SEňN JOU SEUN


Dink bietjie saam met my aan 'n aflos resies. 'n Paar persone wat aan dieselfde wedren deelneem, wat 'n aflosstokkie van die een na die ander aangee, en uiteindelik, as die laaste persoon oor die wenstreep hardloop, wen die hele span - nie net die laaste een nie. Die stokkie gaan van die een persoon na die ander, wissel 'n paar keer hande, en almal wen. Ek wil hierdie wedren vergelyk met 'n lewenswedren waar die pa die stokkie oorgee aan sy seun.

In die Ou Testament (veral in Genesis) lees ons dat die pa sy seuns geseŽn het. In Genesis word daar dan ook baie klem gelÍ op die seŽn wat uitgespreek word op die eersgeborene. Hierdie "seŽn" was baie, baie meer as om net 'n "blessing" op iemand uit te spreek ('n handeling wat ons vandag redelik maklik met ons geestelike vriende doen). Die seŽn was om die familiewaardes oor te dra, die "gees" van die familie. Die pa (wat 'n patriarg was) het sy stempel, sy gesag oorgedra aan die volgende geslag. Die man het 'n baie sterk rol in die familie gespeel en was ook die middelpunt waarom alles gedraai het. Vandag egter, is die pa meer en meer afwesig, en die ma neem die rol van die pa oor en probeer om die familiewaardes by die kinders te vestig, en dan uiteindelik die seun uit te stuur in die wÍreld in. Die pa gee dus nie meer die aflosstokkie aan nie, maar die ma.

Wat dra ons oor? Wat is vandag op daardie aflosstokkie geskryf?

Gen 25:29-34: Op 'n dag terwyl Jakob lensiesop aan die kook was, kom Esau doodmoeg uit die veld daar aan en sÍ vir Jakob: "Laat my gou van die rooi goed wegsluk, van daardie rooi goed. Ek is doodmoeg!" Daarom is hy Edom genoem. Toe sÍ Jakob vir hom: "Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my." Esau het geantwoord: "Ek gaan tog sterf. Wat baat dit my om die eersgeborene te wees?" Jakob sÍ toe vir hom: "Beloof my nou met 'n eed dat jy jou reg as eersgeborene aan my oormaak." Esau het dit gedoen en so sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop. Daarna het hy vir Esau brood en lensiesop gegee, en hy het geŽet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap. Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.

Hier lees ons hoedat Esau sy eersgeboortereg vir 'n pot sop verruil het aan Jakob. Esau verstaan nie dat hż die aflosstokkie moes aanvat nie, en hy betaal 'n geweldige duur prys daarvoor.

In Gen 27 lees ons hoe Rebekka en Jakob vir Isak verkul, en Jakob word in die plek van Esau geseŽn. Hier tref dit vir Esau tussen die oŽ en hy pleit by sy pa dat hy ook geseŽn word.

Gen 27:36-38: Esau het geantwoord: "Hy word tereg Jakob genoem. Hy het my nou al twee keer bedrieg Toe vra Esau: "Het Pa nie nog 'n seŽn vir my ook nie?" Isak het vir hom gesÍ: "Ek het hom alreeds aangestel om oor jou te heers en ek het sy hele familie vir hom as onderdane gegee. Ek het hom van koring en wyn voorsien. Daar is niks wat ek vir jou kan doen nie, my seun." Esau het toe vir sy pa gesÍ: "Pa, het Pa dan net een seŽn? SeŽn my tog ook, Pa!" Toe Esau daarna begin huil ..

Het pa nie vir my ook 'n seŽn nie? Ö en so verbeur Esau sy seŽn, sonder dat dit sy pa se skuld was. Wat se seŽn dra ek en jy aan ons kinders oor? Besef ek en jy as pa regtig watter rol ons in ons gesinne se lewens speel?

In Matt 1 en Lukas 3 lees ons die geslagsregister van Jesus. Matt 1:1 begin met Abraham, en dan eindig dit in vers 16: "Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus, wat Christus genoem word". Is jy dalk effens verras om dit te lees? Ons sÍ Jesus is uit die geslag van Dawid gebore, maar die geslagsregister eindig by Josef, wie nie Jesus se biologiese pa was nie. Is hier nie iets fout nie? Jy sien, God wil hÍ die stokkie moet aangegee word, en dalk was hierdie die meganisme wat God gebruik het.

In Gen 49:1-28 lees ons hoedat Jakob sy seuns seŽn, hoewel party daarvan soos 'n vloek klink! Kyk bv vers 3-5: Ruben, jy is die oudste, toonbeeld van my krag, gebore toe ek in my fleur was; jy is die vernaamste, die sterkste. Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie, want soos stormwater was jy onstuimig: jy het jou vergryp aan 'n vrou van jou vader, jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het. Simeon en Levi is die een soos die ander: altyd gereed vir geweld.

Vir Josef is daar 'n baie spesiale seŽn (en hy was nie eens die oudste nie). Vers 22-26: Josef is 'n boom wat vrugte dra, 'n vrugteboom by die fontein, sy takke groei oor die omheining. Diť wat met pyl en boog skiet, val hom aan, hulle is baie en hulle is sy vyande. Maar hulle boog misluk elke keer, hulle sterk arms bewe, want die magtige God van Jakob gryp in, die Rots van Israel beskerm hom. Die God van jou vader sal jou help, Josef, die Almagtige sal jou seŽn, Hy seŽn jou met reŽn uit die hemel, met water diep onder die grond uit, met moeders wat hulle kinders voed, met baie kinders. Die seŽninge wat jou vader gegee het, is sterk, sterker as diť van die ou-ou berge, as die kosbaarhede van die heuwels wat altyd daar is.

Watter seŽn het ons vandag vir ons seuns? Besef ek en jy wat ons oordra? Hoekom soveel klem op die seun en nie die dogter nie? Vir my lÍ die antwoord in Gen 2:24: "Daarom sal 'n man sy pa en pa verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word". Die man se hoofrol is diť van hoof van sy huis (ja, mevrou, die Here sÍ so), in die huwelik (as hy getroud is met 'n vrou, met die opdrag om 'n nageslag te bou wat God sal eer). Maleagi 2:15: "Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hÍ dat daar 'n nageslag moet wees wat Hom eer". Ek dink nie ons besef altyd die verantwoordelikheid van man-wees en pa-wees nie! Wat bou ons in ons seuns se lewens in? Hoe lyk die stokkie wat ons oorgee?

SeŽn jou seun. Dit klink eenvoudig, maar hoe doen ek dit?

1) Deur in 'n gesonde verhouding met hom te staan, sodat daar 'n punt kan kom dat hy die aflosstokkie WIL aanvat. Ja, so 'n jongman is vol draadwerk. Hy laat jou verstaan dat hy groot is, maar hy laat kort-kort die stokkie val. Maar hou maar aan om dit aan te gee.
2) Leer hom van kleins af van manwees, van verantwoordelikhede, en bo alles, leer hom van God. Hy moet verstaan dat hy die volgende geslag se hoof is.
3) Maak hom betyds los en gee die stokkie betyds oor, sodat hy nie parasiteer nie, en jy later die verantwoordelikheid van twee geslagte moet dra nie.
4) Gee 'n skoon stokkie oor. Moenie dat enige gemors van jou geslag oorgaan na syne toe nie. Drink jy te veel, dan gaan hy ook te veel drink. Slaan jy sy ma, dan gaan hy ook sy vrou slaan, Leef jy 'n standvastige lewe, dan sal hy ook. Leef jy goeie waardes uit, dan is dit wat hy sal leef, en na die volgende geslag oordra.
5) Leer hom dat 'n man 'n mens is. Net mens. Laat hom verstaan dat mans ook emosies het, en ook sukkel met spanning, en met teleurstellings. Leer hom dat man-wees verseker nie volmaak-wees beteken nie.

SeŽn jou seun, dra die geslag oor in bekwame hande. Probeer om die slegte uit te sif, sodat daar 'n nageslag kan wees wat God eer.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)