Klik om kamp foto's te sien >>

Nou ja, ons is terug na 2 ongelooflike dae saam met ’n inspirerende groep gestremde persone, ’n toegewyde en ywerige ondersteuningspan en hartlike gashere,  geborg deur vrygewige weldoeners . Ons het lewensstories gedeel van moed en deursettingsvermoë, van seer en swaarkry, van oorlewing en wonderwerke. Ons het stories gehoor van die Here se goedheid en getrouheid, van Sy vergifnis en nuwe lewe. Ons het saam gedroom oor ’n toekoms van hoop en oorwinning, van ’n lewensverhaal wat goed sal eindig. Dit was 2 dae waarin ons baie pret gehad het, waarin ons onvoorwaardelike liefde beleef het, onverwagse drukkies gekry het, waarin ons net weer in dankbaarheid kon besin oor ons eie voorregte en seëninge.  Ons dank die Here vir hierdie voorreg.  Wilna

Ek het die naweek 'n paar uur by die kamp deurgebring en weereens tot die besef gekom dat ons wat onsself as "normaal" klassifiseer so 'n wanbegrip van die lewe het. Hier is die wonderlikste groep mense wat ons soveel leer van waardering in als wat ons as vanselfsprekend beskou - om gemaklik te kan loop, om goed te kan vat en voel met ons hande, om te weet hoe lyk rooi, om te kan praat en hoor en sien -en hulle doen dit sonder dat hulle dit eers besef deur net hulself te wees! Ek wens die hele wêreld kon dit sien... 

Wat 'n voorbeeld is julle nie vir ons nie - waar ons sal wegskram en in ons gejaagde gemaksone lewe en mekaar soms verwerp sal julle altyd plek hê vir nog 'n vriend om jul lewens mee te deel, selfs mekaar help waar ons maar elkeen net sy eie ding wil doen wat hom laat 'tick'. Julle is gevul met kinderlike vreugde wat my laat skaamkry en ek weet dis nie altyd 'n maklike paadjie om te loop nie, maar julle doen dit en julle wys ons wat menswees regtig is. Julle maak ons beter mense en ek sê dankie daarvoor en vir die lekker tydjie wat ek met julle kon deel en wens julle soveel meer vreugde en liefde toe as wat julle harte kan dra. 

Dan is daar natuurlik ook die engele wat die hele kamp dra waarvoor ek net kan sê baie, baie dankie vir julle liefde vir die saak en alles wat julle so onbaatsugtig van julself gee om ons mense so te bederf. Dit verg baie werk, beplanning, tyd en aandag en ons waardeer alles wat julle insit en besef net elke keer watse goeie harte julle het om daarmee te kan volhou. Baie dankie ook aan die borge en skenkings wat hierdie kampe moontlik maak - julle maak 'n verskil en dis dit werd! 

Ek het vanmiddag hierdie klompie so bekyk hoe hulle met blink ogies en vol smiles van speletjies en lekker kos gepraat het en gesien hulle is weer gelaai vir die lewe! 

Duisende dankies julle almal

Liefde
Brentia


Die kamp die afgelope naweek was weer ‘n heerlike byeenkoms van nie-gestremdes en gestremdes van uitlopende aard. Die aktiwiteite waaraan daar oor die twee dae deel geneem is was aangenaam en die gesprekke en lesings was insiggewend. Baie interessant is die feit dat die preek van Sondagoggend, wat gedeeltelik oor die bad van Bethesda gehandel het, die Sondag aand in die preek oor R S G ook behandel is, alhoewel ek nie die hele insetsel geluister het nie. Weereens die tyd afgestaan deur die organiseerders en hulpverleners word hoog op prys gestel. 

Groete
Rudolf


ELKE MENS HET 'N STORIE. 

Dit is seker ons 6de kamp. Op elke kamp leer jy iets van jouself. Op die 1 ste kamp het ek gehuil om op die mikrofoon te praat, nou geniet ek dit.  Ek het ook geleer dat jy eninge iets kan doen, net wat jy voel jy kan. So het ons ’n groep begin, Moot Gestremdes . Ons missie is om gestremdes sover as moonlike te ondersteun om sin vol besig te hou met aktiwiteite en handvaardighede en om selfstandig te funksioneer. Ons wil uitreik na gestremdes van alle vlakke van die gemeenskap om hulp aan te bied waar dit nodg mag wees ,verder wil ons as organisasie mense bemagtig om selfstandig en op hul eie te kan oor die weg te kom.   

Die kampe laat jou voel of jy 'n week op vakansie was, al is dit nie so nie. 

Die kamp : Elke mens het 'n storie het my baie laat na dink, en na myself laat nadink en wonde oopgemaak wat seer maak en wat ek sal moet deurwerk. 

Dankie vir elkeen wat die kampe moontlike maak, selfs die borge, sonder julle sal daar nie so kamp kan wees nie en dit beteken vir elke gestremde vreeslik baie. 

Groete
Essie Welman


On the 18/9 October 2014, three males from the Phyllis Robertson Home for Adults With Disabilities went off to the Deo Volente (Latin meaning ‘ the Strength of God’) camp – that’s situated to the North East of Pretoria.  Apart from enjoying sumptuous (and I really mean SUMPTUOUS) meals, we and the other campers who mostly suffered from some-or-other disability had a chance to do a lot of soul-searching.

 

The theme of the camp was ‘Every Person has a Story’.  Every person has a unique story to tell about their lives, and how THEY chose to interpret it.

It is also heavily influenced by their life circumstances.

 

 One of the things about people who fall under the category “disabled – and their direct families - have to look at life differently than ‘normal’ people.  The person who falls under the disability-label is faced with numerous challenges that ‘normal’ people don’t typically think about e.g. how to buy a loaf of bread at the local café.  Most people don’t have to think about it BUT a Person With a Disability has to - and everything becomes a gargantuan challenge for them to keep up with society.  They have to think where they’re going to buy that loaf of bread, how they’re going to get there, are they numerate i.e. can they add/ subtract cash, what will the reaction be of the ‘normal’ bystanders towards them (because people are ‘scared’ of things that they’re not familiar with) … and there are lots of other daily difficulties as well.

 

Upon our arrival at the camp, we were all given a pack-of-cards that was a good symbolic way to tell the camp-attendees that we are all dealt a hand at our birth – and it’s really up to us to decide how we’re going to play the hand that’s dealt to us.  They mentioned that some people were born with very good cards … but they manage to throw it all away by e.g. becoming a drug addict; but on the other hand: some people were born with poor cards … but they manage to live a superb life.  It depends on the choices they end up making to play those cards.

 

The dominee who came, Ian Dubery, had a regular birth and early-childhood – except that by the age of 4 he had decided to follow his religious calling.  (In other words when most other children his age were thinking about Lego building blocks, he was thinking about greater things.)  He fell sick as an adult when he was working in an old-age home in England.  So, using his Christian faith, he prayed and he chose to follow his gut instinct (i.e. his inborn and learned instinct).  He’s now going to get married next year … which the medics had said that he never would do … and that he’d accepted … before he followed his gut.

 

One thing that I learned in my Psychology studies is that one of the most powerful messages that a person can give, is to show them a living example of whatever the person’s talking about.  I therefore think that Ian can do a lot to enable people to see the power of the spirit. 

 

 “ we are representatives of many of the things that they must fear – tragedy, loss, dark and the unknown.  Involuntarily we walk, or more often sit, in the valley of the shadow of death.  Contact with us throws up in people’s faces the fact of sickness and death in the world, which in themselves are an affront to all our aspirations and hopes.  A deformed and paralysed body attacks everyone’s sense of well-being and invincibility.  People do not want to acknowledge what disability affirms – that life is tragic and we shall all soon be dead.  So they are inclined to avoid those who are sick or old, shying away from the disturbing reminders of unwelcome reality.”

 

Disability: Whose Handicap? Ann Shearer. Basil Blackwell Publishers Ltd. (1981) 

 

SNAP! 

 Derick Poremba-Brumer B.A. (U.P), Further Diploma in Education – Severe Disabilities (U.P.), Trauma Counseling (INTEC), Logotherapy Advanced - NQF level 7 DISTINCTION (UNISA - Centre for Applied Psychology) (a Doctorate is NQF level 8) 

 Even if I say so myself: not bad for a guy who nearly died in 1986!


Ons almal leef in ‘n gejaagde wêreld… soms leef ons ‘n ‘’ingekeerde’’ lewe…. besig met ons eie dinge, met ons eie probleme of bekommernisse…. So het elke mens ‘n storie om te vertel.

Met sulke kampe bied dit ‘n bushalte… Ja! ‘n ‘’geestelik vulstasie’’ – waar jy jou fokus kan verskuif waarheen jy met jou lewe gaan. By hierdie ‘’bus halte’’ ontdek jy weer die waarde van die lewe opsigte van… en met jou medemens  - belangriker nog – jou verhouding met jou God… Dit rig jou voetspore weer in die regte rigting en jy besef weer dat jou lewe nog ‘n doel het -  terwyl jy nog leef…

Die Saterdagaand se konsert was die beste nog wat ek nog beleef het… ‘’All stops were pulled’’ en elke item het, ons as toeskouers in ‘n vervoering gehad…

Soos altyd was die reëlings van die kamp puik soos ALTYD! Ek kan net my diepste waardering teenoor die bestuur en veral teenoor die helpers uitspreek met ‘n ‘’job well done!’’

Soos die nuwe gesigte by die afsluiting gesê het… Op hierdie kamp het almal ons, ons voetspore weer gerig na God toe… Dus - almal het tot besef gekom om die lewe met lewenslus te leef met Jesus in ons harte …

Nogmaals, ‘’baja’’ dankie vir ‘n lekkerrr kamp… 

Christo du Plooy




|Terug na Heuning Hoofblad|