Matt.
13 : 1 - 9 Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by
die see gaan sit. 2 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy
in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal
op die strand bly staan. 3 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse
vertel en onder andere gesê: 'n Saaier het eendag gaan saai. Met die
saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en 4 die voëls het
gekom en dit opgepik. 5 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval,
waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die
grond nie diep was nie. 6 Maar toe die son warm word, is dit
verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.
7 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het
opgekom en dit laat verstik. 8 Die ander saad het in goeie grond
geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en
ander dertigvoudig. 9 Wie ore het, moet luister!
Matt.
13 : 18 - 23 Luister julle dan na wat die gelykenis van die
saaier beteken: 19 Die Bose kom by elkeen wat die woord van die
koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy
hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. 20 Die
man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord
hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie
by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille
van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22 Die
man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord
hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van
rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23 Die man by wie
daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit
verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig,
soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.
Jesus
praat hier van die saad wat ek en jy moet saai. Dit verwys natuurlik
na die verkondiging van die Woord. Jesus praat hier ook in 'n
gelykenis, soos wat Hy dikwels met Sy dissipels gepraat het.
Ons sien dat die saad op verskillende plekke val:-
-
Sommige het op die pad geval; die bose kom en steel en vernietig wat
gesaai is.
- Sommige het op die klipbanke geval; persone wat die boodskap hoor,
neem dit met blydskap aan, maar wanneer hy ter wille van die Woord
verdruk en vervolg word vergeet hy wat hy gehoor het en verlaat hy
gou weer die regte pad.
- Sommige het tussen die onkruid geval; bekommernis en die begeerte
na rykdom vernietig die saad.
- Sommige van die saad het in goeie grond geval; die boodskap word
gehoor en verstaan en dit lewer ’n oes van 30, 60 of 100-voudig.
Wie is
hierdie saaier? Ons weet dit is nie Jesus nie, want Hy vertel die
gelykenis. Dis ek en jy - ons wat op die plekke saad saai waar ons
werk, lewe, inkopies doen, vakansie hou, ens.
Dit
lyk egter nie of die suksessyfer baie hoog is nie; dalk maar so 25%.
Maar ………
*
steeds saai die saaier; * hy kan sien dat sommige saad op slegte
plekke val - maar hy hou aan om te saai; * hy weet dat die oes klein
is, maar steeds hou hy aan om te saai; * ons sien nie dat die saaier
vir iets anders as die saaiwerk verantwoordelikheid neem nie; * die
saaier tel nie die oes nie.
Saad
en grond: Die aarde het die wonderlike vermoë om saad (enige saad)
wat jy daar insit, te probeer groei. Behalwe dat ek en jy die grond
kan bemes en water gee, kan ons niks doen om die proses te aktiveer
nie. Die aarde probeer om enige iets wat jy daar indruk, te laat
groei. As jy saad in die grond sit, breek die aarde eers die
buitenste dop van die saad af, en die saad ontkiem. As jy 'n stuk
yster in die grond sit, gebeur dieselfde, daarom begin die yster
roes. Die grond wil enige vreemde ding wat jy daarin sit, laat groei.
Luister nou na hierdie interessante vers:
Gen. 2 : 7 "Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die
aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende
wese geword het".
Ek en
jy is dus 'n stukkie aarde (grond) op sigself. Ons is van dieselfde
elemente as die aarde gemaak. Dit beteken dat ek en jy ook saad kan
laat groei. Wat gebeur met saad wat in ons harte geplaas word? DIT
GROEI! Wat gebeur met saad wat ons in ander mense saai? DIT GROEI!
Net
soos onkruid so welig kan groei, sal die verkeerde saad in ons
lewens ook outomaties groei, en ons moet daarteen waak.
Wat
saai ek en jy? Alles wat ons doen en sê, is saad wat ons saai. Vloek,
skinder, grappe, ontrouheid, haat, jaloesie, ens. Hierdie goed is
onkruid en dit groei maklik! Maar Jesus sê: Saai die Woord, laat dít
mense na Hom toe bring.
Wanneer saai ons? 2 Tim 4 : 2 verkondig die woord; hou daarmee
vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle
geduld onderrig te gee. Dus: TYDIG EN ONTYDIG. Daar is nie ’n
verkeerde tyd nie.
Wat is
my en jou taak?
Paulus sê in 1 Kor.: "Ek het net die saad kom saai"
1 Kor. 3 : 6:- "Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar
dit is God wat laat groei het"
Saai
die saad en daar sal vrug wees: dertig-, sestig- en honderdvoudig.
Verkondig die verlossing van Jesus. Vertel vir mense tydig en
ontydig en God sal die saad laat groei.
|