Rudolf is 'n getroue Rippel
luisteraar. Hy is 'n gestremde met 'n passie vir ander gestremdes. Ons
leer so baie by hom oor gee en omgee. |
 |
Gerhard is 'n inwoner van Paul
Jungnickel Huis en is 'n jong man wat heeldag glimlag en Deo Volente
se kospotte terdeë geniet het. |
 |
Christo is 'n liefdevolle jong
man met Downs Sindroom. Aanvanklik was hy baie skaam, maar toe hy eers
ontdooi het hy soos 'n wafferse hip-hopper aan die konsert deelgeneem.
Hy het sommer vir Dennis as "pa" aangeneem. |
 |
André en Louise is al vir 41
jaar getroud met kinders en kleinkinders. Hulle is albei in rolstoele
en is 'n inspirasie omdat hulle onafhanklik hulle bestaan maak, omdat
hulle vol lewenslus en ware vreugde is, en Jesus baie liefhet. |
 |
Theuns is gestremd na 'n
beroerte. Dit keer hom egter nie om voluit te lewe nie. Hy is 'n stil,
innemende man vol wysheid. Dit was 'n voorreg om hom op die kamp te
hê. |
 |
Tannie Rina en Riekie is 'n ma
en dogter wat in Ons Tuis woon. Hulle was al voorheen op kampe en
geniet die samesyn terdeë en neem met oorgawe deel aan alles.
|
 |
Michel is 'n kwadrupleeg met
baie beperkte gebruik van sy liggaam. Hy glimlag graag en as hy praat,
kan jy maar luister, want jy sal iets leer. Hy is lief vir die Here en
leef voluit. |
 |
David is Michel se helper. 'n
Man wat respek afdwing oor die liefdevolle en geduldige wyse waarop hy
vir Michel versorg. Sy getuienis het 'n diep indruk op almal gemaak. |
 |
Loraine is 'n vriendelike,
sagte dame wat ten spyte van die feit dat sy in 'n rolstoel is aan
alles deelneem en alles geniet. |
 |
Martin en Essie is 'n egpaar
wat al 'n paar keer gekamp het. Ten spyte van uitdagings leef hulle in
hulle eie huis en het selfs twee pleegkinders versorg. Hulle kan
gewoonlik nie wat vir die volgende kamp of kuier nie. Hulle
entoesiasme en sin vir humor maak hulle aangename mense om op 'n kamp
te hê. |
 |
Willlie is die pleegseun van
Martin en Essie. Hy is 'n stil en teruggetrokke jong man. Hy het met
die sandkaartjies sy kunsinnigheid gewys, en geleidelik ontdooi soos
wat die kamp gevorder het. |
 |
Eddie is lief vir mense en vir
dans. Hy maak maklik vriende met almal op die kamp en was 'n ware
staatmaker by die braaivleis. |
 |
Wentzel se teenwoordigheid is
moeilik om te mis. Hy gesels graag, is altyd vol grappies en lag
uitbundig .... maar het tog 'n klein hartjie! |
 |
John het effe onseker by die
kamp opgedaag, maar dit ten volle geniet en vinnig uit sy dop gekruip
en sy Hollandse hoed opgesit. |
 |
Christo en Hester is 'n
gestremde egpaar wat getrou het as uitvloeisel van 'n vorige Rippel
kamp! Hulle is baie lief vir mekaar. Hulle het altyd 'n inspirerende
woord om te deel op die kamp. |
 |
Maxie het saamgekom as
Christo en Hester se helper en het so in die stilligheid in almal se
harte ingekruip. |
 |
André en Leatitia het met 'n
groot verwagting op die kamp gekom en opgewonde deelgeneem. Hulle moes
egter Saterdag vroeg huistoe gaan omdat Leatitia siek geword het. Ons
was jammer dat hulle nie die kamp enduit kon meemaak nie, en hoop om
hulle op 'n volgende kamp weer te sien. |
 |
DIE SPAN |
Lindie is 'n jong dame wie ons
op 'n vorige kamp ontmoet het toe sy saam met haar blinde broer kom
kamp het. Met haar passie vir gestremdes is sy van onskatbare waarde
as helper en spanlid. Op hierdie kamp het sy met toewyding (en
spierkrag!) die gestremdes gedien. |
 |
Ria is altyd vrolik en vol
grappies en 'n onmisbare spanlid wat gewillig help en bedien. Sy
bederf ons ook altyd met lekkernye. |
 |
Die Bredenkamp gesin is van
die begin af betrokke by die kampe. Van kos opskep en aandra,
rolstoele stoot en gestremdes optel tot 'n gewillige oor wees en mense
moed inpraat, is hulle van onskatbare waarde vir die kampers.
|
 |
Tiffany is ons eie "Patricia
Lewis" wat ons konsert fasiliteer en self ook soos 'n nagtegaal sing.
|
 |
Jan en Susaar is absolute
staatmakers vir wie se hande niks verkeerd staan nie. Hulle is
onmiddellik daar as iemand hulp nodig het. Jan steek almal aan met sy
ywerige deelname aan "sports" en speletjies. Susaar was siek en kon
ongelukkig nie hierdie kamp meemaak nie. |
 |
Dennis en Marietjie is
mede-aanbieders en onmisbare spanlede en vriende. Dennis help met
musiekmaak en allerhande tegniese dinge. Marietjie breek altyd die ys
en help almal om gemaklik en tuis te voel met haar speletjies en
"sweets" wat al 'n handelsmerk op die kampe is. |
 |
.... ons is so bevoorreg en
geseënd om by hierdie kampe betrokke te kan wees. Dit was weereens 'n
ongelooflike ervaring.
Ons het só
baie om aan te herkou... ons het fantastiese mense ontmoet wat groot
uitdagings in die lewe het, maar wat met oorgawe lewe, wat tevrede is,
en die Here liefhet en dien. Hulle maak ons skaam en laat ons nederig
voel. Ons het saam gelag, gekuier, geëet, geleer en gespeel. Ons het
gekniel, gesing en gejuig. Ons het geluister, gehuil en gebid. Dankie
aan almal by Rippel vir julle ondersteuning en dat julle die kamp
moontlik maak. Dankie aan almal wat so vrygewig was met julle bydraes
dat ons die kamp weereens gratis kon aanbied en almal lekker kon
bederf. Dankie aan almal by Deo Volente vir julle plaas, julle
gasvryheid en julle onvoorwaardelike liefde en aanvaarding wat julle
teenoor elke gestremde betoon. Dankie aan elke helper vir julle
onbaatsugtige diens en bediening - sonder julle kan daar nie 'n kamp
wees nie.
~ Willem en
Wilna |
 |