|
Klik om kamp foto's te sien >>
Vir 'n vyftiende keer het ons hierdie
heerlikheid beleef om saam met 'n klompie gestremdes 'n kamp
te hou. Soos iemand tereg gesê het: niemand van hulle is
gestremd nie, ons beleef net almal verskillende uitdagings -
party moet harder werk om van punt A na B te kom as ander,
party moet harder konsentreer om iets te verstaan, of om
jouself verstaanbaar te maak of om die vingers te laat vas
vat en ander moet dalk alternatiewe sintuie inspan om oor
die weg te kom. Wat ons almal egter in gemeen het, is dat
die Here ons gemaak het, ons ken, ons verstaan, ons liefhet
en ons naam in Sy handpalm gegraveer het. Die tema van die
kamp was C.H.O.M.P. - ons het natuurlik heelwat van dié
soetigheid geniet, maar die soet boodskap daarvan was:
Christus Help Ons Met Probleme. Ons het saam hieroor gesels,
nagedink, gesing, gebid en is vervul met die sekerheid dat
die Here luister en help.
Ons het gespeel, gewerk, gelag en geëet. Ons het nuwe
vriende gemaak en tot laat gekuier terwyl ons na mekaar se
stories geluister het. Ons het die Here geprys met
lofliedere, ons het stilgeword by Sy voete, ons het Hom
aangeroep vir Sy hulp en is oorvloedig geseëen!
Hier volg 'n klompie terugvoer van
persone wat die kamp bygewoon het ... |
|
Hellooo!
To all my existing camp friends, and a special hello to the
new friends I was most fortunate to meet this weekend!!!
So, we all were
blessed to come together once again hear on Wally's farm for
another Heuning camp, and the joy and gratitude I feel at
the end of such a weekend, I have to say, is not felt a lot
in my life. So I would love to give a real special thanks to
Willem and Wilna, Dennis and Marietjie, Noddy, Rickes and
Erica. Like I said at the camp feedback, without all you
caring souls, events like the Heuning camps, and the fun
that goes along with it, would not be made possible.
NOOO, I did not
forget the loving people that financially sponsored the
event. You are getting your very own paragraph. He he.
No, seriously. On
behalf of every Heuning camper, our thanks and gratitude as
well as the Lords love to all of you!!!
Highlights of the
weekend:
The socialising, the worshiping, hearing
people’s heart felt stories, swimming and off course:
THE HEUNING CAMP CONCERT. I really hope
the [MY TAND IS SEER, HELP MY DOKTER!] video will also make
it onto the website.
PS Lindy, we all missed you so much. Hope
to see you at the next camp!!
Elmar |
|
Elke
kamp het ‘n tema!! Hierdie kamp s’n was CHOMP!!!! Christus
Help Ons Met Probleme!!! Dankie vir die voorreg om weer
deel te kon wees van die naweek kamp! Die saamwees van mede
gestremdes laat ons net weer besef hoe uniek God ons geskape
het. Ons vul mekaar aan soos God dit bedoel het in Sy plan
vir ons almal!!
Ek onthou hoe daar oor die radio vertel is van die komende
eerste kamp vir gestremde persone [2009], ek het gedink: “
Sjoe!! Dit sal baie lekker wees om so kamp te kon bywoon.”
Gehoop dit sou dalk weer aangebied word…. Toe gebeur dit
weer in Maart 2010!!! Willem Botha [omroeper by Radio Rippel]
het die volgende kamp vir gestremde persone aangekondig. Ek
het gebid: “Here, stuur asb mense met ‘n positiewe uitkyk op
my pad!! Ek’s so moeg van klagtes, neergedruktheid,
negatiewiteit en depressiwiteit met stress daarby!! Verander
my hart, o Heer. Maak my meer ontvanklik vir U genade en
onvoorwaardelike liefde!! AMEN.
Daarna het ek vriende en familie genader om as helper vir
my, saam na die 2de kamp vir gestremde persone te gaan.
Almal het reeds ander reëlings gehad en verskonings!! My
skoonsus, Elsa, skakel my een middag: “Hou asb aan hier’s ‘n
man wat saam met jou wil gaan kamp,” sê sy. Toe antwoord my
pa die foon, “Ja”, sê hy, hy sal saam my gaan kamp.
Reëlings is getref en ons het gaan kamp. Op daardie kamp het
ek en my pa nuwe en ou vriende en familie ontmoet.
My gebed is verhoor! Die verhouding tussen my en my pa is
herstel. Vir die eerste keer kon ek en my pa oor alles en
meer gesels sonder enige ongemak. My pa het die ander ouers
met gestremde kinders ontmoet en besef, hy is nie alleen met
‘n gestremde dogter nie.
Daar was ook ‘n getroude gestremde paartjie, die Welman’s,
wat saam my op skool was. Ons het ‘n kuier gereël
by hul huis. So gebeur dit toe op 11 April 2010 dat ek my
toekomstige man, Christo du Plooy daardie dag ontmoet het!!
Maar dis ‘n volle verhaal van God se genade alleen! Indirek
was daardie kamp naweek die begin van my nuwe “Geseënde lewe!”
Saam het ek en Christo gepoog om ander vriende [ook
gestremd] saam te nooi na sulke naweek kampe!
30 April 2011 het ‘n bruid en bruidegom hul liefde vir
mekaar bely voor God en familie en vriende. Natuurlik was
daar gaste in rolstoele, selfs die predikant was in 'n
rolstoel!!
Elke kamp het ‘n ander tema. Die lofprysing is vir my die
lekkerste!! Konserte tydens die kamp naweke wys vele talent.
Gewoonlik is ek op ‘n hoë ”high” vir 2 weke na die kamp!!!!!!
Vertel vir almal wat wil hoor wat ons doen tydens die kamp.
Die interaksie tussen mede gestremdes en “nie”gestremde
persone het na my mening begin verander. Na 33 jaar se werk
as ontvangsklerk by Arbeidsterapie en Steve Biko Akademiese
hospital het ek afgetree en is tans betrokke by “Moot
Gestremdes”.
Vir elke borg wat iets geskenk het om hierdie kampe moontlik
te maak, sê ek uit my hart uit baie dankie! Vir elkeen wat
iets doen en bydra tot die kampe, baie dankie!! Julle sal
dalk nie nou weet wat dit vir ons geestelik beteken nie,
maar ek verseker julle dit… ek het daar vrede, vreugde en
genade ervarings gehad.
Jesus se liefde bid ek jul toe.
Hester du Plooy |
|
Baie
dankie vir 'n awesome kamp. Ons as gesin het geleer dat God
altyd teenwoordig is om ons te help met wat ook al gebeur.
Hierdie kamp het ons as gesin net weer kom herlaai en ons
geloof weer kom versterk. Dit het ons ook geleer om dankbaar
te wees vir dit wat jy het en om te onthou dit wat jy het
kom net uit God se genade en liefde na jou toe, ons moet
vashou aan geloop hoop en liefde.
Baie dankie dat ons as gesin weer deel kon wees van 'n
awesome groep.
Edgerton gesin |
|
Hi
Wilna,
Namens die
Smalbergers (groot en klein) en die 3 inwoners van Huis
Phyllis Robertson, wil ek net vir julle almal baie dankie sê
vir die C.H.O.M.P naweek.
Die naweek het my
net weereens laat besef hoe ons as mens afhanklik is van
mekaar, maar meer nog van ons Hemelse Vader. Ons vergeet
partykeer waar ons hulp vandaan kom en soek dit op ander
plekke – probeer so maklik op ons eie reg te kom as dinge
skeefloop. Ons moet net Ons Hemelse Vader vra, geduldig wag
en op Hom vertrou.
Wilna, dra as
asseblief ons dank oor aan almal wat betrokke was: Willem,
jouself, Dennis, Martjie, Noddy, al die helpers en vir Wally
–hulle. Die kamp was heerlik op alle gebiede. Sê ook
asseblief baie dankie vir Ian – sy dienste is altyd baie
treffende en op so ‘n manier dat dit vir lank onthou word.
‘n Groot dankie
dat julle ook aktief betrokke is by die Tehuis. Julle
besoeke is altyd ‘n hoogte punt op die kalender.
Mag julle (Heuning)
van krag tot krag gaan en ek bid die Hemelse Vader se seën
op julle toe.
Stephan |
|
Die
saamtrek van die Gestremdes... Sjoe... Die Kampe vir
Gestremdes is vir my soos ‘n ‘’geestelike reis’’ waarsonder
ek nie my lewe voort kan bou nie... Elke keer het ek iets
nuut gekry... uit die lesings – uit die spelletjies... Daar
is net iets om van jouself te leer.
So het almal byeengekom
om ‘n nuwe lewensuitkyk te kry... Ons gestremdes kyk mekaar
in oë en aanvaar mekaar se gestremdhede volkome... Daar word
gelag, gespeel – ja vanaf die ‘’Ysbreker tot die
‘’skattejag’’ word met nougesette ywer gespeel.
Dié wat daar was, het
dalk in die geheim, met ‘n bekommernis in sy of haar gemoed
gekom. - Ons leef maar in ‘n gejaagde wêreld waar alles jou
‘’druk’’ en jou negatief stem. ‘’Kry vir jou ‘n CHOMP?’’ So
het die kamp begin, net een groot hap aan die chomp, het die
betekenis verander - op geestelike vlak het dit meer as
lekkergoed geword. Dit het ‘n inspraak op elkeen se lewens
gehad dat Christus Ons Met Probleme Help.
Alhoewel daar baie
‘’nuwe’’ gesigte onder ons gestremdes was... het die kamp
vir elkeen in besondere ‘n opgebouende boodskap gehad, as jy
in God se Liefde staan, word al beloftes wat in die Bybel
staan vir jou ‘n werklikheid.
So het die kampers een
groot familie word... en ek glo almal het met ietswat ‘n
onsekerde gemoed gekom en met hartseer vertrek - met
geestelike petrol vol in die tenk.
Van my kant af.. Wil ek
net baie dankie sê... aan die organiseerders tot by die
eienaar van die ‘’Venue’’ weereens vir ‘n puik aanbieding
van so ‘n kamp.
God seën u.
Christo du Plooy |
|
Weereens
baie dankie aan Wilna en Willem, Dennis en Marietjie vir 'n
onvergeetlike ervaring. Die tema vir die kamp was "Christus
help ons met probleme" (Chomp) en elke boodskap het hierdie
feit ondersteun. Ons kon nuwe krag put uit die samesyn,
samesang en inspirerende praatjies. Van die ysbreker af tot
die laaste totsiens was 'n belewenis en het getuig van
uitstekende organisasie en voorbereiding.
Die mense by die
kamp was sprekende voorbeelde van die kampgedagte. Hoe kom
jy as gestremde of helper van 'n gestremde deur elke dag as
Christus jou nie help nie? Fisiese gestremdhede en
verstandelike gestremdhede het in niemand se pad gestaan nie.
Die mense is raakgesien en elkeen kon net hom- of haarself
wees. Elkeen wat daar was, het deernis gehad vir die rondom
hulle en elkeen kon leer uit die manier waarop verskillende
gebreke hanteer word. Die lewensblyheid van die mense was
aansteeklik.
Die konsert was 'n
openbaring en elke item is met oorgawe gelewer en geniet.
Dit was 'n voorreg om die selfvertroue van elkeen te ervaar.
(Selfvertroue juis omdat elkeen weet hy/sy is veilig in
hulle Vader se hande.) Die skattejag het gesorg vir baie
pret en lekker samewerking van die lede in die onderskeie
spanne.
Die kos was
heerlik, veral omdat ons alles net kon geniet en daarom baie
dankie aan almal wat hard gewerk het om alles te voorsien en
vir die helpers (onder leiding van Noddy) wat daar was. Wat
is lekkerder by 'n kamp as vroegoggendkoffie of laataand se
laaste koppie tee en "cupcake"?
Ons gaan nog lank
alles oordink en weer onthou (Willem, Dennis, Wilna en
Marietjie aan die voorsing) en al die boodskappies in ons
Chompboksies (wat elkeen kon versier) weer en weer lees.
Nuwe vriende is gemaak en hierdie vriendskap sal gekoester
word.
Marie Vorster (versorger
van Jacques Vorster) |
|
Liewe
Willem en WilnaEk wil
weereens vir julle baie dankie sê vir 'n wonderlike naweek.
Dit was baie spesiaal.
Almal was vriendelik en hulpvaardig. Die lesse wat ek
weereens geleer het, sal altyd by my bly en ek vertel dit
vir almal.
Die geestelike sy van die kamp was vir my wonderlik, ek sal
dit ook nooit vergeet nie.
Ek wat nie gestrem is nie, kan net sê ek was weereens so
beindruk met elkeen. Die jongmense was so spontaan en ek glo
dat die Here julle so gebruik om 'n wonderlike diens aan
gestremdes te lewer. Ek sal julle altyd in my gebede onthou.
Bedank ook die borge wat so 'n kamp moontlik gemaak het. Dit
is weereens 'n bewys dat die Here nog altyd kragdadig in
elkeen besig is.
Ons moet ook nooit vergeet om ook vir Hom te sê ons het Hom
innig lief nie. Want vir ons is dit belangrik om dit te hoor
en ek glo dat dit vir Hom ook belangrik is. 'n Mens is
genieg om te vra en dankie te sê, maar ons vergeet so maklik
om te sê: Ek het U baie lief.
Baie groete en liefde vir julle, ook vir die predikant wat
vir ons 'n diens gehou en nagmaal bedien het.
Esmé van Zyl |
|
Ons
wil net baie dankie sê vir die fantastiese kamp waarvan 3
van ons inwoners kon deel wees. Ek het skaars Maandagoggend
my handsak neergesit toe is die eerste een by my om te sê
hoe verskriklik baie hulle dit geniet het en later het die
ander twee dit ook kom bevestig. Baie dankie vir julle harde
werk om die kamp te kon realiseer, ek weet daar is baie
beplanning in en om die borge bymekaar te kry is ook glad
nie maklik nie. Dankie dat julle ook altyd vir ons inwoners
die kans gee om deel te kan wees.
Ons bid julle seëen en voorspeod toe met al die wonderlike
dinge wat julle vir ander doen, ek dink ons Vader sit lekker
en smile met dit wat julle alles doen.
Rina
Huis Phyllis Robertson |
|
Die
CHOMP kamp het my herinner aan die feit dat die Here ons
help met probleme. Die lewe gaan sy gang, dit gaan
partykeer goed met ons en ander kere nie so goed nie. Dis
nie altyd maklik vir ons as Christene om ons oë op die Here
gerig te hou nie en dis hoekom ons in verhouding met Hom
moet leef. Die Here wil hê ons moet Hom toelaat om in
beheer van ons elkeen se lewens te wees, maar Hy is geduldig
met ons en leer ons op verskillende maniere om die leisels
oor te gee. Die Bybel is ons belangrikste handleiding om
ons verhouding met die Here te handhaaf.
In my eie lewe het die Here my op ‘n
praktiese wyse geleer wat Hy van my verwag as ek Hom wil
volg. Die Bybel was altyd ‘n bevestiging daarvan. My lewe
het skielik hand-om-keer verander as kind. Ek het reeds my
langtermynplanne in plek gehad en boonop is ek nog
hardkoppig ook. As ek dit kan help, sal niks in my pad
staan om my doel te bereik nie. As ek nou terug kyk op my
lewenspad en ek pas dit toe op die Bybel, dan sien ek hoe
wonderbaarlik die Here Homself aan my geopenbaar het en
konstant besig is om my te vorm en te maak om te lewe tot Sy
eer.. Met die wete dat die Here in beheer is van my lewe
hoef ek nie benoud te wees dat dit te goed of te sleg met
my gaan nie, want ek het die Christen se wapenrusting om aan
te trek en dit is wat ons vrymaak van onsself.
Baie dankie aan Oom Wilem en Tannie Wilna
en die span om dit op so gereelde basis vir ons moontlik te
maak om saam in ons geloof in Jesus Christus te groei. Die
preke is altyd baie mooi toegepas op die Tema van die kamp
en elke preek help ons op ‘n praktiese manier Christus in
al ons weë raak te sien. Baie dankie vir elke stukkie inset
wat gemaak word om gestremdes met die Woord te bedien. Mag
die Here elke lid van die span en elke helper ryklik seën.
Marita Erlank |
|
Ja,
hier by ons onthou elkeen ook weer kort-kort 'n insident
waaroor ons gesels en soms ook lekker lag. Pieter en Chris
het alreeds van die vriende wat hulle gemaak het opgespoor
op hulla facebook. Vir myself moet ek bely dat die kamp my
bietjie tot stilstand gedwing het om net weer alles en almal
rondom my raak te kon sien. My wêreld is so ingeweef in net
my eie huismense en elkeen se afhanklikheid dat ek regtig
lanklaas ag geslaan het op behoeftes van ander. Ek het
geestelike lesse geleer en moet sê dat een en elke van die
gestremde persone wat daar was 'n geweldige indruk op my
gemaak het. Ek sit soms net stil en dink aan elkeen en dink
aan die Jesusliefde en krag wat hulle uitstraal. Dit laat
my, as gesonde, sterk mens wat dink ek het alles onder
beheer, nietig voel. Ek het weer soos baie vorige kere besef
dat God elke tree van my lewe my rig en dat ek nooit sou kom
tot hier as dit nie vir Sy liefde en genade was nie. Ek wil
weereens dankie sê vir die uitnodiging. Dankie ook vir
elkeen se bydrae tot 'n wonderlike belewenis. Dit was baie
opwindend, prettig en geestelik verrykend. Liefde vir julle
almal.Estelle, Pieter en
Chris |
|
|Terug
na Heuning Hoofblad| |
|