Wat 'n voorreg was dit nie om kamp 10 aan te bied vir gestremde persone van die Phyllis Robertson tehuis nie. Ons het weereens 'n klomp nuwe vriende gemaak met wonderlike mense wat hulle harte oopgemaak het vir ons. Ons het almal so lekker saam gekuier, saam gelag, saam gehuil, saam gesing, saam gebid en saam die Woord van die Here oordink. Dit was met groot dankbaarheid dat ons met die groet Sondagmiddag gehoor het van nuwe lewensbesluite wat gemaak is, gesindhede wat verander het, en nuwe vreugde wat beleef is. Dit was sommer met swaar harte dat ons Sondagmiddag afskeid geneem het van mekaar! Hieronder is 'n paar foto's wat ietsie wys van wat ons saam beleef het op hierdie kamp.

Klik hier om die briefie te lees wat ons van die mense by Phyllis Robertson ontvang het >>

Klik asb ook op die Phyllis Robertson logo om te kyk na 'n YouTube-Video van die tehuis:


Alles is gereed - die span in afwagting om die kampers te ontvang


17 gestremdes van Phyllis Robertson arriveer saam met 6 personeellede


... en hier is hulle!


Ellie Karen

Marthinus Lebo

Retha Jacques

Abrie Ronelle

Hannelie Rosy

Jan Elaine

Derick Wynand

Che Johan

Amelda  
 

Phyllis Roberson se toegewyde personeel wat die inwoners met soveel liefde dien


Hendrik en Rina Benitha

Martha Martha en haar kleinseun, Prince

Die span helpers en aanbieders


Willem & Wilna Marietjie en Dennis

Annelie & Herman Noddy en Elsabe

Lindie en Natalie Almal

Daar is natuurlik heerlik geet



Almal maak 'n armbandjie met sy naam op
Die Here s: "Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne" (Jes 43:1) en
"... ek het jou Naam in my handpalms gegraveer" (Jes 49:16)


 

Elkeen pak 'n wit klippie met sy naam op by die kruis
Die Here s: "aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom n wit steentjie gee met n NUWE NAAM daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry." (Op 2:17)


 

Ons maak sandkaartjies


Pret en speletjies

Luister en oordink ...

Ontspan, laat jou hare hang en geniet jouself - dit was Marietjie se boodskap tydens die ysbreker - sessie.

Elkeen is spesiaal, uniek en kosbaar in die Here se o.  'n R100-noot het steeds dieselfde koopwaarde al is dit gekreukel, vuil, vertrap of eenkant weggegooi. Net  so sien God waarde in ons al is ons uiterlik onvolmaak, al is ons vertrap of verstoot.
"Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike" (1 Sam 16:7)

Ps 8:4-6 Die Boodskap
"As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, Melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie. Dink net: U sorg vir hom.
Hy is vir U baie belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos n koning; U gee n baie ho posisie aan hom.


Die Here verwag van ons om die beste te doen met dit wat ons het. Willem se sterk punt is nie ballet nie, en die Here verwag nie van hom om 'n ballerina te wees nie. Die Here het vir ons almal verskillende gawes en talente gegee, en ons moet dit nie begrawe nie, maar die beste daarmee doen wat ons kan.


Dennis lei ons in stilte-tyd.
Hoe hoor ons die Here se stem, en wat maak ons wanneer Hy met ons gepraat het? Het ons dalk verskonings soos Moses, gehoorsaam ons dadelik soos Abraham, raadpleeg ons eers ander mense soos Jakob?

1 Kon 19:11 Maar die Here s vir hom: Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan. Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.


Elsab en Noddy verf Willem se gesig sonder dat hy enige idee het van hoe hy lyk. In die lewe "verf" mense ons ook partykeer 'n prentjie wat ons nie is nie, en dan tree ons volgens daardie prentjie op, en nie soos wat die Here ons gemaak het nie. Gewoonlik is dit deur mense se woorde dat hulle van jou maak wie jy nie is nie. Moenie wees en optree soos wat mense van jou verwag nie, wees jy net jy soos die Here jou gemaak het ... daar is net een van jou.


Konsert-tyd

Martha - In moments like these Oeee - lawwigheid
Willem & Dennis - Streets of London Prince - I will enter His gates
Jan - Ps 91 Ronelle - From a distance
Jacques sing uit die hart uit Wynand - My God is so groot
Stefan - praat hartsake Che - Pampoen

Kerse aansteek, nagmaal hou
 

S H A R P !!

Tyd vir huis toe gaan


KLIK HIER VIR FOTO's VAN AL DIE VORIGE KAMPE VIR GESTREMDES >>


|Terug na Heuning Hoofblad|