DIE GEBED VAN JABES


Een van die gedeeltes in die Bybel waaroor jy nooit klaar kan praat nie is 1 Kron 4:10

1 Kron 4 : 10 Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: Stort u seŽn oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.God het laat gebeur wat hy gevra het.

Wat vir my baie interessant is van die gebed van Jabes, is dat die meeste mense vandag dit ken en bid, maar tot enkele jare gelede was dit totaal onbekend aan die meeste mense. Maar wat 'n kragtige gebed, en hoe bemoedigend dat daar staan "God het laat gebeur wat hy gevra het". Hierdie eenvoudige gebed kom op 'n vreemde plek voor, 1 Kronieke, waar die eerste 9 hoofstukke net hordes name is van die geslagsregisters van Israel. En Jabes kom voor in die geslagsregisters van die stam van Juda.

In vers 8 staan "Jabes het voorrang geniet bo sy broers", en dan "Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesÍ "Ek het hom met smart in die wÍreld gebring". Nou, ek hoop nie jou ma noem jou agteraf Jabes nie!

Ek glo dat die bedoeling van Jabes se gebed fisies was, in die sin dat hy gevra het vir meer grond (vergroot my grondgebied), en dan bid hy vir beskerming en God se hand oor hom. Dr Bruce Wilkinson het pragtige boeke geskryf waar hierdie deel vergeestelik word en ons dit vandag bid in die konteks van die vergroting van ons Geestelike grondgebied. Dus, Here, maak vir my deure oop, meer as wat ek kan bid of dink. Ek wil by hierdie gedeelte stilstaan en sÍ, "Here, aan die hand van die gebed van Jabes, vergroot die werf waar ek geestelik 'n verskil kan maak". Ek vermoed dat, as jy al hierdie gebed gebid het, was dit heel waarskynlik ook jou bedoeling.

Jes 54 : 2 - 3 Maak groter die plek vir jou tent, maak breŽr jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie. Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in, 3 want jy sal na alle kante toe uitbrei; jou nageslag sal nasies verdryf en in die stede wat nou verwoes is, gaan woon.

Ek dink dit is wat die Here van my en jou verwag, om die gebied waarin ons geestelike gesag het, te vergroot.

Daar is soveel aanvalle, en aanslae, dat ons moet besef dat daar geweldige druk op ons Christenskap is. Paulus sÍ, "ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar die bose geeste in die lug". Die vraag kan wees, hoekom het ek 'n verantwoordelikheid om 'n groter grondgebied te proklameer? Dan is die antwoord seker, wie sín dan anders? 'n Weermag veg met sy eie soldate, hy huur mos nie 'n ander weermag se troepe nie. So het ons 'n verantwoordelikheid. "Here, vergroot my grondgebied", beteken "Here, ek wil deelneem aan hierdie geestelike stryd". Anders moet ek bid, "Here, vergroot U grondgebied". Dan word ek passief in hierdie oefening. Wat bid jy?

Hoekom moet ons dit bid? En wanneer is ons gereed daarvoor? Die hoekom is maklik: Matt 28 : 19 "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels, doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees". Dis 'n opdrag. Nou wanneer gee jy vir iemand 'n opdrag? Wanneer daardie persoon die regte vermoŽns het, en wanneer jy hom genoeg kan vertrou om die werk reg te doen. So vertrou Jesus ons as Sy kinders om hierdie opdrag te gaan uitvoer. Dis die hoekom gedeelte, maar die vraag is "Wanneer is ons gereed daarvoor?"

Hebr 5 : 12 - 14 Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie. 13 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. 14 Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

Hier lees ons van 'n toets. Leef ons nog soos Geestelike babatjies? Of het ons al begin vaste kos eet? Jy sien, ons gaan kerk toe, jaar vir jaar. Ons doen kursusse en word toegerus, maar kom nie van die bottel af nie. Soos 'n baba wat nog in die ďpramĒ lÍ, sy hande en voete pas nie meer in nie, en hy huil met so 'n growwe stem wat al lankal gebreek het. Hy drink ook nie meer uit 'n tietie bottel nie, maar sommer so uit die glas- melkbottel. Die skrywer van Hebr sÍ, "nee, jong jy behoort teen hierdie tyd al self onderrig te gee!" As jy al ooit Jabes se gebed gebid het, het jy asít ware gesÍ "Here, ek is nou uit my kinderskoene, ek dink ek kan nou ook op die water loop, ek glo ek kan diensbaar wees om 'n verskil te gaan maak. U het my nou al lank opgebou en toegerus en ek glo U kan my vertrou, en daarom wil ek nou tot U beskikking wees". Besef ons regtig dat hierdie maar net 'n modegier kan wees as ons hierdie gebed bid? Hierdie is 'n ernstige gebed - nie vir die "faint hearted" nie. As ons hierdie gebed bid, moet ons besef dat die Here kan dit dalk net beantwoord. Ons moet baie versigtig wees vir geestelike speletjies. Die Jabes-gebed kan gevaarlik wees.

Hoe antwoord die Here as ons vra vir 'n groter grondgebied? Geestelike deurbrake gebeur onverwags. Deure gaan oop en bedienings geleenthede kom op ons pad. Mense vra vir ons raad, of vir 'n opinie. Ons word dikwels gekonfronteer met geleenthede wat ons dink ons nie kan hanteer nie. Die probleem is net, ons bid dikwels hierdie gebed sonder om te dink aan die konsekwensies. Daar kom 'n oop deur, dan kyk ons dikwels met watter verskonings ons weer die deur kan toekry. Dan dink ons aan alle redes denkbaar om dit nie te doen nie. Jy sien, die Here se werk vra opofferings. Miskien moet ons so bietjie uit die gemaksone kom. Dalk moet sommige van ons ou wÍreld plesiertjies plek maak daarvoor om die Here se koninkryk uit te brei. Dalk word ons gesinne, of ons werk, ons verskoning. Onthou die spreekwoord? Moenie jou talente onder 'n maatemmer bÍre nie? Hoe weet ons wanneer daar ín geestelike deur vir ons oop is? Wanneer daar bevestiging is. Wanneer dit binne ons gawe profiel pas. Wanneer dit fisies moontlik is (nie verskonings nie). Wanneer dit tot eer van die Here is.

Laat ons nie hierdie gebed bid, as die werk van die Here nie regtig prioriteit is nie, of as ons gemaklike lewe belangriker is nie. Maar wat 'n vreugde as ons dit bid, en ons sien hoe die Here ons daarmee vertrou.

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)