LYDING TER WILLE VAN ONS CHRISTENSKAP


Hoe lyk ons Christenskap? Hoekom beoefen ons hoegenaamd ons Christelike geloofsoortuigings? Ons is in 'n tyd waar daar meer en meer dinge op ons pad kom wat lyk asof dit ons as Christene ondermyn. Bv. in die skole waar Godsdiens in gedrang is, die grondwet maak nie meer voorsiening vir ons geloofsoortuiging nie, die Christelike radiostasies word beperk, en meer en meer begin ons so 'n ietsie van vervolging beleef. Soms kry jy 'n e-pos terug van jou diensverskaffer af wat s dat jou e-pos onaanvaarbare woorde bevat, dan is dit omdat Jesus se Naam daarin voorkom. Geestelike gesprekke by die werk word ook soms verbied. Ek dink dit sal al hoe moeiliker word soos die tyd aangaan. Jy sien, ons verstaan nog regtig niks van ware vervolging nie. Ons geloofslewe word nie naastenby eintlik glad nie - so beproef soos ander mense in ander lande nie. Maar is dit nie so dat ons dan so maklik s dat ons nie meer opstaan vir ons geloof, want net-nou kom ons in die moeilikheid nie? "Ek sou ook getuig het as dit nou net nie verbied was nie." En dan 'n moeilike een - hoe lyk ons lewe van lofprysing? Om die Here lof toe te sing - te praat - te bid? Ek dink ons raak so maklik gemaklik oor ons geloofslewe. 

Dink bietjie saam met my aan Paulus, dan probeer ons hom beskryf. Arrogant - selfvoldaan - mislik - hou nie van vrouens nie - s net wat hy wil - klein mannetjie sindroom - bombasties - uitgesproke. Weet jy wat? Ons mis die punt. Kom ons lees iets oor sy lewe:

2 Kor 11 : 24 - 27 (Boodskap)
Vyf maal het die Jode my laat gesel deur my die gebruiklike nege en dertig houe te slaan.
Drie maal is ek met stokke toegetakel. Een keer is ek met klippe gegooi en vir dood agtergelaat. Drie keer het die skip waarop ek was, gesink. 'n Ander keer moes ek 'n hele dag en nag op die oop see ronddobber.
Ek het ook al die wreld vol gereis. En ek moes al 'n groot klomp gevare trotseer: vol riviere; rowers wat my wou aanrand; my eie volksgenote en ander mense wat nie aan Israel behoort nie wat my prediking verwerp het; gevare in die stede en in woestyne; storms op die see en vals gelowiges wat my dikwels in die steek gelaat het.
Ek moes ook baie hard werk. Baie nagte het ek nie 'n oog toegemaak nie. Dikwels het ek niks gehad om te eet of te drink nie. Kos was maar altyd 'n skaarste. Ek het ook nie altyd genoeg warm klere gehad om my teen die koue te beskerm nie.

Paulus het swaar gekry. Hy is deur dinge wat ek en jy nie eers van kan droom dat dit oor ons pad kan kom nie - en hy het nie gestop nie. En vir wat? Vir die evangelie van Christus! Nie net om dit te verkondig nie, maar omdat Paulus regtig regtig lief was vir Jesus. Hy s op 'n plek: "Ek verkondig die evangelie omdat ek mt, en wee my as ek dit nie doen nie". Paulus was ernstig, en niks sou hom stop nie.

Paulus het iets verstaan van ware Christenskap wat ons nog nie eers van kan droom nie. Ons ken nie vervolging nie, al dink ons miskien so. Jy sien, ek dink ons verstaan nie presies wat gebeur nie, want die Bybel beskryf nie genoeg detail nie. Ek dink nou aan Johannes 21 : 25. As alles opgeskryf moes word wat Jesus gedoen het, sou die hele wreld nie genoeg plek vir die boeke h nie. Dan nog soveel te meer as alles opgeskryf sou word wat die apostels ook nog gedoen het. Ek wil h ons moet so bietjie in detail kyk wat met Paulus gebeur het. Dan meet ons dit aan wat ons Christenskap noem.

Daar word bereken dat Paulus na sy bekering ongeveer 18000 km afgel het om die Evangelie te verkondig. Die meeste daarvan te voet. Paulus s hy het vyf keer die gebruiklike straf van 39 houe gekry by die Jode. Om gegesel te word beteken om met 'n sweep geslaan te word wat jou vel oopkloof. As Paulus s, "kyk net die littekens", dan beteken dit hale wat sonder steke genees het. Weet jy hoeveel is 39 x 5? Dis 195 van hierdie dik opgehewe hale. As jy gegesel is, het jy nie soos in die skool op die boude pak gekry nie. Hierdie ouens het jou geslaan waar hulle plek kry. Oor jou arms, bene, rug, maag, orals. En as jy probeer keer, was daar 'n goeie kans dat iets gebreek het, jou arms, of jou vingers, of wat ook al in die pad kom. Dan s hy voorts: "Drie maal het ek lyfstraf gekry". Waarskynlik by die Romeine. En hulle het nie die houe getel nie, hulle het geslaan tot hulle moeg was. Groot ouens. Verder s hy: "Een keer is ek met klippe gegooi, en vir dood agter gelaat". Gestenig! Nie gegooi met kettie-klippies nie, maar met rotse. Dink vir 'n oomblik hoe het Paulus se liggaam gelyk. Hy s op een plek "Hier skryf ek nou self - kyk hoe groot is die letters - " dan s mense hy het 'n ooggebrek gehad, of hy was ongeletterd. Dalk was dit omdat sy vingers al soveel keer gebreek was, dat hy net nie meer kon skryf nie.

In Hand 16 : 23 lees ons waar hy en Silas in die tronk in Fillipi is. Nadat Paulus en Silas pimpel en pers geslaan is, is hulle in die tronk gegooi.  Weereens 'n bebloede massa. Nie 'n mooi gesig nie - dalk kon hy skaars regop staan. Weet jy wat s hy vir Silas? "Kom ons sing". Wow! Sou jy lus wees om te sing? Dalk was sy lippe stukkend, of nog 'n tand uitgeslaan! En hy s, "Kom ons sing". En bid. Lofliedere tot God se eer! En ek en jy kla as dit bietjie swaar gaan. Ek dink nie ons verstaan nie. Partykeer bring die Here 'n bietjie Geestelike werk oor ons pad, dan maak ons eers somme. Of wil eers baie edel bid oor die saak. Paulus s: "Ek verkondig die Evangelie omdat ek moet, en wee my as ek dit nie doen nie".

Wanneer het Paulus gewerk en sy ding gedoen? N Jesus se hemelvaart. Hy het dus geleef en gewerk in presies dieselfde bedeling as ons. Daar is gn verskil nie. Jy sien, Paulus sing lofliedere wanneer dit verskriklik sleg gaan met hom. Ons kla as ons te veel in die kerk moet sing, of as die musiek te stadig is, of as dit te ritmies is, of mense handeklap, of die orrel, of die orkes, of Engels.... ons het talle verskonings! Ons verstaan nie wat dit beteken om lof aan die Here te bring nie. Want dit gaan dalk te goed!

Paulus sing in die tronk, terwyl dit lyk of 'n trein hom getrap het, want hy was vir Jesus lief gewees. Daarom s hy "of ek leef, of ek sterf, maak niks saak nie." Paulus sou wou sterf, omdat hy bitter swaar gekry het. Maar hy wou leef, omdat hy vir ander van Jesus se liefde wou vertel. Ons kry nie swaar vir ons geloof nie. Dank die Here daarvoor. Niks gaan vandag met my en jou gebeur as ons vir mense van Jesus vertel nie. As die dominee nie by jou werk kom nie, wees jy die dominee daar! Niemand gaan ons slaan of stenig nie. As ons dit ni doen nie, kan die persoon dalk hel toe. Gaan.

Die vraag is maar net: Is ons regtig lief vir Jesus? Is Hy belangrik genoeg?

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)