Voel
jy ook of jy soms so tussen die riete vassit? Daar in jou sukkelende
rivier stroom – daar waar jy nie ‘n tree vorentoe of agtertoe beweeg
nie. Dalk by jou werk, of in jou probleme, of in verhoudings,
situasies, omstandighede. Nou ja, daar is natuurlik talle situasies
waaraan jy absoluut niks kan verander nie. Punt is, daar is talle
waaraan ons wel iets kan verander, maar ons doen dit nie. Partykeer
omdat ons magteloos voel, dalk omdat ons nie weet hoe nie. Miskien
omdat ons ander blameer vir ons omstandighede, dalk omdat ons nie
regtig wil nie (… dis mos partykeer makliker om te kla!). Partykeer
doen ons niks, want ons “wag op die Here”. Natuurlik moet ons in
alle omstandighede op die Here wag, maar partykeer wag die Here vir
ons. Het jy al gedink: “Hoe lank voor die deure oopgaan, Here?” Dan
gebeur niks. En dan, jaar na jaar sit ons so in die riete vas. Nie
vorentoe, of agtertoe nie.
Joh 5:1-9(a)
Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor
Jerusalem toe gegaan. By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad
met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, waar
daar baie gestremdes gelę het: blindes, kreupeles en lammes. Onder
hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was.
Jesus het hom sien lę en het geweet dat hy al baie lank siek was.
Toe vra Hy vir hom: "Wil jy gesond word?" Die sieke het Hom
geantwoord: "Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die
water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand
anders voor my in." Jesus sę toe vir hom: "Staan op, tel jou goed op
en loop." Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en
geloop.
Aangrypende verhaal dié. Hierdie man was 38 jaar lank
siek, só sę die Bybel, maar ons weet nie hoe lank hy by die bad gelę
het nie. Vir baie jare sien hy hoe mense hom voorspring en gesond
word, en hy wag, en hy wag, en wag …. Totdat Jesus kom, en
eensklaps vir hom genesing bring. “Staan op, tel jou goed op en
loop”. En toe loop hy.
“Staan op, tel jou goed op, en loop”. Aangrypende
woorde. Ek neem aan hy het sekerlik op ‘n matjie, of ‘n matrassie
gesit of gelę daar langs die bad. Só sit hy vir baie jare vas op sy
mat. En hy wag op sy mat. En hy wag vir ‘n wonderwerk…. En niks
gebeur nie. Dat hy geglo het in ‘n wonderwerk, is gewis. Miskien het
hy net nie dié Een geken wat die wonderwerk gedoen het nie. En so,
sit ons soms vir jare op die matjie vas, wagtend op ‘n wonderwerk
(waarin ons glo), maar ons doen absoluut niks. Wag net. Eendag noem
‘n goeie vriend vir my dat hy vreeslik ongelukkig is in sy werk, al
vir 17 jaar! Hy sę toe dat hy al jare vir die Here vra vir ‘n deur
om oop te gaan, maar niks gebeur nie. Ek het vir hom gevra of hy al
sy CV uitgestuur het, en was verstom toe hy sę: “Nee, ek wag op die
Here”. Een sin was genoeg om hom van sy mat af te kry: “As jy op die
water wil loop, klim uit die boot uit”. (met verwysing na Petrus wat
op die water geloop het). Ongelooflik toe hy sy CV uitstuur, maak
die Here oombliklik die deur oop. Soos hulle sę: The rest is
history….
Vasgesit op die matjie, nie een tree vorentoe of
agtertoe nie. As Petrus in die boot bly sit het, het hy nou nog nie
nie op die water geloop nie, het hy nou nog nie die wonderwerk
beleef nie, en het hy nou nog gewonder of hy kan waterloop. Jesus
het hom nie gevra of hy wil nie. Hy het gesę hy wil. Toe sę Jesus
net “Kom”. Hoe lyk dit daar op die matjie? Aaklig? Moedeloos? Moeg
gewag? Depressief? Wat wil jy van die Here hę? Hoe lank wag jy al?
Wag jy vir ‘n teken? Wat se teken?
Hoe ry die boere sit-sit so, daar op die matjie…
Jy sien, partykeer is matjie-sit ‘n lekker verskoning
om nie te beweeg nie. Want dan hoef jy nie te waag nie, en hierdie
comfort zone is eintlik lekker in sy aakligheid. Dan het ek iets om
elke dag oor te kla – daar in “skinner”-straat as ons elke uur so
gaan “vars” lug soek. Wat is tog lekkerder as ‘n lekker kla-sessie?
Veral as ons ‘n bietjie selfbejammering kan bygooi. Ons noem dit ‘n
pity-party. Ons straf onsself onnodig daar op die matjie!
Soms gee ons ander die skuld vir ons matjie-sittery.
Dalk ons ouers, of ons verlede, of ons omstandighede. Baie mense
gaan by ons verby op hulle “magic carpets” wat sę: “Kom saam!”, maar
ons sę: “nee, jy verstaan nie. As dit nie vir sus en so was nie, het
ek ook gevlieg”. As, as…. “My voorgeslagte het almal op die matjie
gesit, daarom sit ek ook maar”… sug!
Soms vrees ons die beweging. Jy sien, die mens hou
nie van verandering nie, maar smag tog gereeld daarna. “A change is
as good as a holiday” is tog waar!
Partykeer sit ons op die matjie en wag vir die Here.
Dis reg, maar partykeer wag die Here op jou. Hy wag dat jy in geloof
in beweging te kom. Hy wag dat jy Hom genoeg vertrou dat Hy genoeg
kennis, en onderskeidingsvermoë, en moed, en dapperheid vir jou sal
gee om van die mat af op te staan. As jy dan aan die deure rondom
jou begin voel, is ‘n klomp van hulle toe nooit gesluit nie. Dan wil
die Here vandag vir jou sę: “Neem jou besluit, soos wat dit vir jou
goed en reg lyk, en Ek sal jou in jou besluit seën. Die paaie waar
jy loop sal ek gelyk maak, en waar jy dalk wel die hobbelpad tref,
sal Ek by jou wees, en as daar gate en slote is, sal ek jou deur dit
help, en as daar woestyn voor jou lę, sal Ek steeds die manna en
kwartels voorsien.
Maar … kom net van jou mat af. Want die Here raak nie
skielik weg as jy dalk ‘n verkeerde besluit neem nie. Jy sien, my
vriend, die Here is nie aanwesig en afwesig op sekere paaie wat jy
kies nie, die Here is by jou, as persoon, waar jy ook al loop. Soos
wat Hy by jou op jou matjie is.
Matjie-sit laat talle geleenthede by jou verbygaan,
en matjie-sit maak dalk jou lewenskwaliteit miserabel. Matjie-sit
laat jou stagneer en steel lewensvreugde. Nou hoe nou? Jy weet
waarna jy lankal smag, of hoe? Jy weet dat jy dalk ‘n besluit moet
neem wat jy al vir jare uitstel…. sit jy lekker? Wagtend op ‘n
wonderwerk? … of gaan jy opstaan en voortbeur na die wonderwerk toe?
Wie kry die skuld vir hierdie sit-sit so? Omstandighede? Verlede?
Situasies? Ander mense? Miskien die Here?
Jesus sę: “Wil jy gesond word”, wel, “Staan op, tel
jou goed op, en loop”
|