TYD


Wanneer ons die datum en die tyd noem, gee ons erkenning aan hierdie element van die lewe wat so baie invloed op ons uitoefen. Tyd. Moeilike begrip. Hierdie ontasbare ding waarom alles draai. Hierdie iets waarteen ons die verloop van elke dag slaafs meet, en waarteen ons dag vir dag beur. Net om vannag iewers, ons weet eintlik nie wanneer nie, te "reset", om more-oggend net weer voor te begin. Tyd is 'n vreemde ding. Hy bestaan net op aarde, en is net eintlik meetbaar op aarde. Omdat die aarde om sy eie as draai, ten opsigte van die son, kry ons hierdie ding wat ons dag en nag noem. Die maan wentel om die aarde in 30 dae, en ons noem dit maand. En hierdie aarde-maan samestelling wentel om die son in 365 dae en dit dui vir ons konstant aan hoe oud ons is. In hierdie proses het God vir ons 'n wonderlike ritme geskep om so 'n bietjie orde in ons lewe te gee. Die Here het dit inderdaad so presies geskep dat die seisoene en die lengte van 'n dag en 'n nag, dit vir ons moontlik maak om aan die lewe te bly. Ja, die Here het tyd geskep saam met die skepping. Tyd het nie voor die skepping bestaan nie. Daarom begin Gen 1 : 1 in die boodskap met "In die begin van alle tye het God die hemel en die aarde gemaak". Die Here het wonderlike orde, ritme en balans in die heelal in geskep. Die vraag is nou net, "Wat maak ons met ons tyd?"

In die skeppingsverhaal lees ons van die skeppingsdae en na elke dag wat God geskep het, staan daar: "En dit was aand, en dit was mre." God verwys na tyd en dan, op die sewende dag, s God, was dit tyd om te rus. Pragtig. Die Here skep die mens om te heers oor sy skepping, maar ongelukkig kry die mens nie geheers oor tyd nie. Tyd heers oor die mens.

Prediker 3 : 1 - 9 (Die Boodskap)
Alles gebeur op 'n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal:
daar is 'n tyd om gebore te word en daar is 'n tyd om dood te gaan;
daar is 'n tyd om te plant en daar is 'n tyd om weer die plante uit te trek;
daar is 'n vasgestelde tyd om dood te maak en daar is ook 'n tyd om gesond te maak;
daar is 'n tyd om dinge af te breek en 'n tyd om dit te herstel;
daar is 'n tyd wanneer 'n mens hartseer is en dan is daar ook weer 'n tyd vir vreugde;
daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om weer gelukkig te wees;
daar is 'n tyd om mekaar lief te h en 'n tyd om weg van mekaar te wees;
daar is 'n tyd om mekaar te liefkoos en 'n tyd wanneer liefkosing nie pas nie;
daar is 'n tyd om te soek en 'n tyd om goed te laat wegraak;
daar is 'n tyd om op te gaar en 'n tyd om weg te gooi;
daar is 'n tyd om iets te skeur en 'n tyd om dit heel te maak;
daar is 'n tyd om te praat en 'n tyd om stil te bly;
daar is 'n tyd vir liefh en 'n tyd vir haat;
'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.
Watter voordeel kry 'n mens dan op die ou end uit al sy harde werk?


Baie interessant dat die opskrif van hierdie gedeelte s "Magteloos uitgelewer". En dan eindig dit met die woorde "Watter voordeel kry 'n mens dan op die ou end uit al sy harde werk?" Goeie vraag, want heel waarskynlik is jy ook op hierdie oomblik besig om baie ernstig aandag te skenk aan voorbereiding vir vandag se harde werk. Hierdie een element van ons lewens wat die meeste prioriteit in ons lewens kry. Meer as enigiets anders. Maar ook die ding - en plek - wat vir jou die minste plesier en blydskap bring, wat ons weghou van sinvolle gesinslewens, wat ons kinders drasties verwaarloos, en waar baie mense skandelik misbruik word.

Het jy ook die probleem? Werk jy dikwels oortyd sonder betaling? Moet jou kinders elke dag hoor: "Pappa het nie tyd nie?" S ons nie maar eintlik hiermee net: "My kind, jy is nie prioriteit nie. Jy - of jou rugbywedstryd, is minder belangrik as my dagtaak".

Prediker probeer om so 'n bietjie balans in te bring, deur te s: "Daar is tyd vir dit, en vir dat." Een aktiwiteit kan nie al die tyd kry nie, of al die prioriteit nie. Ek hoor van 'n man wat vertel dat hy die lekkerste dag van sy lewe so goed onthou, as die dag wat sy pa saam met hom gaan visvang het. Die lekkerste dag van sy lewe. Na sy pa se afsterwe lees hulle deur sy stapels dagboeke en kom op die spesifieke dag af, die dag wat die lekkerste van Johnny se lewe was. Die inskrywing van die pa het gelees: "Another day wasted, went fishing with Johnny". So tragies en hartseer. Wat gaan aan met ons? Sien ons nie wat ons doen nie? Ons maak so maklik tyd vir werk, vir sport, ja selfs die getroue ou sepie saans, maar die gesin kom tweede laaste. Ek s tweede laaste, want ek glo gewoonlik kom die Here heel laaste. En dis hoekom daar so min vervulling in ons lewens is. Die meeste tyd word in beslag geneem deur dit wat soveel van ons met 'n passie haat. Jy sien, jy is waarskynlik bang dat jy jou werk gaan verloor. Probleem is net, dis makliker om 'n ander werk te kry, as 'n ander gesin. Ons vrouens/mans en kinders en God hoor daagliks, ek kan nie nou nie, maar die baas hoor dit nooit.

Daar is 'n tyd vir werk, en 'n tyd om te rus. Daar is 'n tyd om te verdien, en 'n tyd om te spandeer. Daar is 'n tyd om vir die werk nee te s, en vir die kinders ja. Daar is 'n tyd vir laat werk, maar 'n tyd vir die gesin. Daar is 'n tyd vir vriende, maar ook 'n tyd om aan jouself te spandeer. Daar is 'n tyd vir oortyd, maar ook 'n tyd vir speeltyd.... So kan ons aangaan.

Daar is iets soos tyd, maar iets groter, wat ons prioriteit (priori-"TYD") noem.

Die vraag is net: "hoekom is di wat die kosbaarste in ons lewens is, nie meer tyd werd nie?

As jy Saterdag vir die baas kan s, nee jong, vandag kom my seun se sportwedstryd eerste, sal jou kind dit nooit vergeet nie. Ons leer ons kinders ook om soos ons te wees. Om te buig voor die tydgod. Dit was nie die Here se bedoeling toe Hy tyd geskep het nie.

Lewensgeluk kom as ons meer tyd maak vir belangrike dinge:

Stiltetyd - om God se aangesig te soek.

Gesinstyd - om jouself totaal vir jou geliefdes te gee.

Speeltyd - om af en toe tyd vir jouself te gebruik.

Bedientyd - om ander se lewens positief te benvloed.

Ons hoef nie tyd te mk nie. Die Here het dit klaar gemaak. Ons moet net besluit hoe ons die tyd gaan aanwend.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)