kliek
hier om te kyk na foto's van die kamp >>
 |
Ps
18:2&3 - En hy het gesê: Ek het U hartlik lief Here, my Sterkte. Die
Here is my rots, my vesting en my redder; my God, My rots by wie ek
skuil.
Die les
van ons "constuction" het my geleer dat jy kan nie jou stene bou in
die lug nie. Daar is nie toutjies wat jou gebou op die grond kan hou
nie - jy het 'n fondasie nodig.
Die
kamp is opvoedkundig vir jou siel,en dit was pret gewees om aan die
speletjies deel te neem. Ja, ons het lekker geëet en gedrink. Die
slaapplek was ook puik gewees.
Dankie. Prys die HERE.
Nogmaals dankie vir Ian se nagmaal boodskap.
Ek wil net vir Radio
Rippel se borge en vir Willem en Wilna baie dankie sê vir die tyd en
werk wat julle inpas vir ons gestremdes. Hoop die Here gee vir julle
krag om nog 'n volgende jaar te kan voorberei vir meer kampe . |
 |
Wat die kamp vir my beteken is: dat
ek myself kan wees, en myself daar kan uitleef en net vir die Here kan
prys en sing. Alles wat my pla kan ek opsy skuif en vergeet daarvan. |
 |
Ons wil net sê: "wat 'n wonderlike
naweek". Die tema van hierdie kamp was "Onder Konstruksie". Dit wil
ons leer om die regte toerusting vir die regte werk te gebruik, en dat
God ons toerusting op ons pad met Sy werk vir ons lewens moet wees.
Ons val en struikel, maar Jesus gee ons weer 'n kans. In Sy Woord sê
Hy Hy is lief vir ons en Hy wil ons hê.
Dit is vir ons goeie geestelike kos wat
ons elke keer op hierdie kampe kry wat elke persoon net weer kan help
om meer en meer geestelik te groei.
Hierdie kamp se mense was só spesiaal.
Almal het aan alles deelgeneem en kon nie wag dat hulle geroep word
vir hulle beurt nie. Dit was so lekker om dit te sien, dat ons nie kon
help om ook met oorgawe saam te speel nie - ons was sommer selfs
kruiwaens wat deur iemand rondgestoot kon word.
Ons as helpers dink die Here seën ons
op hierdie kampe meer as vir die gestremdes wanneer ons hulle
gesindheid van vriendelikheid, opregtheid, dankbaarheid ens sien. Na
so 'n naweek is ons nog meer danbaar oor ons gesonde en volmaakte
liggame.
Die konsert was so oulik en ons kon
lekker saamlag. So ook was die lofprysing spesiaal en veral die
liedjie "I love this family of God"
Baie dankie aan elkeen wat 'n
finansieële bydrae gemaak het om hierdie kampe moontlik te maak. Mag
die Here elkeen seën. |
 |
Baie dankie vir die verrykende kampe
wat ek as helper kan bywoon. Baie dankie ook dat julle Jesus uit die
kerkgebou saamneem na die mense toe daar buite. Baie mense los Jesus
Sondae in die kerkgebou agter.
Baie dankie vir al die helpers wat so getrou help; dankie ook vir die
mense van Deo Volente vir alles wat hulle vir ons doen gedurende die
kampe, veral vir die heerlike etes.
Baie dankie ook aan Rippel 90.5 en die
donateurs wat dit moontlik maak dat die kampe gratis kan wees.
Ek weet alle eer kom onse Vader toe.
Prys Hom dat Hy gebruik maak van mense om die goeie boodskap te bring. |
 |
Weereens baie dankie
vir ‘n ‘’geesgevulde naweek’’ – As julle dink dat julle organiseerders
opgebou word – weet dit, dat ons gestremdes die ‘’geestelike voedsel’’
wat julle aanbied nog meer geniet, want dit bring ons almal nader tot
ons Hemelse Vader – en die liefde wat tydens die kamp geheers het, was
asemberowerend!
.... lees
Christo se oordenking >> |
 |
Ek kan nie glo dis al ‘n
jaar gelede wat ons die eerste kamp gehad het nie. En die afgelope
naweek het ons al die vyfde een meegemaak. Een ding is verseker –
die kampgangers het niks verander nie! Hulle is steeds net vol
glimlaggies, drukkies en liefde. En ook nog niks klagtes nie! Julle
mensies leer vir my persoonlik so baie! Julle wys vir my hoe
om die lewe te geniet, al is jou “dop“ anders as myne! Wat regtig
saakmaak is dit wat van binne af uitstraal. Dit wat julle aanhou GEE
aan ons. Baie dankie daarvoor.
Dan vir die helpers – julle is ‘n
inspirasie aan my. Julle word nie moeg om te
help nie. Selfs al is dit laat in die nag na ’n lang dag. Dankie dat
julle omsien na hulle. Dit laat my net skaam word as ek oor iets
kleins kla!
Behalwe vir die geestelike
hoogtepunte van die naweek – waar elkeen sy opinie gee en deelneem
aan die gesprekke, is daar ook die speel... Ons kan tog maar lag as
een sukkel om die baksteen te gooi. Paul – ek wil jou uitsonder –
soos ’n verkleurmannetjie wat bekruip, moet die balans eers gevind
word. Vorentoe, agtertoe, vorentoe, agtertoe... Dan is jy reg. Met
die hoop om die halwe baksteen 30m ver te kan slinger. Weer probeer,
weer probeer. Maar elkeen van julle is
spesiaal omdat julle nog WIL speel. Ai – dit bly darem lekker!
Ek sien alreeds so uit na
die volgende byeenkoms. Hopelik gaan almal op
4 Desember by Martin en Essie bymekaarkom. Dit gaan WEEREENS ’n
lekker kuier wees! En... ek kan nie wag vir
die volgende kamp nie.
|
 |
Liewe vriende
Ek wil net dankie
sê vir die naweek; dit was fantasties. Ek en my vrou is van die
helpers op die kampe en hierdie naweek was iets besonders. Ons as
mens dink jou probleem is groot tot jy van ander mense s'n hoor. Dan
was daar die onderwerpe waaroor ons gepraat het met die tema "onder
konstruksie" - dit laat mens net besef dat die Here 'n plan het met
jou lewe, en nie een van ons se planne is dieselfde nie. Ek dink
persoonlik dat elkeen s'n uniek is.
Ons as mens is geneig om so maklik te kla, maar as ek kyk na die
mensies die naweek dan besef ek ons kla onnodig. As ek bv kyk na
Paul - hy is 46, en daai man lag altyd, speel saam en dien saam die
Here. So ook tannie Marie en Rudolf - ek kan eintlik almal by naam
sê - dan besef 'n mens ons almal is onder konstruksie en die Here
sal jou bou totdat hy tevrede is met jou. Mens moet ook onthou dat
die Here jou nie nou gaan los nie. Die beste van alles is dat die
Here hou jou in stand - soos enige gebou is daar instandhoudings
werk nodig, daarom skaaf en skuur die Here nog so 'n bietjie hier en
daar aan ons.
Wat ek ook wil noem is die gasvryheid, die geriewe en die personeel
van Deo Valente. Dit is fantasties. Ons het so lekker geëet!
Dan wil ek ook
net vir die Here dankie sê dat ek en my vrou en kinders kan deel hê
in hierdie wonderlike bediening en dat Willem en Wilna Botha ons die
geleentheid gegee het om deel te kan wees.Die Here het hulle daar
met 'n doel gesit en mag die Here jul seën bo jul denke en jul
grongebied vergroot - en onthou julle is kosbaar en spesiaal.
|
|