VYF KLIPPIE-GELOOF


Besige tye, swaar tye, uitdagings . Dit vra nogal vernuftigheid en beplanning, of hoe? Hoe groter die uitdagings, hoe groter die planne. Hoe groter die golwe, hoe groter moet die boot wees. Hoe groter die leeu, hoe groter die geweer se kaliber. Hoe groter die berg, hoe groter die pakkaas wat ons saamdra om daaroor te kom. Klink dit vir jou so bietjie bekend? Verlede jaar op die Mighty Men Konferensie s Angus vir die besigheidsmanne: Ouens, as dit moeilik gaan, hou op planne maak, vertrou die Here. Dit klink sinneloos, of hoe? Natuurlik moet ek vernuftig besigheid doen, meer risikos neem, ander uitoorl sodat die kompetisie minder raak ja, dis nou maar eenmaal die mens se reaksie: hoe groter die probleem, hoe groter die planne. Aan die een kant is dit reg, maar in geestelike terme lyk dit of ons soms die onlogiese moet doen. Het jy geweet Christenskap is nie logies nie? Jy glo bv. in Iemand wat jy nie kan sien nie. Jy veg heeldag teen jou ingebore emosies: woede, begeertes, ens. en dan wil jy verlossing h sonder om iets daarvoor te doen. Nog ander onlogiese goed is om die ander wang te draai as iemand jou klits. Jy moet vir jou vyand bid, jy moet hulle selfs sen. Dit lyk asof Christenskap nie sin maak nie! 

Nou ja, al hierdie goeters hang aan een haak, en dis die haak van geloof. Wel, almal glo iets. En hier is nog iets wat nie sin maak nie: ons wil s: Hoe groter die probleem, hoe groter moet die geloof wees. Daarom glo ons in n groter boot vir die storm, en n groter kanon vir die oorlog. Dit lyk my egter die Here werk anders. 

1 Sam 17:38-50
Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek: hy het 'n bronshelm op sy kop gesit en hom 'n harnas laat aantrek, en Dawid het Saul se swaard bo-oor sy uitrusting vasgegord. Maar hy kon nie loop nie, want hy was dit nie gewoond nie. Dawid s toe vir Saul: "Ek kan nie hiermee loop nie, want ek is dit nie gewoond nie." En Dawid het dit uitgetrek.
Hy het sy kierie in sy hand gevat, vyf gladde klippies in die spruit uitgesoek en dit by sy skaapwagtersgoed in sy slingersak gesit. En met sy slingervel in die hand het hy op die Filistyn af geloop.
Die Filistyn het al hoe nader gekom na Dawid toe, terwyl sy skilddraer voor hom was.
Toe hy vir Dawid sien, het die Filistyn hom met minagting aangekyk omdat hy jonk was, met 'n rooi gelaatskleur en 'n mooi voorkoms.
Die Filistyn het vir Dawid ges: "Is ek 'n hond dat jy met kieries na my toe kom?" Hy het Dawid toe in die naam van die Filistynse gode vervloek.
Verder het die Filistyn vir Dawid ges: "Kom 'n bietjie hier dat ek jou vleis vir die roofvols en vir die wilde diere kan gee."
Maar Dawid s vir die Filistyn: "Jy kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar k kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvols en vir die wilde diere gee, sodat die hele wreld kan besef dat Israel 'n God het.
Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee."
Toe die Filistyn regmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid die Filistyn vinnig op die vegterrein tegemoet gehardloop.
Toe steek Dawid sy hand in die sak, vat 'n klip daaruit, gooi met die slingervel, en tref die Filistyn teen die voorkop. Die klip het in sy voorkop ingedring, en hy het vooroor geval op die grond.
Met die slingervel en klip was Dawid sterker as die Filistyn en het hy hom verslaan en doodgemaak. Dawid het nie eens 'n swaard by hom gehad nie! 

n Bekende stukkie geskiedenis van Dawid en Goliat. Kan jy glo dat Saul hierdie geveg toelaat? Hy gaan kies nie die grootste kryger in sy ler nie. Hy laat toe dat hierdie jong seun die reus gaan aandurf. Ek dink dit het ook nie vir hom sin gemaak nie. Hy gee egter vir Dawid sy bronshelm, harnas en swaard. Maar Dawid voel toe anders. Hy voel dis so n bietjie van n overkill. Dawid het seker so by homself gedink: Hemel ouens, dis net n mens. Ek hoef net op een Persoon te fokus. Ek hoef net op een Element te konsentreer, en as ek op die een Element fokus, gaan ek reg wees. En daardie Element was ni Goliat nie! Daarom vat hy die slingervel en vyf klippies. Hy kies nie die swaard-opsie nie. Dawid fokus nie op die reus nie. Hy s:

1 Sam 17:45-47
Maar Dawid s vir die Filistyn: "Jy kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar k kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvols en vir die wilde diere gee, sodat die hele wreld kan besef dat Israel 'n God het.
Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee."

Dawid fokus op die Here. Toe Dawid se probleem groter word, toe word sy toerusting kleiner, want sy geloof was nie in sy toerusting nie, maar in die Here. Jy sien, Dawid was dalk heimlik bly dat Goliat so groot was; dalk het hy in sy gedagtes gedink: Mens, ek is so bly jy is so groot, want nou kan ek jou nie mis nie! Dis dalk moeilik om n voltjie met n slingervel dood te gooi, maar Goliat, dankie dat jy so n groot teiken is! 

Groot geloof vra nie groot tools nie, al is dit wat ons wil doen. Ons wil n groter boot h as die golwe groter word, en die wind sterker word. Lyk my egter met die Here aan jou sy moet jy altyd die onlogiese aanvang. 

Matt 14:22-32
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan.
Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor.
Met dagbreek die volgende mre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom.
Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en ges: "Dis 'n spook!" Van angs het hulle hard begin skreeu.
Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en ges: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie."
Toe s Petrus vir Hom: "Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom."
"Kom!" s Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.
Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: "Here, red my!"
Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom ges: "Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?"
Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan l.

Kan jy sien wat Jesus doen met sy dissipels? Toe die wind sterk was, tower Hy nie vir hulle n groter boot op nie. Nee, Hy loop sommer net na hulle toe op die golwe, en Hy nooi toe selfs vir Petrus om dit te doen, en Petrus glo s sterk, dat hy die uitdaging aanvat. Hy loop bo-op die water, totdat hy op die wind fokus en nie op die Here nie. Eers t sink hy. Nou vra ek vir jou: Hoe het hy teruggekom in die boot? Het Jesus hom gedra? Het Hy geswem, of water getrap, of het hy dalk op die water geloop saam met Jesus? Ek glo hy het geloop, want sy redding was nie gesetel in die grootte van die boot nie, maar om sinneloos, roekeloos te glo. 

Matt 14:15-21
Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom s: "Dit is 'n afgele plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe."
Maar Jesus s vir hulle: "Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet."
Hulle s toe vir Hom: "Ons het hier net vyf brode en twee visse."
"Bring dit vir My hier," s Hy.
Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die sen. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee.
Al die mense het geet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het.
Daar was omtrent vyf duisend mans wat geet het, afgesien van die vrouens en kinders.

Net vyf brode en twee vissies, en die Koning van die konings. 

Vreemde ding, hierdie geloof storie. Niks maak sin as mens met menslike o hierna kyk nie. My vriend, as dit gewerk het soos n mens se brein werk, het jy nie vir God nodig gehad nie. Kan jy sien dat jy vyf klippie-geloof, vyf broodjie-geloof nodig het? Mosterdsaadjie-geloof? Loop-op-die-water-geloof? 

Hoe lyk jou uitdagings in hierdie tyd in jou lewe?

         Voel dit vir jou of die reus besig is om op jou af te storm? Met n swaard en n spies en n lans? Dryf dit jou rasend dat jy nie genoeg toerusting bymekaar het nie?
         Voel dit vir jou of die golwe jou boot gaan omgooi, omdat die branders hor is as die boot se kante, en omdat jou boot al hoe kleiner lyk teen die storm?
         Voel dit vir jou of jou twee brode nie eers een dag ver gaan strek nie, wat nog van om 5000 te voed? 

Wel, as dit waar is, het ek net een stukkie raad vir jou: loop die onlogiese pad wat hierdie gelowiges voor jou gestap het: los die swaard en die borsharnas, klim uit die boot uit en loop op die water. Gebruik wat jy het. Hier is die resep: 
1)      Stap spruit toe, en kry vir jou vyf klippies
2)      Trek jou skoene uit vir gemaklike waterstap
3)      Vat nt die broodjies en vissies in jou huis. 

Dis die bestanddele. Die metode is as volg:
Draai alles toe in n klein bietjie mosterdsaad-geloof. Moenie meer as dit gebruik nie. En dan: wag! Jy prop nie n koek in die oond en pluk hom dadelik weer uit nie. WAG.

Jy sien, die Here werk nie soos ons nie. Hy werk anders, menslik gesproke onlogies en sinneloos. Dawid het n koning geword, Petrus n prediker van formaat, die volk is gevoed. En jy? Jy word n wenner.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)