DIE EINDE KOM!


Die einde kom! Is jy reg daarvoor? Die einde waarvan ek hier praat, is die einde van ons lewens. Is jy reg daarvoor of ignoreer jy dit?

Prediker 12 : 1 - 7 Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal s: Ek het daar niks aan nie. 2 Dit is die tyd wanneer die son donker sal word en ook die daglig, die maan en die sterre, die tyd wanneer dit weer bewolk word n die ren. 3 Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe, die sterk manne waggel en die malers ophou maal omdat hulle min geword het, die tyd wanneer dit donker word vir di wat deur die vensters kyk, 4 wanneer die deure na die straat toe toegemaak word, die geluid van die meul dof word, die tyd wanneer 'n mens opstaan as die vols begin sing al hoor hy geen lied meer nie. 5 Dit is die tyd wanneer hy bang is vir 'n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep en die kapperkruid nutteloos word, die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan en di wat treur, op die straat rondgaan, 6 die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word en die goue kruik breek, die kruik by die fontein stukkend breek en die wiel by die put stukkend val, 7 die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

Die mens se lewe het 'n begin en 'n einde. Ek en jy is sterflike wesens - of ons dit wil weet of nie. Hierdie gedeelte in Prediker beskryf die lewensproses so ongelooflik mooi. Vers 1 s daar kom 'n tyd wat ons gaan s: Die lewe is nie meer lekker nie. Die vraag is net: Het jy hierdie feit al aanvaar, of stoot jy dit net uit jou gedagtes uit? Of jy nou 80 of 60 of 40 jaar oud is, weet dit kom. En maak voorsiening daarvoor.

Ek lees 'n verhaal uit Max Lucado van twee persone wat kastele bou. Een 'n klein seuntjie wat 'n sandkasteel op die strand bou. Die ander 'n "executive" wat 'n "empire" bou. Die seuntjie weet dat sy kasteel met hoogwater weggespoel gaan word - en hy is heel gelukkig daarmee. Die volwassene begin te laat agterkom dat hy nie voorbereid is nie, en raak angsbevange en paniekerig. Wat is die verskil? Die seuntjie verwag dit en maak vrede daarmee. Die volwassene storm die einde tegemoet uit paniek, verwring sy prioriteite en verloor later alles.

"Dink aan God in jou jong dae, voor die swaar dae kom".

Tot nou het ek vir jou 'n redelike donker prentjie geskep, maar ons gaan dit regstel. Eers 'n bietjie wetenskap. In vers 7 staan: "Dan word mens weer stof soos vroer, en sy lewensasem gaan terug na God toe waar dit vandaan gekom het".

Ek en jy is van atome gemaak, wat van die begin van die skepping af bestaan en kan nooit weer vernietig word nie, maar wel van samestellings verander. Wat Prediker s, "stof tot stof", is wetenskaplik korrek. As ons sterf, verval die liggaam terug na sy basiese elemente (stof) en dit sal weer iewers gebruik word. Klink of ons "ge-recycle" word. Nie re-inkarnasie nie. My en jou gees (of siel) word egter deur God geskep vir ons lewe op aarde, en gaan dan terug na of God toe, of die verderf toe as ons sterf, en dit kan nie vernietig word nie. Dan kom Prediker en hy skets ons lewe se einde op 'n treffende manier. Ons sal moeiliker sien, hoor, loop, beweeg, en dis alles deel van God se plan.

Nog 'n wetenskaplike feit: die dood is 'n voorwaarde vir lewe!!

Vul hierdie gedagte jou met vrees (vir die dood), of glo jy dat God s: "Jou siel kom terug na My toe?" Maak jou saak met God reg - dan is dit net 'n oorgang na 'n beter plek toe.

Wat maak ek en jy met ons lewens? Hoe lyk jou prioriteite? Wat se waarde voeg ek en jy toe tot die samelewing? Dalk net 'n woeste gejaag in die rotresies, sonder om te sien hoe die golwe hor en hor begin aanstorm na ons ou wankelrige kasteeltjie toe?

Ek lees nog 'n storie van 'n man wat 'n berekening maak en s: Ons word ongeveer 75 jaar oud. Maal dit met 52 weke en ons kry 3900 Saterdae (of weke). Toe die man 55 jaar oud word, gaan koop hy vir hom 1000 albasters en gooi dit in 'n bottel. Dis ongeveer hoeveel Saterdae hy oor het. Elke week het hy een albaster uitgehaal en weggegooi. Hoe ler die bottel geword het, hoe meer het hy besef hoe kosbaar tyd is. Tyd saam met sy familie, tyd vir homself en tyd om lekker dinge te doen. Tyd vir God. Jy sien, ons wag tot ons lewens bottel leeg is voor ons die lyke van gebroke verhoudings en verlore geleenthede raaksien. Jy sien, ek en jy probeer alles in ons vermo doen om die korporatiewe druk gelukkig te hou, om die sakke van ander vol geld te kry, voor ons wakker skrik en sien watter skade ons doen.

Hoeveel albasters is in jou bottel oor? Miskien min, maar dis nie te laat nie. Kry jou prioriteite reg. Maak tyd om die lewe te geniet. Pak iets lekker aan, want jy verdien dit. Jy sien, die laaste dae waarvan die Prediker praat, kan f vir jou 'n verskrikking wees, f 'n tyd waar jy nuwe geleenthede benut. Kry nou al 'n stokperdjie, 'n sport, of enigiets wat jou jonk hou. Maar bo alles, maak tyd vir jou geliefdes, vir jouself, en jou Koning.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)