FOTO's VAN NOG
KAMPE VIR GESTREMDES >>
Klik op die groepfoto om
dit in volgrootte te sien
 |
Ons is weereens sprakeloos oor
die wonderlike voorreg wat ons die naweek van 18-19 September
kon beleef op die kamp vir gestremdes. Dit was die vierde Rippel
kamp van hierdie soort, waar 'n gewillige span van 10 mense 15
gestremdes met hulle 6 helpers bedien het. Ons het heerlik
gekuier, gespeel en baie pret gehad in die vars bosveldlug by
Deo Volente Bush Adventures; vriendskappe is gesmee, trane het
gevloei, en die Here is met oop arms en liefdevolle harte
gedien. Ons deel graag een van die kampers se opsomming van die
kamp:
Hier is
ek! (kamp vir gestremdes 18 – 19 September 2010)
Ek was een van die
BAIE bevoorregtes om die kamp vir gestremdes by te woon, ons het
BAIE ge-eet, ge-speel en van onsself geleer!
Hier is net ‘n paar
punte wat aangeraak is:
* Die Here het ons
elkeen uniek gemaak en ons is BAIE WAARDEVOL vir Hom is (al het
die węreld ons somtyds vertrap en weggegooi) – Hy het ons elkeen
by die naam geroep en ons is Syne…
* Ons almal het besluit om Jesus se hande en voete op aarde te
wees – as die Here jou roep om iets te doen vir Hom SAL HY BY
JOU WEES!
* Om naby die Here te wees moet jy stil kan word – eers as jy
stil word kan jy God se stem hoor .
* Jy MOET ‘n medemens wees vir elkeen waarmee jy te doen het.
* Enige mens kan sonder Jesus leef maar NIEMAND kan (of wil)
sonder Hom sterf nie.
BAIE dankie vir al die mense wat die kamp vir ons moontlik
gemaak het! Die meeste van ons het ‘stukkend’ Saterdag oggend
daar aangekom (party liggaamlik en ander geestelik) maar Sondag
middag is ons ‘heel’ die węreld ingestuur met die wete dat die
Here by ons is en bly is oor elkeen van ons! (Madeleine Myburgh)
|
Hier is ek: kosbaar,
uniek & spesiaal
Vriendskappe word gesmee ... al singende, moe-ende, blaffende,
kekkelende.....
Span
aan die werk
Ek
het jou op jou naam geroep, jy is Myne
Ek
sal ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan (2 Kron 7:15)
Gesigverf
Vlaggies verf
Spangees
Blou span skree
"Blou Blits" .... was al daardie woorde toelaatbaar....? |
Geel "CHOMP"
span se geel vuvuzella het die ding gedoen! |
Oranje (FIRE
BALL) span praat mekaar moed in, terwyl die groen Shrekkies toekyk |
 |
 |
 |
Speel
Konsert
Nagmaal
Is
hulle nie mooi nie?
Terugvoer by Rippel
|