Kampbrief geskryf deur Christo
du Plooy:
Met opgewondenheid in ons harte daag ons vir een vir een op… ja met
versigtigheid in die gemoed word drukkies uitgedeel en die ‘’Welkom
hier!’’ woordjies bevestig dat elkeen sowaar welkom is…
Die gegroet tussen gestremdes loop soms met versigtigheid, maar teen
middagete sit ons met mekaar en gesels, lag en daar word gespot en
selfs geterg. So vorm ons bande wat blywend gaan wees.
Die geestelike aanslag van elke kamp spreek net van die liefde van God
op die kampe… Hierdie kamp se tema was ‘’Die geseëndes’’, en ons kon
nie anders as om geseënd te voel nie. Om die liefde te voel en om
bewus te wees dat God in Sy drie-eenheid by jou is, is soos Wentzel
dit gestel het… ‘’net AWESOME…’’’
Die voedsel was weereens uit die boonste rakke en die geestelike
voedsel vul jou lewe met dankbaarheid… Nie-gestremdes en gestremdes
word soos een groot familie… So, ‘’bless’’ ons mekaar met ons
glimlaggies en aanvaarding.
Die sand-kaartjies was ook een van die treffers op die kamp – om dit
te maak en om dit uit te deel die volgende dag, was sowaar ‘n
‘blessing’’ oor en oor!!
Die konsert was ook weereens ‘n treffer… om te sien hoe outjies wat
die oggend ‘’eenkant’’ was, hulle boude skud op die maat van musiek
was asemrowend!
Om
afskeid te neem op so ‘n kamp, is hartseer, maar jy kom met ‘n oop
gemoed en vertrek met ‘n vol gemoed. Dankie aan elke kamper, die
organiseerders en helpers vir ‘n ‘’AWESOME’’ kamp.
Christo du Plooy
 |