Klik om kamp foto's te sien >>

Vir 'n vyftiende keer het ons hierdie heerlikheid beleef om saam met 'n klompie gestremdes 'n kamp te hou. Soos iemand tereg gesê het: niemand van hulle is gestremd nie, ons beleef net almal verskillende uitdagings - party moet harder werk om van punt A na B te kom as ander, party moet harder konsentreer om iets te verstaan, of om jouself verstaanbaar te maak of om die vingers te laat vas vat en ander moet dalk alternatiewe sintuie inspan om oor die weg te kom. Wat ons almal egter in gemeen het, is dat die Here ons gemaak het, ons ken, ons verstaan, ons liefhet en ons naam in Sy handpalm gegraveer het. Die tema van die kamp was C.H.O.M.P. - ons het natuurlik heelwat van dié soetigheid geniet, maar die soet boodskap daarvan was: Christus Help Ons Met Probleme. Ons het saam hieroor gesels, nagedink, gesing, gebid en is vervul met die sekerheid dat die Here luister en help.
Ons het gespeel, gewerk, gelag en geëet. Ons het nuwe vriende gemaak en tot laat gekuier terwyl ons na mekaar se stories geluister het. Ons het die Here geprys met lofliedere, ons het stilgeword by Sy voete, ons het Hom aangeroep vir Sy hulp en is oorvloedig geseëen!

Hier volg 'n klompie terugvoer van persone wat die kamp bygewoon het ...


Hellooo! To all my existing camp friends, and a special hello to the new friends I was most fortunate to meet this weekend!!!

So, we all were blessed to come together once again hear on Wally's farm for another Heuning camp, and the joy and gratitude I feel at the end of such a weekend, I have to say, is not felt a lot in my life. So I would love to give a real special thanks to Willem and Wilna, Dennis and Marietjie, Noddy, Rickes and Erica. Like I said at the camp feedback, without all you caring souls, events like the Heuning camps, and the fun that goes along with it, would not be made possible. 

NOOO, I did not forget the loving people that financially sponsored the event. You are getting your very own paragraph. He he.

No, seriously. On behalf of every Heuning camper, our thanks and gratitude as well as the Lords love to all of you!!! 

Highlights of the weekend:

The socialising, the worshiping, hearing people’s heart felt stories, swimming and off course:

THE HEUNING CAMP CONCERT. I really hope the [MY TAND IS SEER, HELP MY DOKTER!] video will also make it onto the website. 

PS Lindy, we all missed you so much. Hope to see you at the next camp!!

Elmar


Elke kamp het ‘n tema!! Hierdie kamp s’n was CHOMP!!!! Christus Help Ons Met Probleme!!!  Dankie vir die voorreg om weer deel te kon wees van die naweek kamp! Die saamwees van mede gestremdes laat ons net weer besef hoe uniek God ons geskape het. Ons vul mekaar aan soos God dit bedoel het in Sy plan vir ons almal!!

Ek onthou hoe daar oor die radio vertel is van die komende eerste kamp vir gestremde persone [2009], ek het gedink: “ Sjoe!! Dit sal baie lekker wees om so kamp te kon bywoon.” Gehoop dit sou dalk weer aangebied word…. Toe gebeur dit weer in Maart 2010!!! Willem Botha [omroeper by Radio Rippel] het die volgende kamp vir gestremde persone aangekondig.  Ek het gebid: “Here, stuur asb mense met ‘n positiewe uitkyk op my pad!! Ek’s so moeg van klagtes, neergedruktheid, negatiewiteit en depressiwiteit met stress daarby!! Verander my hart, o Heer.  Maak my meer ontvanklik vir U genade en onvoorwaardelike liefde!! AMEN.

Daarna het ek vriende en familie genader om as helper vir my, saam na die 2de kamp vir gestremde persone te gaan. Almal het reeds ander reëlings gehad en verskonings!! My skoonsus, Elsa, skakel my een middag: “Hou asb aan hier’s ‘n man wat saam met jou wil gaan kamp,” sê sy. Toe antwoord my pa die foon, “Ja”, sê hy, hy sal saam my gaan kamp.  Reëlings is getref en ons het gaan kamp. Op daardie kamp het ek en my pa nuwe en ou vriende en familie ontmoet.

My gebed is verhoor! Die verhouding tussen my en my pa is herstel. Vir die eerste keer kon ek en my pa oor alles en meer gesels sonder enige ongemak. My pa het die ander ouers met gestremde kinders ontmoet en besef, hy is nie alleen met ‘n gestremde dogter nie.

Daar was ook ‘n getroude gestremde paartjie, die Welman’s, wat saam my op skool was. Ons het ‘n kuier gereël by hul huis. So gebeur dit toe op 11 April 2010 dat ek my toekomstige man, Christo du Plooy daardie dag ontmoet het!! Maar dis ‘n volle verhaal van God se genade alleen!  Indirek was daardie kamp naweek die begin van my nuwe “Geseënde lewe!”

 Saam het ek en Christo gepoog om ander vriende [ook gestremd] saam te nooi na sulke naweek kampe!

30 April 2011 het ‘n bruid en bruidegom hul liefde vir mekaar bely voor God en familie en vriende. Natuurlik was daar gaste in rolstoele, selfs die predikant was in 'n rolstoel!!

Elke kamp het ‘n ander tema. Die lofprysing is vir my die lekkerste!! Konserte tydens die kamp naweke wys vele talent.

Gewoonlik is ek op ‘n hoë ”high” vir 2 weke na die kamp!!!!!!  Vertel vir almal wat wil hoor wat ons doen tydens die kamp.

Die interaksie tussen mede gestremdes en “nie”gestremde persone het na my mening begin verander. Na 33 jaar se werk as ontvangsklerk by Arbeidsterapie en Steve Biko Akademiese hospital het ek afgetree en is tans betrokke by “Moot Gestremdes”.

Vir elke borg wat iets geskenk het om hierdie kampe moontlik te maak, sê ek uit my hart uit baie dankie! Vir elkeen wat iets doen en bydra tot die kampe, baie dankie!! Julle sal dalk nie nou weet wat dit vir ons geestelik beteken nie, maar ek verseker julle dit… ek het daar vrede, vreugde en genade ervarings gehad. 

Jesus se liefde bid ek jul toe.

Hester du Plooy


Baie dankie vir 'n awesome kamp. Ons as gesin het geleer dat God altyd teenwoordig is om ons te help met wat ook al gebeur. Hierdie kamp het ons as gesin net weer kom herlaai en ons geloof weer kom versterk. Dit het ons ook geleer om dankbaar te wees vir dit wat jy het en om te onthou dit wat jy het kom net uit God se genade en liefde na jou toe, ons moet vashou aan geloop hoop en liefde. 

Baie dankie dat ons as gesin weer deel kon wees van 'n awesome groep. 

Edgerton gesin


Hi Wilna, 

Namens die Smalbergers (groot en klein) en die 3 inwoners van Huis Phyllis Robertson, wil ek net vir julle almal baie dankie sê vir die C.H.O.M.P naweek. 

Die naweek het my net weereens laat besef hoe ons as mens afhanklik is van mekaar, maar meer nog van ons Hemelse Vader.  Ons vergeet partykeer waar ons hulp vandaan kom en soek dit op ander plekke – probeer so maklik op ons eie reg te kom as dinge skeefloop. Ons moet net Ons Hemelse Vader vra, geduldig wag en op Hom vertrou. 

Wilna, dra as asseblief ons dank oor aan almal wat betrokke was: Willem, jouself, Dennis, Martjie, Noddy, al die helpers en vir Wally –hulle. Die kamp was heerlik op alle gebiede. Sê ook asseblief baie dankie vir Ian – sy dienste is altyd baie treffende en op so ‘n manier dat dit vir lank onthou word.  

‘n Groot dankie dat julle ook aktief betrokke is by die Tehuis.  Julle besoeke is altyd ‘n hoogte punt op die kalender.  

Mag julle (Heuning) van krag tot krag gaan en ek bid die Hemelse Vader se seën op julle toe.

Stephan


Die saamtrek van die Gestremdes... Sjoe... Die Kampe vir Gestremdes is vir my soos ‘n ‘’geestelike reis’’ waarsonder ek nie my lewe voort kan bou nie... Elke keer het ek iets nuut gekry... uit die lesings – uit die spelletjies... Daar is net iets om van jouself te leer.

So het almal byeengekom om ‘n nuwe lewensuitkyk te kry... Ons gestremdes kyk mekaar in oë en aanvaar mekaar se gestremdhede volkome... Daar word gelag, gespeel – ja vanaf die ‘’Ysbreker tot die ‘’skattejag’’ word met nougesette ywer gespeel.

Dié wat daar was, het dalk in die geheim, met ‘n bekommernis in sy of haar gemoed gekom.  - Ons leef maar in ‘n gejaagde wêreld waar alles jou ‘’druk’’ en jou negatief stem.  ‘’Kry vir jou ‘n CHOMP?’’ So het die kamp begin, net een groot hap aan die chomp, het die betekenis verander - op geestelike vlak het dit meer as lekkergoed geword. Dit  het ‘n inspraak op elkeen se lewens gehad dat Christus Ons Met Probleme Help.

Alhoewel daar baie ‘’nuwe’’ gesigte onder ons gestremdes was... het die kamp vir elkeen in besondere ‘n opgebouende boodskap gehad, as jy in God se Liefde staan, word al beloftes wat in die Bybel staan vir jou ‘n werklikheid.

So het die kampers een groot familie word... en ek glo almal het met  ietswat ‘n onsekerde gemoed gekom en met hartseer vertrek - met geestelike petrol vol in die tenk.

Van my kant af.. Wil ek net baie dankie sê... aan die organiseerders tot by die eienaar van die ‘’Venue’’ weereens vir ‘n puik aanbieding van so ‘n kamp.

God seën u.

Christo du Plooy


Weereens baie dankie aan Wilna en Willem, Dennis en Marietjie vir 'n onvergeetlike ervaring. Die tema vir die kamp was "Christus help ons met probleme" (Chomp) en elke boodskap het hierdie feit ondersteun. Ons kon nuwe krag put uit die samesyn, samesang en inspirerende praatjies. Van die ysbreker af tot die laaste totsiens was 'n belewenis en het getuig van uitstekende organisasie en voorbereiding.

Die mense by die kamp was sprekende voorbeelde van die kampgedagte. Hoe kom jy as gestremde of helper van 'n gestremde deur elke dag as Christus jou nie help nie? Fisiese gestremdhede en verstandelike gestremdhede het in niemand se pad gestaan nie. Die mense is raakgesien en elkeen kon net hom- of haarself wees. Elkeen wat daar was, het deernis gehad vir die rondom hulle en elkeen kon leer uit die manier waarop verskillende gebreke hanteer word. Die lewensblyheid van die mense was aansteeklik.

Die konsert was 'n openbaring en elke item is met oorgawe gelewer en geniet. Dit was 'n voorreg om die selfvertroue van elkeen te ervaar. (Selfvertroue juis omdat elkeen weet hy/sy is veilig in hulle Vader se hande.) Die skattejag het gesorg vir baie pret en lekker samewerking van die lede in die onderskeie spanne.

Die kos was heerlik, veral omdat ons alles net kon geniet en daarom baie dankie aan almal wat hard gewerk het om alles te voorsien en vir die helpers (onder leiding van Noddy) wat daar was. Wat is lekkerder by 'n kamp as vroegoggendkoffie of laataand se laaste koppie tee en "cupcake"?

Ons gaan nog lank alles oordink en weer onthou (Willem, Dennis, Wilna en Marietjie aan die voorsing) en al die boodskappies in ons Chompboksies (wat elkeen kon versier) weer en weer lees. Nuwe vriende is gemaak en hierdie vriendskap sal gekoester word.

Marie Vorster (versorger van Jacques Vorster)


Liewe Willem en Wilna

Ek wil weereens vir julle baie dankie sê vir 'n wonderlike naweek. Dit was baie spesiaal.
Almal was vriendelik en hulpvaardig. Die lesse wat ek weereens geleer het, sal altyd by my bly en ek vertel dit vir almal.
Die geestelike sy van die kamp was vir my wonderlik, ek sal dit ook nooit vergeet nie.
Ek wat nie gestrem is nie, kan net sê ek was weereens so beindruk met elkeen. Die jongmense was so spontaan en ek glo dat die Here julle so gebruik om 'n wonderlike diens aan gestremdes te lewer. Ek sal julle altyd in my gebede onthou.
Bedank ook die borge wat so 'n kamp moontlik gemaak het. Dit is weereens 'n bewys dat die Here nog altyd kragdadig in elkeen besig is.
Ons moet ook nooit vergeet om ook vir Hom te sê ons het Hom innig lief nie. Want vir ons is dit belangrik om dit te hoor en ek glo dat dit vir Hom ook belangrik is. 'n Mens is genieg om te vra en dankie te sê, maar ons vergeet so maklik om te sê:  Ek het U baie lief.
Baie groete en liefde vir julle, ook vir die predikant wat vir ons 'n diens gehou en nagmaal bedien het.

Esmé van Zyl


Ons wil net baie dankie sê vir die fantastiese kamp waarvan 3 van ons inwoners kon deel wees. Ek het skaars Maandagoggend my handsak neergesit toe is die eerste een by my om te sê hoe verskriklik baie hulle dit geniet het en later het die ander twee dit ook kom bevestig. Baie dankie vir julle harde werk om die kamp te kon realiseer, ek weet daar is baie beplanning in en om die borge bymekaar te kry is ook glad nie maklik nie. Dankie dat julle ook altyd vir ons inwoners die kans gee om deel te kan wees.
Ons bid julle seëen en voorspeod toe met al die wonderlike dinge wat julle vir ander doen, ek dink ons Vader sit lekker en smile met dit wat julle alles doen.

Rina
Huis Phyllis Robertson

Die CHOMP kamp het my herinner aan die feit dat die Here ons help met probleme.  Die lewe gaan sy gang, dit gaan partykeer goed met ons en ander kere nie so goed nie.  Dis nie altyd maklik vir ons as Christene om ons oë op die Here gerig te hou nie en dis hoekom ons in verhouding met Hom moet leef.  Die Here wil hê ons moet Hom toelaat om in beheer van ons elkeen se lewens te wees, maar Hy is geduldig met ons en leer ons op verskillende maniere om die leisels oor te gee.  Die Bybel is ons belangrikste handleiding om ons verhouding met die Here te handhaaf. 

In my eie lewe het die Here my op ‘n praktiese wyse geleer wat Hy van my verwag as ek Hom wil volg.  Die Bybel was altyd ‘n bevestiging daarvan.  My lewe het skielik hand-om-keer verander as kind.  Ek het reeds my langtermynplanne in plek gehad en boonop is ek nog hardkoppig ook.  As ek dit kan help, sal niks in my pad staan om my doel te bereik nie. As ek nou terug kyk op my lewenspad en ek pas dit toe op die Bybel, dan sien ek hoe wonderbaarlik die Here Homself aan my geopenbaar het en konstant besig is om my te vorm en te maak om te lewe tot Sy eer..  Met die wete dat die Here in beheer is van my lewe hoef ek nie  benoud te wees dat dit te goed of te sleg met my gaan nie, want ek het die Christen se wapenrusting om aan te trek en dit is wat ons vrymaak van onsself. 

Baie dankie aan Oom Wilem en Tannie Wilna en die span om dit op so gereelde basis vir ons moontlik te maak om saam in ons geloof in Jesus Christus te groei.  Die preke is altyd baie mooi toegepas op die Tema van die kamp en elke preek help ons op ‘n praktiese manier  Christus in al ons weë raak te sien.  Baie dankie vir elke stukkie inset wat gemaak word om gestremdes met die Woord te bedien.  Mag die Here elke lid van die span en elke helper ryklik seën.

Marita Erlank


Ja, hier by ons onthou elkeen ook weer kort-kort 'n insident waaroor ons gesels en soms ook lekker lag. Pieter en Chris het alreeds van die vriende wat hulle gemaak het opgespoor op hulla facebook. Vir myself moet ek bely dat die kamp my bietjie tot stilstand gedwing het om net weer alles en almal rondom my raak te kon sien. My wêreld is so ingeweef in net my eie huismense en elkeen se afhanklikheid dat ek regtig lanklaas ag geslaan het op behoeftes van ander. Ek het geestelike lesse geleer en moet sê dat een en elke van die gestremde persone wat daar was 'n geweldige indruk op my gemaak het. Ek sit soms net stil en dink aan elkeen en dink aan die Jesusliefde en krag wat hulle uitstraal. Dit laat my, as gesonde, sterk mens wat dink ek het alles onder beheer, nietig voel. Ek het weer soos baie vorige kere besef dat God elke tree van my lewe my rig en dat ek nooit sou kom tot hier as dit nie vir Sy liefde en genade was nie. Ek wil weereens dankie sê vir die uitnodiging. Dankie ook vir elkeen se bydrae tot 'n wonderlike belewenis. Dit was baie opwindend, prettig en geestelik verrykend. Liefde vir julle almal.

Estelle, Pieter en Chris




|Terug na Heuning Hoofblad|