die
bring van offers te reinig, en vroeg die môre het hy vir hulle almal
'n brandoffer gebring, want, het
Job gesê: miskien het my kinders gesondig
en God in hulle gedagtes gevloek.Job het dit elke keer
gedoen.
Job was ‘n pa wat
omgee. ‘n Pa wat sy kinders so liefgehad het, dat hy so dikwels as
wat hy kon, vir sy kinders by God ingetree het. Dit klink of Job
nogal goed gevaar het. Lees ons egter die gelykenis van die verlore
seun, sien ons ’n pa wat dalk gevoel het of hy ‘n totale mislukking
was. Tot sy seun teruggekom het.
Luk 15 : 20b – 24
Toe hy nog ver aankom,
het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom
tegemoet, omhels hom en soen hom.
Toe sê die seun vir
hom: "Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd
om Pa se seun genoem te word nie." Maar sy pa roep sy werksmense: "Maak
gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n
ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die
vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie
seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom
teruggekry." Toe het hulle begin feesvier.
‘n Goeie pa. Een wat
ongelooflik seergemaak is deur sy kind, maar steeds die “ultimate”
van genade betoon het en vergewe het.
Hier is ‘n paar
aanhalings wat ek raakgelees het oor vaderskap.
“Before I got married I had six theories about raising children;
now, I have six children and no theories.”
“The heart of a father is the masterpiece of nature.”
“It is very easy to be a military strategist, a mercenary, or
a king, but much harder to be a father.”
“Finally coming to terms with Fathers Day. I blow as a Dad. I
get it. No, I'm not an evil, abusive Father, it's just that while
all my intentions and thoughts have been out of love for my kids, my
actions and behaviour never measured up.”
“Son, there are times a man has to do things he doesn't like to, in
order to protect his family.”
“I think that the best thing we can do for our children is to
allow them to do things for themselves, allow them to be strong,
allow them to experience life on their own terms, allow them to take
the subway...let them be better people, let them believe more in
themselves.”
“That anyone could father a child, but a real man chooses to
be a dad.”
“Behind every great man is a man greater, his father.”
“Forget Batman: when I really thought about what I wanted to
be when I grew up, I wanted to be my dad.”
“The greatest thing a father can do for his daughter is to love her
mother.”
“Of all the titles that I've been privileged to have, the
title of 'dad' has always been the best.”
“He didn’t tell me how to live; he lived, and let me watch him do
it."
Nou ja, waar staan ek
en jy in ons vaderskap? Hoe maak ons seker dat ons ook ‘n pa van
formaat is? Hoe lyk jou verhouding met jou kinders, wat sien hulle
as hulle jou sien?
Ek hou daarvan om die
pa en ma se rolle in die huis te vergelyk met ’n leeu en ‘n
lammetjie:
‘n Ma se rol is om die sagte een te wees wat altyd beskerm, altyd
bederf, toegee, ‘n sagte hart het, en dinge toelaat wat die pa
gewoonlik teen die mure uitdryf. Baie pa’s dink die ma probeer ‘n
wig indryf tussen hom en die kinders en dat hy dikwels uit die
prentjie uitgestoot word. Ek self het al gewonder of ek enigsins ‘n
rol in hierdie prentjie het en het al gedink ek word dikwels
gerepudieer. Maar dis die ma se rol. Punt.
Die pa, daarenteen, is
soos ‘n leeu. ‘n Leeumannetjie is ‘n wilde ding. Wanneer die
leeuwyfie die welpies in die wêreld bring, en daar is ‘n ander
mannetjie in sy gebied, byt hy die kleintjies dood. Klink wreed nè?
Wel, hy doen dit net om een rede, en dit is om sy bloedlyn te
beskerm, om seker te maak dat sy gene voortplant. Wanneer die
kleintjies jong, volwasse leeus is, verdryf hy hulle uit die trop
uit om ‘n lewe vir hulleself te gaan maak. Nou ja, ons as mans byt
verseker nie die kleintjies dood nie en jaag hulle nie weg nie (al
voel mens so as hulle tieners is), maar daar is ‘n baie sterk
vergelyking. ‘n Pa se ingebore drang, is dat sy kinders in die
toekoms moet oorleef en selfversorgend sal wees.
Daarom is die pa maar
gewoonlik die ongewilde een, die ou hoof-vark en doen hy dinge wat
die ma soms nie kan hanteer nie. Punt is, ons is so gemaak.
Kan jy sien hoekom die
Here se bedoeling is dat die kinders in ‘n stabiele gesin grootword
waar ma en pa se rolle ewe belangrik is?
Ongelukkig word ver
meer as die helfte van kinders vandag in enkel-ouer huise groot, en
daarom is dit ‘n geweldige uitdaging vir die ma (wat gewoonlik die
toesig het). En nog meer, pa doen alles in sy vermoë om die kinders
te destabiliseer hier van die kantlyn af, want die egskeiding is mos
net ma se skuld! Geluk meneer (en dikwels mevrou), julle verwoes
julle kinders, dryf hulle in die afgrond in en sê dan mooi dat julle
lief is vir hulle.
Daar is ook her-saamgestelde
gesinne waar dit voel of niks werk nie, want “yours, mine and ours”
bring onbeskryflike uitdagings te weeg.
Dalk gaan daar nou 101
dinge deur jou kop. Dalk is jy geskei en jou kinders bly nie meer
by jou nie. Dalk is jou kinders al self pa’s. Dalk voel jy dat jy
gefaal het as pa. My vriend, dit is nie te laat om die drade op te
tel nie. ‘n Verhouding word deur woorde gebreek, en deur woorde
reggemaak.
Iemand skryf vir my ‘n
brief en sê dat hy sy seun verloor het in ‘n ongeluk, en daar was
slegte verhoudinge waaroor hy bitter spyt is. Hy noem ook dat hy die
Here dikwels vra vir vergifnis. “Dikwels” is nie nodig nie, eenmaal
is genoeg en daarna is die truuk om te glo dat die Here Sy beloftes
hou rondom dit. Wat nog voorlê is selfvergifnis. Begin daarmee, werk
daaraan en moenie jouself kastei nie, want 90% van die dinge waaroor
jy sleg voel, is dinge wat jy in elk geval moes doen, want jy is
nou maar eenmaal die ongewilde leeu. Dis jou werk. Onthou die mooi
herinneringe en sit die slegtes agter jou.
Hier is ‘n paar punte
waaraan ons as manne kan dink :
1.
Voorbeeld:
Daar is geen beter
manier waarop ons goeie pa’s kan wees as om vir jou kind ‘n goeie
voorbeeld te wees nie. Dink net bietjie, hoeveel van jou pa se
karaktertrekke en maniertjies is in jou? As daar negatiewe dinge
is, wil jy nie dalk die een wees om hierdie bose ketting te breek
nie? As jy slegte herinneringe het, verander die geskiedenis. Ons
sê maklik: “moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê”. Dit
werk nie so nie. Alles wat jy doen, sal jou kind doen. Alles wat
jy is, sal hy wees. Kan jy regtig sê: “moenie rook of drink”, as jy
dit self doen nie? As ek en jy ons vrouens hardhandig hanteer, raai
wat gaan met jou skoondogter gebeur?
Is jy dalk as kind
gemolesteer? Breek daardie vloek vandag nog!
Het jou kind jou al
sien bid? Dalk daar in jou binnekamer, of jou stiltetyd plekkie.
Jou voorbeeld vryf af.
2.
Leer
hom:
Spr 29 : 17
“Gee jou seun ‘n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom, hy
sal jou baie vreugde verskaf”.
Deut 6 : 6 – 7
“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes
bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat
as jy in jou huis is en as jy op pad is en as jy gaan slaap en as jy
opstaan”
Leer jou kinders die
weë van die Here. Ek wil jou vra, as jy jou kinders gedoop het toe
hulle klein was (of ingeseën het), dink jy ooit nog aan daardie
belofte?
3.
Tugtig hom
Spr 13 : 24
“Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie. As hy hom liefhet,
sal hy hom straf wanneer dit nodig is”
As jy jou kinders tug,
wys dit jy is betrokke. Jy moet hulle natuurlik op die regte manier
tug, nie doodslaan, vloek of uitskel nie. Daar moet reëls wees. Jou
kind moet weet wat van hom verwag word.
4.
Bemoedig hom
Kol 3 : 21
“Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek sodat hulle
moedeloos word nie”
Aanmoediging en
bemoediging beteken nie om ondraaglike eise (akademies, sport, ens.)
aan jou kind te stel nie.
5.
Wees lief vir jou kind se ma – respekteer haar
Iemand het gesê: “Die
beste wat jy vir jou kind kan doen, is om vir sy ma lief te wees.”
Miskien is jy geskei –
respekteer dan ten minste jou kind se ma.
Kom ons vat saam:
·
Het jy
al vir jou kind gesê jy is lief vir hom? Begin daarmee, sê dit elke
dag. Stuur sommer nou ‘n SMS, al is hy dalk al uit die huis uit.
·
As daar
dalk ‘n breuk met jou kind is, wil jy dit nie vandag regmaak nie?
Moenie langs sy graf staan en dan is dit te laat nie.
·
Moenie
vir jou kind te veel geld gee nie. Dikwels doen ‘n pa dit as ‘n
afkoopboete omdat hy nie betrokke is nie – dit is fataal.
·
Sê soms
NEE! Leer hierdie “magic” woord gebruik. Jy mág sê: “Ek kan, maar ek
wil nie”
·
Seën jou
kinders. Lees Gen 49 : 22 hoe Jakob vir Josef seën. Spreek ‘n seën
uit oor jou kinders of skryf dit vir hulle in ’n brief of ’n
kaartjie neer.
·
Bid vir
jou kind – ook vóór hom. Bid die krag en redding van God oor hom af.
·
Wees
lief vir sy ma. Sorg dat daar ’n sigbare eenheid tussen jou en jou
vrou is.
·
Wees die
hoof van jou huis.
·
Spandeer
tyd saam.
·
Hou ’n
balans tussen werk en huis. Hoeveel besittings/geld sal vir jou
genoeg wees? (Lees Spr 30 : 8 – 9)
·
Berei
hulle voor vir die grootmenslewe / beroepslewe / besigheidswêreld.
·
Vermy te
veel tyd weg van die huis af.
·
Breek
die ratrace
·
Fisiese
kontak met jou kind.
·
Praat
opbouend met jou kinders. Spreek lewe.
·
Koop vir
jou dogter blomme.