ONS GEESTELIKE LEWE


Jy en ek staan tans op 'n sekere plek in ons geestelike lewens. Nie een voor die ander, of in 'n ry, of iemand beter as 'n ander een nie. Mense praat maklik van 'n groot Christen. Is dit dalk 'n persoon wat gered is, 'n intieme verhouding met Jesus het en ernstig oorgewig is? Dan is ek seker ook 'n groot Christen. Maar op een of ander manier het ons hier gekom, glo ons wat ons glo en het ons sekere persepsies van dinge op Geestelike vlak. Daar mag dalk redelike verskille wees in ons geloofslewe, maar wat niks met ons saligheid te doen het nie. Ek wil graag vandag praat oor die verskillende fases waardeur ons gaan om by die punt te kom waar ons nou is.

Fase 1 is waar die kind begin om sy verstand te kry en begin om sekere persepsies te ontwikkel. Waar jy as ouer daardie kind bekendstel aan hierdie ding wat ons godsdiens noem. Ons leer hulle van Liewe Jesus, die krip, en al die mooi verhale van Jesus.

Mark 10 : 13 - 16 Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14 Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle ges: Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. 15 Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 16 Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgel en hulle gesen.

Jesus stel dit baie duidelik dat kinders vir Hom baie belangrik is. Soveel so, dat Hy s dat net mense wat die koninkryk van God soos 'n kind ontvang, gered sal word.

In Mark 9 : 42 waarsku Jesus dat ons ons kinders nie afvallig moet laat raak nie. 'n Kind is soos 'n spons en aanvaar maklik dinge wat hulle geleer word en waaraan hulle blootgestel word. Fase 1 moet ons as ouers ALLES doen om te verseker dat ons kinders geestelike dinge verstaan.

Fase 2 is nogal 'n moeilike fase. Wanneer 'n kind 'n tiener word, gaan dit dikwels nogal erg met frustrasie gepaard. Baie jong mense het nie te veel erg aan hierdie dinge nie, praat nie geredelik oor Geestelike dinge nie en hou nie regtig van pa en ma se rituele soos kerk toe gaan, stiltetyd hou, ens. nie. Maar weet jy, dis juis die tyd wat ons as ouers moet vasstaan. Hier tel woorde egter nie veel nie. Dis ons optrede en dade wat iets beteken. Hoor jou kind jou ooit hardop bid? Sien hy jou deelneem aan Geestelike aktiwiteite? Dis nou die tyd wat die heel belangrikste is om ons kinders op koers te kry. Kyk, die gemiddelde tiener praat net met sy ouers as hulle iets nodig het, die res van die tyd is jy maar redelik idioties. Maar eendag as hulle volwasse is, sal hulle erken dat die grootste geestelike vorming plaasgevind het in hierdie tyd van hulle lewe. Ons moet voortgaan om hulle te leer, ons moet standvastig wees, en "practice what we preach".

Deut 6 : 6 - 9 Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7 Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8 Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. 9 Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Sjoe, kan jy sien wat die Here van ons verwag? Mense kla dat hulle kinders nie iets met die Here te doen wil h nie. Maar dis eintlik omdat daar nie genoeg voorbeeld is nie. Al gehoor mense kla omdat Godsdiens uit skole gehaal word? Of uit die grondwet? Aan die een kant wil ek s, dis goed, want ons los ons geestelike verantwoordelikheid vir ander partye. Nou word ons eintlik gedwing om dit terug te bring huis toe. Blootstelling aan ander godsdienste is goed, as jy weet wat jy self glo, en as dt die waarheid is.

Fase 3 is eintlik 'n lekker fase. 'n Tyd van ontdekking, groei en verstaan waaroor dinge gaan. Dan is 'n jongmens eintlik op sy eie. Pa en ma het nou ingebou wat hulle kon en nou moet 'n persoonlike verhouding ontwikkel tussen die persoon en die Here. 'n Tyd van baie vrae en twyfel, terugsak (backslide), maar dan ook diepe en intieme soeke na God. Dikwels is dit die maak of breek tydperk, wanneer Jesus Christus f 'n ware en egte realiteit word f 'n persoon soms sy geloof verloor. Baie mense kom in hierdie tyd waarlik tot bekering, hoewel baie baie mense al as kinders of jongmense hulle hart vir die Here gegee het. Ek dink ook ons as ouers moet in hierdie tyd nie ophou om 'n voorbeeld te stel vir ons kinders nie, want die invloede van buite kan nogal fel wees. Ek onthou so goed destyds in die weermag met diensplig, hoe moeilik dit was om op te staan vir jou geloofsoortuiging. Dit het eintlik soms onmoontlik gevoel. Kyk, daar was nie eintlik veel rolmodelle gewees nie, en die kapelaan was maar 'n ander man gewees. Maar tog was daar 'n luitenant wat vasgestaan het, Lt Human. 'n Fase wat aan die een kant lekker was, maar ook met baie turbulensie gepaard gegaan het.

Die laaste fase is die beste! Mits alles in plek is.

1 Kor 3 : 1 - 3 Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, 3 want julle is nog wreldse mense. Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wrelds is en julle wrelds gedra nie?

Geestelike volwassenheid. 'n Tyd waar 'n diep gewortelde verhouding met God begin vestig. Om te verstaan en aanvaar wat aan die kruis gebeur het en dat dit waarlik vir m is. Om te verstaan dat ons nie kan lewe sonder 'n vaste wete van die stand van ons saligheid nie.

Pred 12 : 1 "Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal s "Ek het daar niks aan nie".

'n Wonderlike gedeelte in die Bybel waar die Here ons voorberei op die einde.

Vers 7 "Die tyd wanneer die stof na die aarde terugkeer soos dit was, en die Gees na God terugkeer wat dit gegee het."

Ongelukkig wag so baie mense te lank om in 'n verhouding met Jesus betrokke te raak. Die Bybel s eintlik dat die meeste mense dit nooit doen nie.

Matt 7 : 13 Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en di wat daardeur ingaan, is baie.

Watse invloed het jou ouers op jou geestelike lewe gehad? Miskien het jy jou diepgewortelde geloof dr gekry. Miskien was die invloed min. Maak nie saak nie, want dis nie te laat nie.

Die vraag wat BAIE belangriker is, is "watse invloed het ek en jy op ons kinders se Geestelike lewens". Ons voorbeeld, wat en hoe ons hulle leer, waaraan ons hulle blootstel. Ons moet bid vir ons kinders, want die valse leerstellinge is volop. Maar ons moet regop loop, in die regte rigting, saam met Jesus, op pad hemel toe, dan doen ons wat God van ons verwag.

"Dink aan jou Skepper, in jou jong dae . "

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)