ONE UP

Ek hoor onlangs hoe twee jong dames gesels oor hulle werksomstandighede en hulle praat van die "one up"-beginsel. Was vir my nogal vreemd maar ek het gou besef dat dit 'n eeu oue beginsel is wat geld in die werksplek, sowel as die sake wreld. Dis eenvoudig, wees almal anders een stap voor en jy sal werk h. Daarmee is daar verseker niks fout nie, maar ek het gou besef dat dit verder as dit gaan. Om kundig en opgelei te wees is nie meer al wat tel nie, daar word nou veel meer van jou verwag as in die verlede. Jou hele persoonlikheid moet inpas in meer as wat die basiese verwagting van jou posbeskrywing is. Of jy 'n bemarker is of nie, jy moet die skills h en gebruik anders word jy vervang met iemand wat "one up" is op jou. En ja, jy moet gereeld gratis oortyd werk. 

Kyk, werk moet jy werk en 'n lewe moet jy maak, maar die druk word ondraaglik in die werksplek en ons moet al hoe beter presteer, of ons sit op straat. Dit gebeur ook in die arbeidsmark en jy moet bo bly.  

Dieselfde gebeur egter in die sake wreld. Maatskappye plaas geldig druk op verskaffers om meer en vinniger te lewer teen al hoe goedkoper pryse, en dit plaas veral die kleiner besighede in baie moeilike omstandighede, en hulle sukkel om steeds kompeterend te bly.  

Mens wonder maar net waar gaan dit heen en wat word van mense se persoonlike lewens. Dit laat my onwillekeurig dink aan die Farao wat woedend geword het omdat die Israeliete in die woestyn wou gaan bid, toe verhoog hy hulle werkslas om die lewe vir hulle ondraaglik te maak. 

Eksodus 5:1-8

Daarna het Moses en Aron na die farao toe gegaan en ges: So s die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees in die woestyn te vier. Maar die farao het geantwoord: En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie! Hulle s toe: Die God van die Hebrers het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise die woestyn in trek om 'n offer vir ons God, die Here, te bring, anders tref Hy ons dalk met die pes of die swaard.

Maar die koning van Egipte het vir hulle ges: Moses en Aron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Gaan terug na julle werk toe! Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle hulle ook nog laat ophou werk! Dieselfde dag nog het die farao die slawedrywers van die volk en hulle opsigters beveel: Julle mag nie meer soos vroer vir die volk strooi gee om bakstene mee te maak nie. Laat hulle self gaan strooi bymekaarmaak,  en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: Ons wil vir ons God gaan offer. Die werk moet vir die manne so swaar wees en hulle so besig hou dat hulle nie hulle ore uitleen vir allerhande leuens nie.  

"One up" or step down. So maklik soos dit.

Ek glo baie mense neem vroeg in die nuwe jaar 'n besluit om af te skaal, rustiger te wees, belangrike dinge te laat tel, maar dit gebeur nie sommer nie. Iemand het eendag die volgende woorde ges: "A slower day comes... never" 

Dis algemeen bekend dat stress di siekte van die dag is en die hoofoorsaak is van hartsiektes, wat vele vroe sterftes teweegbring. Die pad teen die korporatiewe leer op is steil en swaar en mense vertrap mekaar om bo die ander een uit te klim. Ek glo ons almal neem hierdie goeie nuwejaarswens om alles net bietjie stadiger te vat, maar na enkele weke lyk jy soos n resieshoender soos wat jy hol. 

"One up". Dis nou maar so.

Nou ja, op dieselfde dag dat ek hierdie twee jong dames hoor praat het, het 'n dominee in dieselfde trant gepraat oor gelukkig wees en die dinge wat geluk steel. Toe kom hy toevallig op dieselfde vraag uit: Wat is jy bereid om prys te gee ter wille van jou werk?

Hy lees toe die volgende uit Gen. 49:14 - 15, waar Jakob sy seuns sen:

Issaskar is 'n sterk pakdier, hy gaan l tussen sy twee saalsakke. Hy sien 'n goeie woonplek, 'n mooi landstreek, en daarvoor onderwerp hy hom aan dwangarbeid, doen hy slawewerk." 

Ek het hierdie gedeelte al so baie gelees, maar ek het hierdie teks nog nooit in hierdie spesifieke konteks gesien nie. Dit lyk of Issaskar deur sy begeerte na hierdie goeie woonplek kyk en besluit: ek wil dit h, dit maak nie saak wat dit my kos nie en al werk ek my vrek. 

Ironies hoe ons as mense te werk gaan. Ons spandeer hope geld op n mooi motor (want dit definieer ons mos) en dan ry ons twee ure per dag met hom en heel moontlik staan hy dan die hele dag in die son. Nie eens van die huis te praat nie, die kasarm word met bloedgeld gekoop, maar ons moet hom h want ons adres definieer ons mos, en dan spandeer ons ure tyd by die werk en nog ure oortyd, want ons moet hom nou betaal kry ... en sien sy binnekant maar min.

...hy sien 'n goeie woonplek, 'n mooi landstreek, en daarvoor onderwerp hy hom aan dwangarbeid, doen hy slawewerk... 

En hierdie is nou vir jou n lekker sensitiewe een: Ma kan nie self haar kinders grootmaak nie, want sonder haar salaris kan die kasarm nie betaal word nie.

...sy sien 'n goeie woonplek, 'n mooi landstreek, en daarvoor onderwerp sy haar aan dwangarbeid, doen sy slawewerk... 

Natuurlik MOET baie moeders werk, maar nie almal nie. Hang maar seker af van die begeertes... 

Terug na "One up". Ons moet "One up" wees by die werk, maar nou moet ons ook "One up" wees in die buurt waar ons woon. Kom ek vra jou n vraag: Sal jy eerder die kleinste huis in die rykmansbuurt, of die grootse huis in die arm buurt h? Net jy sal weet, of hoe? Hoe groter die huis en hoe ryker die buurt, hoe moeiliker raak die "One up". 

O koek en nou kom die "One up" nog by die familie, die sportklub, die kerk, die vriendekring en sommer net daar by die Spar waar jy 'n brood koop. Iemand s eendag sy verpes dit as mense met n sweetpak kafee toe gaan. Shame, dis seker "one down". "One up" is goed vir n goeie "image". (kyk nou my taalgebruik, dis lekker "One up") 

Vra vroulief nou die dag vir my: is dit regtig nodig om n sitkamerstel te koop wat R60 000 kos, terwyl daar billike meubels vir n fraksie van die prys beskikbaar is. Goeie vraag, want ek kan nie R60 000 bekostig daarvoor nie, maar wat vra my bediende as sy ons R10 000 se stel sien? Terwyl hulle op n Coke kassie sit in die shack. Sien, daar draai ek lekker vas. 

Ek kom tot die slotsom dat ons almal maar "One up" is, hang af met wie ons vergelyk. Die vraag is net wat my sal tevrede stel. Hoeveel is ek bereid om prys te gee in hierdie jaar as ek stadiger wil hol? Sal ek minder crave" na besittings en weelde, soos n swanger vrou na peanut-botter op koolslaai? Sal ek minder oortyd werk en meer tyd aan die gesin spandeer? Sal ek die begeerte na daardie onnodige nuwe motor op ys sit? Maar steeds in die goedkoper woonbuurt aanbly? Sal die kinders maar steeds na n gewone skool toe gaan? Of "One up" ons die kinders al van kleins af? 

Nee wat, ons ou gesinnetjie wil dit stadiger vat. En jip, die huis kort dringende verf!

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)