DINK AAN DIE HERE IN JOU JONG DAE .... VOOR DIE SWAAR TYE KOM

Die lewe het 'n einde, is jy reg daarvoor?

Pred 12 : 1-7

Die einde kom, is jy reg daarvoor? Is jy bang daarvoor? Waar gaan jy heen? Weet jy wat aan die "ander kant" wag?

Ons is sterflike wesens, die lewe het 'n begin en 'n einde

Prediker sê:- "Dink aan die Here in jou jong dae, voordat die swaar tye kom….."
Of jy 35 of 80 jaar oud is, hierdie feit staan vas, maar wat maak jy met die gedagte? En maak jy voorsiening daarvoor?

In 'n boek van Max Lucado word 'n verhaal vertel van 2 persone wat elkeen 'n kasteel bou.
1) 'n Klein seuntjie wat 'n sandkasteel op die strand bou. Hy weet die kasteel gaan met hoogwater wegspoel, maar hy is heel gelukkig daarmee, dit is deel van die pret. Hy het reeds voorsiening gemaak vir die gedagte dat daar niks gaan oorbly nie.
2) 'n "Executive" wat 'n "empire" in die sakewêreld bou deur sy hele lewe, maar nie wil aanvaar dat hy eendag nie meer die koning van sy kasteel gaan wees nie. Hy raak paniekbevange en spook en spartel vir jare om vas te hou aan iets wat vergaan. In die proses verloor hy sy lewensvreugde en verloor later alles in die proses.

"Dink aan die Here in jou jong dae, voordat die swaar tye kom….."

In vers 7 staan:-
"Dan word die mens weer stof soos vroeër, en sy lewensasem gaan terug na God toe, waar dit vandaan kom".
Die mens se atome bestaan nog van die begin van die skepping af, en "stof tot stof" is dus wetenskaplik heeltemal korrek.
Maar met geboorte word 'n nuwe siel aan die mens toegeken, wat terugkeer na die Here toe as jy Sy kind is.
Dus:- Ons woning hier op aarde is tydelik, kom ons aanvaar dit!!

Hoe lyk 'n voortreflike laaste tyd in ons lewens? "Ending well"?

Dis om te besef dat ons 'n kosbare, rustige laaste tyd saam met die Here, en ons geliefdes, kan geniet.
Ons word volgens Psalms, ongeveer 80 jaar oud. Dit is ongeveer 4100 weke wat ons leef. Hoeveel hiervan het ons geniet? Hoeveel het sin gemaak? Wat het in hierdie tyd sin gemaak? Watter verskil het ons aan ander mense gemaak?
Is dit te laat om nou nog 'n verskil te maak? NEE, VERSEKER NIE!!!

Kom ons doen 'n voorradopname

Gooi 'n albaster in 'n bottel vir elke week wat nog oor is voor jou 4100 lewensweke verby is. Haal dan van nou af elke week een albaster uit en sien hoe vinnig die bottel leeg loop. Skrikwekkend!
Aan die positiewe kant, as die bottel leeg is en ons leef nog, is dit God se genade! Kom ons geniet dit.

Wat maak ek met die tyd wat oor is?

· Spandeer meer tyd met familie.
· Sorg dat daar geen onafgehandelde sake is nie, maak alles reg voor dit te laat is.
· Geniet jou vriende.
· Begin 'n lekker stokperdjie of sport, dis nooit te laat nie!!
· Maak 'n verskil aan ander te lewens, doen iets vir ander.
· Ontwikkel 'n positiewe en opgewonde lewensuitkyk.
· Doen daardie ding wat jy nog altyd wou doen.
· Bestudeer die Bybel.
· Leer ken die Here beter.

Moenie dat die aantal albasters in die bottel jou lewensvreugde steel nie.

Joh 10:10 "Ek wil vir jou die lewe geen en dit in oorvloed….."
Oorvloed vrede, oorvloed lewensvreugde, oorvloed rus, oorvloed van alles.

Met jou wedergeboorte, verander jou begrip van tyd. Dan loop jou albasterbottel nooit leeg nie. Dan word die bottel irrelevant, want jy kry nie 'n groot genoeg bottel vir al die weke nie. Saam met Jesus wil jy nie hê die bottel moet leeg word nie.

 

TERUG NA KAMP-ONDERWERPE