FOBIES en VRESE – 29 Junie 2011

 

Baie van ons is bang vir goeters, miskien vir dit wat onbekend en vreemd is, of dinge wat jou hart vinniger laat klop en koue sweet op jou voorkop laat uitslaan.... maar het jy al van hierdie snaakse fobies gehoor:


 

Abluto-phobia

Die vrees om jouself te was

Arachibutyro-phobia

Die vrees  dat grondboontjiebotter aan jou verhemelte vasklou

Noverca-phobia

Die vrees vir ‘n stiefma

Paraskavedekatria-phobia

Die vrees vir Vrydag die 13de

Penthera-phobia

Die vrees vir jou Skoonma

Terato-phobia

Die vrees vir monsters – en om aan een geboorte te skenk

Socera-phobia

Die vrees vir jou skoonouers

Phobo-phobia

Die vrees vir vrees

Telephono-phobia

Die vrees vir telefone

Papa-phobia

Die vrees vir die Pous

Venusta-phobia

Die vrees vir mooi vroue

 

Daar is nog vele meer vrese wat name het. Hier volg ‘n klompie met ‘n teenvoeter daarvoor uit die Woord van God. Maak die vrees toe met God se beloftes. Daar is natuurlik seker dinge waarvoor ons bang móét wees soos bv. sonde, om kwaad te word, materialisme, wyn en drank ens. Hierdie fobies en wat die Bybel daaroor sê is ook in die lys hieronder.                

                                   

Die Fobie

...vrees vir

Wat sê die Bybel?

Lygo-phobia

Donkerte

Jes 60:20  Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, jou dae van smart is verby. 

Aero acro-phobia

Hoë plekke

Ps 18:34 Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. 

Algo-phobia

Pyn

Jes 53:5 Deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

Allodoxa-phobia

Opinies van ander

Spr 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is

Anable-phobia

Om op te kyk na hoë plekke

Ps 18 : 30  Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.

Angiono-phobia

Hartaanval 

Ps 147:3 Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde

Angro-phobia           

Om kwaad te word

Jak 1:20 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

Anupta-phobia

Om enkel te wil bly

1 Kor 7:1  Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. 

Aphe-phobia

Vrees vir aanraking

Luk 6:19  Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het

Atelo-phobia

Onvolmaaktheid 

Matt 5:48  Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is

Athaza gora-phobia

Om vergeet te word

Jes 49:15-16  Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my. 

Auto-phobia

Eensaamheid 

Heb 13:5 God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.

Caco-phobia

Om lelik te wees – voorkoms

Spr 31:30 Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

1 Petr 3:4 Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees.

Ceno-phobia

Nuwe dinge

2 Kor 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Choro-phobia           

Om te dans

Ps 30:12 Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans.

Chrono-phobia

Tyd

Ef 5:16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. 

Claustro-phobia

Beknopte spasies 

Ps 107:16 want Hy het koperdeure oopgebreek, ystergrendels stukkend geslaan.

Clepto-phobia

Diefstal

 

Spr 6:30 'n Dief word verag as hy steel, ook al steel hy om sy honger te stil.

Ef 4:28 As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. 

Cyclo-phobia

Blindheid

Luk 18:41 –42 Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien. Jesus sê vir hom: Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.

Cyprido-phobia

Geslagsiektes

1 Kor 6:18 Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie.

Dystychi-phobia

Ongelukke

Ps 91:11 – 12 Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Ecclesio-phobia

Kerk

Heb 10 : 25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. 

Epistemo-phobia

Kennis

Ps 119:66 Gee my goeie insig en kennis, want ek stel my vertroue in u gebooie.

Eu-phobia

Om goeie nuus te hoor

Rom 10:15 Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.

Gelophobia

Lag

Ps 30:6 Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.

Gerasco-phobia

Ouderdom

Spr 10:27 Wie die Here dien, lewe lank; wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.

Jes 46:4 Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra.

Hamarto-phobia

Sonde

 

Jes 59:2 Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

Hedono-phobia

Plesier

 

Pred 2:24 – 25 Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?

Helio-phobia

Sonlig

Ps 121: 6 Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie

Hema-phobia

Bloed 

Rom 3:25 Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.

Hydro-phobia

Water

Jes 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. 

Hyle-phobia

Materialisme

Matt 6:24 Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Hypno-phobia

Slaap

Spr 3:24 ..jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.

Kakorrhaphio-phobia

Om te faal of ‘n neerlaag te ly 

Sag 4:6 Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.

Klepto-phobia           

Diewe en skelms

 

Ps 37:1-3 Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

Kopo-phobia

Moegheid 

Matt 11:28 Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Lalio-phobia

Praat

 

Jak 3:5,6 So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.

Litica-phobia

Regsake

Ps 135:14 Die Here behartig die regsaak van sy volk: Hy ontferm Hom oor sy dienaars.

Logo-phobia

Woorde

Spr 16:24 Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.

Macro-phobia

Om lank te wag

Jes 41:31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag

Necro-phobia

Dood 

1 Kor 15: 55 Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?

Nosto-phobia

Om tuis te kom

Luk 15: 20 (verlore seun) En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan.

Oeno-phobia

Wyn en drank

 

Wees bang vir wyn. Drink liewer water wat lewe gee.

Ps 36:9 In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

Openb21:6 Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.

Ophidio-phobia

Slange

Ps 91:13 Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy dood trap.

Pelado-phobia

Om bles te word

Matt 10:30 Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel

Penia-phobia

Armoede 

Ps 146:7  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly.

Philo-phobia

Liefde

Jes 54:8 Ek ontferm My oor jou met 'n liefde wat nooit vergaan nie, sê die Here, jou Verlosser.

Phronemo-phobia

Denke - Dink

Rom 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. 

Pluto-phobia 

Rykdom

Matt 6 : 20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar

Poine-phobia

Straf

 

Jes 53:5 ..die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

Poly-phobia

Baie dinge

Ps 131:1 Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is.

Potamo-phobia

Riviere en groot waters

Jes 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie.

Psellismo-phobia

Hakkel en stotter

Moses Eks 4:10 Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.

Vers 15 :- Ek sal by jou wees as jy praat

Pyro-phobia

Vuur

Jes 43:2 As jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie

Satano-phobia

Satan

Wees bang:- 1Pet 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Moenie bang wees nie:- 1 Joh 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.

Scelero-phobia

Slegte mense

2 Tes 3:2 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie.

Sidero-phobia

Sterre 

Ps 147:4 Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen 'n naam.

Stasi-phobia

Om te staan

Ps 94:18 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here.

Stauro-phobia

Kruisigings en kruise

 

Gal 6:14 Mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.

Wicca-phobia

Hekse en toordery

 

Deut 18:10 Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar

Onomato-phobia

Name

God se Name

Jes 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.


 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)