 Het jy al gedink
      hoe die Here oor jou dink? As jy ‘n kind het, dink jy mos gereeld oor
      hom, of hoe? Hy is tog jou oogappel, spesiaal vir jou, ten spyte van wat
      hulle soms aanvang. Jou kinders is dikwels in jou gedagtes. Jy dink aan
      hulle toekoms, jy het drome vir hulle, ag man, jy is sommer net lief vir
      die goed! Net so het die Here elke oomblik gedagtes oor jou, drome vir
      jou, Hy dra jou wel en weë op Sy hart, en ag man, Hy is sommer net lief
      vir jou! Toe gaan Hy en skryf ‘n liefdesbrief vir jou. ‘n Dik boek met
      verskillende briewe daarin saamgebind. Sy spesiale digbundel. In hierdie
      digbundel (genoem die Bybel) skryf Hy vir jou Sy hele hart uit, nét vir
      jou. Dit het Hom vreeslik lank gevat om die digbundel saam te stel. ‘n
      Hele 1600 jaar lank, en Hy moes ongeveer 40 mense gebruik om alles vir jou
      neer te pen. Toe publiseer Hy jou bundel, en stel dit beskikbaar vir jou.
      Al wat Hy vra, is lees dit, glo dit en maak dit jou eie. Toe kom Satan en
      hy probeer dit tot niet maak. Maar, sy toon! Jou brief is jou
      brief.

      Wat maak jy met
      jou brief? Lees jy dit? Glo jy dit? Aanvaar jy dit? Jou eie
      “personalized” boek – net vir jou. 
      
      Luister na ‘n
      paar sinne uit dié Brief:
      Ek het jou
      gevorm, aanmekaargeweef in die skoot van jou moeder. Ek het jou op ‘n
      wonderbaarlike manier geskep. Geen been van jou was vir My verborge toe Ek
      jou gevorm het nie, diep in die moederskoot. Ek is jou Herder, jy sal niks
      kortkom nie. Ek laat jou rus by waters waar daar vrede is. Ek gee jou nuwe
      krag. Selfs al gaan jy deur donker dieptes, moet jy nie bang wees nie,
      want Ek is by jou. In My hande is jy veilig. Ek is die Here jou God, Ek
      vat jou hand, Ek sê vir jou, moenie bang wees nie, Ek help jou. Moenie
      bang wees nie, die uitkoms is hier. Ek sê vir jou, jou swaarkry is verby.
      Op ‘n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor, op die dag wanneer
      Ek wil red, sal Ek jou help, Ek sal jou beskerm. Ek, die Here jou God,
      help jou, Ek sal jou nie teleurstel nie. Jy hoef jou nie te ontstel nie,
      jy sal nie in verleentheid kom nie. Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir
      jou. Hoe is dit dan dat jy bang is vir ‘n sterflike mens, ‘n mens wat
      so maklik vergaan soos gras; jy vergeet dis Ek wat jou gemaak het. 
      
      Die Here se
      liefdesbrief vir jou. Sy Woord. Vars, Sy EIE woorde. So skryf Hy vir jou,
      ongeag hoe oud jy is, wie jy is of wat jou posisie is. 
      
      1 Joh 2:12-14 Ek skrywe vir julle, liewe kinders,
      omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus. Ek skrywe vir julle,
      vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek skrywe vir
      julle, jongmense, omdat julle die Bose oorwin het. Ek
      het vir julle geskrywe, kinders, omdat julle die Vader ken. Ek het vir
      julle geskrywe, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar
      was. Ek het vir julle geskrywe, jongmense, omdat julle sterk is en die
      woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het. 
      
      Luister hoe klink
      1 Joh 4:7 as ons dit bietjie verpersoonlik, en dit lees asof dit uit God
      se mond kom:
      Geliefdes, julle
      moet mekaar liefhê, want liefde kom van My, en elkeen wat liefhet, is My
      kind en ken My. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van My nie, want Ek
      is liefde. Hierin is My liefde vir julle geopenbaar: Ek het My enigste
      Seun gestuur na hierdie wêreld toe sodat julle deur Hom die lewe kan hê.
      Werklike liefde is dit: nie die liefde wat julle vir My het nie, maar die
      liefde wat Ek aan julle bewys het deur My Seun te stuur as versoening vir
      julle sondes. Geliefdes, as dit is hoe Ek My liefde aan julle bewys het,
      behoort julle mekaar ook lief te hê. 
      
      As ons sò lees
      hoe die Here omgee vir Sy skepping en Sy skepsels, moet ons seker besluit
      wat ons hiermee wil maak. Wil ons dit onvoorwaardelik glo? Of wil ons die
      verleier, die duiwel, glo? As God vir ons ‘n werklikheid word, word Sy
      Woord ook vir ons ‘n werklikheid. Miskien moet ons net besluit of ons
      ander invloede in ons lewens ‘n vatkans gaan gee. As ons die Bybel in
      hierdie konteks lees, gaan jou selfbeeld verbeter, jou eie waarde toeneem.
      Die Bybel is nie ‘n verdoemende boek wat ons wil bykom en straf en
      beskuldig nie. Toe God Sy Woord vir jou gegee het, het Hy bedoel dat alles
      daarin vir jou ten goede sal wees. Hy gebruik die Woord “liefde”
      waarskynlik meer in die Bybel as enige ander woord. Hy beskryf Sy gevoel
      vir jou so sag en met deernis, maar tog kies ons soms om dit nie te glo
      nie.  Dis bedoel om jou te
      versterk, en bemoedig, en op te lig. 
      
      Hoor bv wat sê
      Hy in Sef 3:17 – Ek, die Here jou God, is by jou, Ek die krygsman wat
      jou red, Ek is vol vreugde oor jou. Ek is stil-tevrede in My liefde. Ek
      jubel en juig oor jou.