OUERSKAP


Kom ons praat n bietjie oor ouerskap - ouerskap wat iets werd is. Seker 'n onderwerp waaroor ons nooit genoeg kan praat nie. En in besonder in vandag se lewe, waar die druk op ons kinders geweldig groot raak. Druk wat van alle kante af kom. Van vriende, omstandighede, kultuur, politiek, ja selfs op geestelike vlak. En dan - seker die ergste - hierdie ongelooflike druk van die ouers af. Doen ons as ouers dit dalk juis oor hierdie onvergenoegde gevoel wat ons oor onsself het?

Ek wil vir jou net so enkele verse lees oor Job - en hoe hy met sy kinders omgegaan het.

Job 1 : 1 - 5
1 In die land Us was daar 'n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy.
2 Hy het sewe seuns en drie dogters gehad
3 en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.
4 Sy seuns het om die beurt partytjies gehou in mekaar se huise. By sulke geleenthede het hulle dan hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier.
5 N so 'n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die mre het hy vir hulle almal 'n brandoffer gebring, want, het Job ges: miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek. Job het dit elke keer gedoen.

Hier lees ons van Job wat sy kinders se belange op die hart gedra het. Ek wil net so een en ander uit hierdie gedeelte haal oor Job as pa.

1. Job het so baie vir sy kinders se geestelike welstand omgegee, dat daar staan dat hy elke keer na partytjies hierdie reinigingsaksie uitgevoer het.
2. Job het sy kinders hulle genietinge toegelaat, maar hy was deel van hulle lewens, ook in hulle sosiale lewe.
3. Job was 'n baie welgestelde man, maar het tyd gemaak vir sy kinders.
4. Job het sy kinders te lief gehad om hulle aan hulle eie genade oor te laat.
5. Job het seker gemaak dat hy alles moontlik doen vir hulle geestelike welstand.

Hoe vorder ns as ouers? Wat laat ons na in ons kinders? As iemand sou s jou kind is nes sy pa, sal dit vir jou 'n kompliment wees of nie?

Spr 17 : 6 "Kleinkinders is vir oumense 'n trots; vaders is vir hulle seuns 'n sieraad"  Volgens die HAT is 'n sieraad: "Voorwerp van edel metaal; 'n verfraaiing; iemand wat uitblink; iets eervol." Ja jitte, iemand wat uitblink - deesdae is die enigste blink wat ons kinders sien, die feit dat ons skitter in ons afwesigheid. Die gemiddelde kind, het net 10% van 'n pa. Want die werk het 90%.

Spr 20 : 7 "Wie reg doen, en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed." Wat sien ons kinders by ons? Hoor hulle hoe jy 'n 'deal' gekook het? Of suggestiewe taal uit jou mond uit? Of dalk so 'n dubbele standaard. Nou s en by die kerk s?

Spr 29 : 17 "Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom, hy sal jou baie vreugde verskaf."  Nou vra ek jou in die lig van hierdie teks: kan jy jou Maltees oor e-pos leer om deur 'n hoepel te spring? Of 'n papegaai 'n deuntjie leer fluit per SMS? Net so min kan jy jou kind 'n opvoeding gee as jy nooit daar is nie. Dan leer hy die waardestelsel van die dagmoeder, onderwyseres, bediende, en dan uiteindelik van sy vriende. Al gehoor van kwaliteit tyd? Glo jy daaraan?

Hoe is 'n steak in die restourant, perfek gaar gemaak, gegeur, supersag, rypgemaak, volmaak voorberei - en dis so groot soos 'n vuurhoutjieboksie? Dis wat ons doen met ons kinders as ons hulle kwansuis kwaliteit-tyd gee. Hulle word ouerloos groot, en hulle is nie eens weeskinders nie. Baie van ons probeer om ons kinders te koop met te veel geld - dan het hulle darem iets van ons lang ure by die werk skrikwekkend, n!

1 Kor 13 - vir pa's.
"Al sou ek die mooiste huis in die buurt h en met die duurste BMW ry, maar my vrou en kinders geniet nie die weelde van my teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos 'n bankkrediet met 'n nulbalans.

Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie met my argumente kan swaai, of skares na my preke kan laat stroom, en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed.

Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank, en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketrels, en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.

Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, en al beroem ek my dat ek in elke liefdadigheidsraad op my dorp dien en vakansies my gesondheid opoffer om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders boeke te lees of naweke in die veld te gaan stap, baat dit my alles absoluut niks.

'n Pa wat liefhet, is geduldig met kinders wat sukkel met wiskunde,
'n Pa se liefde is vriendelik met 'n kind wat nie wil rugby speel nie,
hy is nie afgunstig op pa's met slimmer en mooier kinders nie,
hy is nie grootpraterig en verwaand oor sy kinders se prestasies nie,
'n Pa se liefde handel nie onwelvoeglik met die ma van sy kinders nie,
soek nie sy eie belang sodat sy huismense laaste kom nie,
is nie liggeraak en nukkerig as 'n kind bietjie ekstra aandag soek nie.
'n Pa wat sy kinders liefhet, hou nie boek van hulle foute en peper hulle nie met verwyte nie.

'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se foute met:
"Ek het jou gewaarsku maar jy wou nie luister nie"
Hy is verheug as hy sy kinders die waarheid hoor praat - selfs tot hulle eie nadeel.

Daarom wil ek my kinders se skandes met liefde bedek,
in hulle glo,
die beste vir hulle hoop,
en hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.

'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart. Maar die preek of toespraak wat ek liewer in die tyd wou skryf sal oormre weer vergeet wees.
Vandag se noterings op die aandelemark is volgende week niks werd nie.
In die lig van die Volmaakte wat kom, word al my kennis en besittings gerelativeer.

Toe ek 'n jong man was, was ek gesteld op my voorkoms, my motor en my geleerdheid,
maar noudat ek 'n pa geword het, wil ek graag my kinders met liefde, balans en geloof grootmaak.

Nou kyk ek nog vas teen rebelse tienergesigte,
maar eendag as hulle groot is,
sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer,
en wat God ons almal leer.

En nou:
Geduld, aanmoediging en liefde bly,
Maar die waardevolste hiervan is onvoorwaardelike liefde!"

Sjoe, is hierdie nie so waar nie. Hoe kan ons kinders heel agter staan teenoor alles anders? Dis eers wanneer ouers 'n kind aan die dood afstaan, dat hulle besef wat die kind beteken het. 'n Pa s eendag dat hy so wens sy kind se kamer is deurmekaar, en sy huiswerk en skool punte nie heel bo in die klas nie, en die kind is tog net so 'n bietjie rebels. Maar nou is die kind dood, en al sy lang ure by die werk het gemaak dat hy sy kind se lewe gemis het.

Bid vir jou kind, maar moenie bid vir dinge wat jy self moet doen nie. Dis sinneloos. DOEN wat jy moet doen!
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)