VAN MELK NA VASTE KOS


Die geboorte van n baba is n ongelooflike wonderwerk! Ek dink jy sal saamstem dat daar n rits dinge gebeur wat ons medies kan beskryf, maar wat bokant ons menslike begrip en verstand is. Dit sal altyd n wonderwerk bly. Na die baba gebore is, gebeur daar iets wat nog meer ongelooflik is, en dit is dat die baba self begin asemhaal. En dan, wanneer die baba naby sy ma se bors gebring word, doen hy n bonatuurlike ding vanself: hy begin suig. Iets wat baie, baie komplekse sametrekking van spiere behels, en hy doen dit outomaties. Hy suig, want om een of ander rede weet hy daar is voedsel. Melk. Melk wat elke enkele bestanddeel bevat wat lewe kan onderhou. Jy kan nie vir daardie baba n stuk biltong gee nie, dit sal hom doodmaak. Soos wat tyd egter aanstap het die baba meer as melk nodig. Die Here voorsien die tande om mee te kan kou; die baba begin vanself sy behoefte wys na iets vaster wanneer hy die kos uit sy ouers se borde uithaal en in sy mond druk. So gaan sy dieet van melk na Purity, na gemaalde groente, vleis, beskuitjies, ens. Soos hy groei het die kind meer nodig as net melk. 

Net so is dit met die mens wat tot bekering gekom het en n geestelike baba is. Hy begin groei in sy Geestelike lewe, sy verhouding met God verdiep, hy verstaan meer en meer en kan naderhand meer in die geestelike realm absorbeer as direk na sy bekering. Dis n natuurlike proses waardeur ons almal moet gaan. Maar .... n nuwe bekeerling kan n gevaarlike affre wees. Hy kan bv. nie net inspring en diepgewortelde lering aanbied nie, hy moet self eers die Geestelike groeipad stap. Dis die een kant. Aan die ander kant is daar baie mense wat na bekering net nie uit die geestelike doeke kom en gespeen raak van die melkbottel nie. n Baba is n oulike dingetjie, maar hy kan nie vir altyd n baba bly nie. Hoe sal dit lyk as n groot man, met harde baard melk uit n bottel drink en in n stootwaentjie l? 

1 Kor 3:1-9
Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want julle is nog wreldse mense. Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wrelds is en julle wrelds gedra nie? As een van julle s: Ek is vir Paulus, en 'n ander: Ek is vir Apollos, is julle dan nie nog wrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. Julle is ook die gebou van God  
 

Dit lyk my Paulus is nogal opgeruk met die mense. Dis vir my duidelik dat hy hier praat met kerkmense, gelowiges, wedergeborenes. Hy s eintlik vir hulle: julle is nog soos kinders wat twis en stry. Soos kleintjies wat op die speelgrond die hele tyd stry en baklei: is, is nie; my pa is sterker as joune, ons kar is vinniger as julle sn. Onbenullige snert waaroor kinders kan stry. Net soos ons as Christene met mekaar doen. Ons stry en stoei oor die mees onbenullige goed, en as ons genoeg stoei, dan stig ons sommer n nuwe kerk (en n politieke party om daarby te pas). Paulus voel dat hierdie mense, wat al n lang pad met die Here stap, verby hierdie onbenullige goed moet wees. Die verkeerde goed is vir hulle belangrik. Ek is vir Paulus, ek is vir Apollos. Ek hou nie van Angus Buchan nie, ek hou van Joyce Meyer, ek, ek.... En dis die probleem wat te voorskyn kom as ons nog Geestelike melk drink. n Vrou bel my eendag en trap my uit oor die Geestelike program op Sondagaande. Ek wil nie na dominees en pastore luister nie. Ek, ek, ek! Ongeag of die Here daardie mense kragdadig gebruik of nie. Die dominee moet sus en so maak, en ook die kerk. Hulle moet na my pype dans, en my behoeftes en grille bevredig. Dit laat my dink aan n fliek wat ek lank terug gesien het waarin hierdie reuse plant so oopmaak, en s: feed me! ... of ek raak vreeslik kwaad.  

Heb 5:11-14
In verband hiermee het ons baie te s wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer. Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie. Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.            

Hebrers is nie deur Paulus geskryf nie (sover ons weet), en tog gebruik die skrywer hier dieselfde beeld. Hierdie beeld s ons moet aanbeweeg. Ek het al soveel stryery in my lewe gehoor oor die doop, die skepping, die eindtyd, watter klere is aanvaarbaar as kerkklere, sing in die kerk, kitare in die kerk, spreek in tale, hoe ons moet bid, huis skoonmaak van allerlei beeldjies en goed, omval onder gebed, ens. Hoewel baie van hierdie baie belangrike sake is, hoort baie daarvan by melk-drink. Baie van hierdie goed gaan oor onsself: watter voordeel is daarin vir my? Laat dit my lekker voel? Kan dit vir my voorspoed en gesondheid verseker? Heb 5:14 s vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Dis ernstige woorde hierdie. Jy kan n jong seun van 14 kry wat meer as 6 voet lank is, 90 kg weeg, n bondel spiere is, n uitnemende sportman, n skerp skaakspeler, n no 14 skoen dra en sy pa arm druk dat hy brul, maar hy bly steeds n kind. En Paulus, Petrus en die skrywer van Hebrers s: Geestelike rypheid kom met tyd, deur tyd te spandeer met die Here, te leer by leermeesters. n Pas gegradueerde persoon kan nie vir hardebaard sakemanne as konsultant gaan optree nie, hy het eenvoudig net nie die ervaring nie. Christene wat op vaste kos is, beweeg vorentoe, dieper in hulle Geestelike ervarings, nader aan die Here, neem toe in wysheid, kennis en insig. En ja, al verskil ons steeds oor baie dinge van mekaar, definieer dit nie meer ons Geestelike lewe nie.

Kom ons kyk na n paar verskille tussen melk en vaste kos: 

MELK

VASTE KOS

Word gevoer

Eet self

Bly by eenvoudige sake

Oordink moeiliker en dieper geestelike sake, doen selfstudie, redeneer met wysheid

Onseker, word maklik benvloed

Het sekerheid, is standvastig in geloof, kan geestelik onderskeid tref tussen reg en verkeerd

Ongehoorsaam

Hoor en doen

Word deur die vlees beheer

Geesvervuld

Net ingestel op eie behoeftes

Diensbaar, nuttig

Word nog gelei soos n blinde

Word n leier

Beheer deur eie begeertes (liefdeloos)

Vrug van die Gees is duidelik

Gebruik gawes vir eie gewin

Gebruik gawes om die Koninkryk te bou

Daar is sekerlik baie meer dinge wat mens kan noem. Maar die een ding wat uitstaan is dat mense wat vaste geestelike kos inneem, wegdraai van hulleself en hulle eie Geestelike behoeftes af. Ons eie Geestelike behoeftes moet vervul word, sodat ons dit kan aanwend tot meer en dieper dinge. Mense wat vaste kos eet, kan ook ander se sieninge respekteer sonder om hulle Geestelikheid in twyfel te trek, en hulle te veroordeel.

 Kom ons konsentreer op belangrike dinge, dinge wat tot stigting van God se gemeente is, dinge wat ons opbou en nader aan Jesus laat groei. Ons vang partykeer dinge aan wat maak dat die ongelowige mense vir ons lag, en dis ons eie skuld. Dis melkkos. Vastekos laat ons dinge doen wat mense na die Here toe aantrek.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)