|
VRY
VAN JOU VERLEDE Harold Kushner skryf in sy boek, "When bad things happen to good people", dat nie een van ons gevrywaar is van terugslae en hartseer nie. Ons lewe in 'n gebroke wêreld, met baie stukkende verhoudings. Baie van ons dra griewe en wrokke teenoor iemand anders. Dit is wêrelds om iemand terug te kry - "revenge is sweet". Ons moet by hierdie terugslae verbykom en weer 'n gelukkige persoon word wat ons doelwitte nastreef. God wil nie hê dat ons die vrugte van ons sondige natuur sal dra nie, maar dat ons innerlike vrede sal hê deur te vergewe soos Hy vergewe. Galasiërs 5:22-26 - Vrugte van die Gees. If it's going to be - it's up to me! Moets en moenies om
ontslae te raak van hierdie bagasie wat jy saamdra Mattheus 6:12-15 en Romeine 12:17-19. Die bron en inhoud van
vergifnis is die liefde van God in Jesus Christus vir elkeen van ons. God
wil hê ons moet mekaar vergewe soos hy ons vergewe. Onvergewensgesindheid skep 'n tronk met tralies van trauma, pyn, bitterheid, skuldgevoelens, siekte, trots, verwerping, haat, afguns ens. wat gedrag vorm soos manipulasie, onttrekking, besitlikheid, 'n kritiese gees, ongeduld, wantroue, oneerlikheid en afkeuring. Voordat jy iemand kan vergewe, moet jy hom/haar eers as 'n mens raaksien, en nie as die oorsaak van jou pyn nie. Dit is hoe die Here met ons maak - Hy het een van ons geword; Hy het dieselfde gevoelens as ons gehad. Hy verstaan ons frustrasies en daarom kon Hy dié wat Hom gekruisig het, vergewe. Jy moet daaruit leer Leer uit jou terugslae en foute - sien dit as rigtingwysers en leermeester wat oor jou pad kom. Leer ook uit ander mense se foute. Jy moet opstaan Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie - jy moet net weer opstaan. Moenie moed opgee nie. Jesaja 1:18. Moenie jou skuld ontken nie Hou op om vinger te wys en erken jou aandeel. Dit maak jou 'n groter mens. Dit vat "guts" om te sê jy is jammer. Spreuke 28:13 en Lukas 6:37. VERGIFNIS IS NIE... · om net te sê alles is
OK nie MAAR.... God vra dat jy altyd sal
kies om dié te vergewe wat jou te na gekom het! VERGIFNIS BEGIN MET ... · die maak van 'n
diagnose - Mattheus 18:21-22. Genade is nie logies nie, anders is dit nie genade nie. As ons genade goedkoop maak, spot ons met God. HOE VERGEWE EK? 1. Skryf die name en
gebeure neer. Moet jy God vergewe, jouself, jou gesin, familie, die werk
of vennote, vriende, organisasies, mense wat reeds afgesterf het?
|