|Terug na Heuning Hoofblad|

Saterdag 7 Mei 2016 was 'n onvergeetlike dag van pret, lag en vriendskappe bou. Ons was bevoorreg om Phyllis Robertson se saal vol mense te pak - sommige nuut, ander ou bekende gesigte.
Die dag het afgeskop met ietsie warm en soet vir die maag, opgevolg met iets warm en soet vir die hart toe ds Ian Duberry met ons gepraat het oor Dawid en ander ouens in die Bybel se oorwinnings wat gelei het tot hulle lopfrysing. Ons tema was hoeka: "... en daarom sal ek sing."
Die res van die dag was gevul met snaaksighede soos Wilna en Marietjie wat "Suzelle DIY" opgevoer het en bietjie raad uitgedeel het en Willem en Dennis wat ons weer vermaak het met die "Mal tandarts" en allerlei weergawes (tot 'n agtersevoor een!) van Die Stem.
'n Kamp is nou maar eenmaal nie 'n kamp as ons nie Noot vir Noot en Musical Chairs gespeel het nie. Riekie was dié keer die "champion", al het dit haar rolstoel se band gekos! Aan die musiekkant is Francois sowaar alwetend!
Dink mooi voor jy sê wie jou gunsteling storie-karakter is, want nou-nou moet jy iemand in die groep opmaak soos daai karakter, en dit net met koerantpapier! So het Donald Duck, Pinocchio, Batman en Liewe Heksie te voorskyn gekom.
Erens tussen al die pret het ons 'n blaaskans gevat en die innerlike versterk met 'n heerlike vetkoek en maalvleis en natuurlik ook stroopsoet koeksisters en koekies waarmee Rina's Koeksisters ons weereens bederf het.
Natuurlik het ons ook lekker saamgesing, want ons hét rede om te sing!
Eugene Kok en sy talentvolle kitaarvriend het vir ons die dag afgesluit met die allermooiste musiek ... encore! encore!

Hier volg nou 'n klompie foto's wat die stories vertel!

 


Nagmaal en boodskap ~ Ian Duberry

Vriende - oud en nuut

Pret! Pret! Pret!

Koeksister-tyd
 

Suzelle DIY

Die mal tandarts

Noot vir noot

Musical chairs

Innerlike versterking

Pinnochio, Batman, Donald Duck en Liewe Heksie ... met net koerantpapier

... en nog speletjies

Eugene en Derick maak vir ons musiek