Dit is nou weer paasfees, en vir my
is dit ‘n tyd om te ROEM oor die kruis, soos wat Paulus sê:
Gal 6:14
14Maar
wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor
die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld
vir my dood en ek vir die wêreld.
... en ‘n Engelse vertaling:
But I will never brag about
anything except the cross of our Lord Jesus Christ.
As ons sê ons roem oor die kruis, is dit nooit dat ons dit aanbid nie,
dit is dat ons dit wat daar gebeur het wil “omhels”, wil oordink, wil
oorvertel.
Ons kyk nie na die kruis nie, maar
na die een op die kruis en verwonder ons oor dit wat Hy daar vir ons
gedoen het.
Ons sing “daar’s ‘n dierbare kruis waar my Heiland bewys... ”, maar is
dit wérklik dierbaar? en as jy dit ook saamsing, wat maak dit vir jou
dierbaar?
Die gebeure aan die kruis is skrikwekkend, want Jesus het daar ‘n
vervloekte geword; Hy is daar verbrysel, gespot, geslaan, verneder; sy
bloed het daar gevloei en Hy het grusaam gesterf.
Kom ons kyk saam na ‘n interessante
kruis-gedeelte in die Ou Testament, in Numeri 21:
Num 21: 4-5
4Om by die gebied van
Edom verby te kom, het die Israeliete van Horberg af in die rigting van
die Rietsee getrek. Op pad daarheen het die volk ongeduldig geword
5en teen God en Moses uitgevaar: “Waarom het U ons uit Egipte laat
trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is nie brood en water nie, en
ons is sat vir hierdie slegte kos.”
Daar is dit alweer, soos dikwels in
die woestyn: die mense kla ALWEER. Hierdie keer was hulle moeg daarvan
om manna te eet. Dié manna wat God uit die hemel vir hulle gegee het.
Gratis, vry en verniet! Hulle het nie daarvoor gewerk, of dit gekoop of
“verdien” nie.
Ek dink in elk geval nie manna het
só sleg geproe nie:
Num 11:7 manna was soos koljandersaad en het gelyk soos balsemgom;
hulle het dit in panne gebak of roosterkoeke daarvan gemaak, dit het
soos oliekoeke gesmaak ( kon dit dalk soos doughnuts proe? of
miskien soos vetkoek?)
Eks 16:31 dit was wit soos koljandersaad en het soos heuningkoek
geproe (‘n Engelse vertaling sê dit het geproe soos
wafers(biscuits) made with honey.
Hierdie was nie die eerste keer dat
die Israeliete gekla het oor die manna nie. In Numeri 14 het hulle lus
geword vir vleis en was hulle ook so ondankbaar oor die manna:
Num 11:4-6 As ons tog maar net
vleis gehad het om te eet! .... ”Maar nou wurg ons. Daar is niks
behalwe hierdie manna voor ons nie”
Nou vra ek myself af: hoe kon hulle
so ondankbaar wees?
God het hulle
ALLES gegee, hulle het wonderwerke gesien, die 10 plae beleef,
droogvoets deur die rooi see gekom, Hy het vir hulle water uit ‘n rots
gegee, Hy het hulle versorg, SOVEEL dat Deut 8:4 sê:
Jou klere het in dié veertig jaar nie
verslyt nie, en jou voete het nie geswel nie.
Doen ons nie dalk dieselfde nie? Is
ons ook so klaerig, selfsugtig, ondankbaar, ontevrede, vergeetagtig? So
sonder geloof?
Terug na Num 21:
6Die Here het toe
giftige slange onder die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik
en baie Israeliete het gesterf. 7Toe kom die volk na Moses
toe en bely: “Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê
het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses
het toe vir die volk gebid, 8en die Here het vir Moses gesê:
“Maak ’n beeld van ’n giftige slang en sit dit op ’n paal. Elkeen wat
gepik is en daarna opkyk, sal lewe.” 9Moses het toe ’n
koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit. As iemand wat deur ’n slang
gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef.
Ek sien hier dat hulle opstandig en rebels is, dan volg daar straf. Dit
bring hulle na berou, en God bewys genade! Is dit nie die boodskap van
die hele Bybel nie?
Dit lyk vreemd dat God vir Moses sê om ‘n beeld te maak van juis DIT
wat die mense doodgemaak het, en nou moet dit as ‘n
kuur/genesing/redding dien. Soos met AL die Here se oplossings het dit
egter gewerk, en dié wat in geloof na die koperslang opgekyk het, het
gesond geword.
Hulle moes egter daardie DAAD van
gehoorsaamheid doen, nl. KYK.
Die Nuwe Testament verwys terug na hierdie gebeure en bring Jesus se
kruisiging daarmee in verband:
Joh 3:14-16
13Niemand op die
aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het,
naamlik die Seun van die mens. 14Moses het die slang in die
woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog
word, 15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
16“God
het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié
wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
“Seun van die mens verhoog” het twee
betekenisse, wat albei na die kruising verwys:
1) opgelig op die kruis (Joh
12:32-33 .
32En
as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.”
33Dit
het Hy gesê en daarmee ook aangedui op watter manier Hy sou sterwe.)
2) grootgemaak (glorified/exalted)
Joh 12:23
23Daarop
sê Jesus vir hulle: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens
verheerlik moet word
Vir my is daar ‘n hele klomp
ooreenkomste tussen die koperslang en Jesus:
- slang en Jesus is daar vir almal
om te sien
- as jy in geloof kyk sterf jy nie / word jy gesond
- jy hoef net te “kyk”, geen ander rituele
- jy hoef net een maal te kyk
- as jy eenmaal gekyk het, sal jy tog seker dadelik daarvan gaan
getuig, en ander oorreed om ook te kyk?
Waarvan word ons genees as ons na
Jesus “kyk”?
Ons sonde is dit wat ons laat sterf, en waarvoor ons genesing nodig het.
Ons is hulpeloos teen sonde (nes die Israeliete teen die slanggif was).
Joh 8:34 Jesus sê toe vir hulle:
Dit verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen,
is ‘n slaaf van sonde
Rom 3:23
Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (is
ver van God af)
Sonde is eintlik ons opstandigheid /
rebelsheid / ondankbaarheid / eis van ons regte.
Nes die slangbyt se uiteinde die
dood was, so is ons sonde se uiteinde die dood. Rom 6:23
Die loon van die sonde is die dood
Die koperslang het gelyk soos die
ding waarvoor daar ‘n kuur nodig was. MAAR Jesus was volmaak en sonder
sonde. Hier is egter tog ook ‘n parallel:
Al het Jesus niks sonde gehad nie,
het Hy daar gehang met al ons sonde op Hom, ‘n vervloekte as gevolg van
ons sonde wat op Hom neergekom het.
Hy het die wêreld se sonde op Hom
geneem:
2 Kor 5:21 Christus was sonder sonde, maar God
het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met
Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Daar het ‘n ruiling plaasgevind: my sonde was op Hom en sy volmaaktheid
het oorgekom op my.
In effek het Jesus sonde geword, dié
ding waarvoor Hy die kuur is (nes die slang!)
Wat is die gevolg as ons na Jesus
“kyk”?
Die gevolg is LEWE. As jy in geloof kyk, sal jy nie meer sterwe nie, nou
het jy die ewige lewe.
Joh 10:10 Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê (life, life
and more life)
Dit is interessant dat die mediese teken juis ook 'n slang op 'n paal is
(genoem "star of life") - 'n simbool van lewe.

KYK!
Om na die kruis, na Jesus te kyk:
- moet jy glo dat dit werklik gebeur
het
- moet jy glo dis vir JOU persoonlik
- aanvaar jy sy vergifnis
- aanvaar jy sy geskenk van lewe
- vra dat jy met hoop en verwagting
sal kyk
KYK en jy sal LEWE!
Ek het hierdie mooi verhaal êrens gelees:
On January 6, 1850, a snowstorm
almost crippled the city of Colchester, England; and a teenage boy was
unable to get to the church he usually attended. So he made his way to a
nearby Primitive Methodist chapel, where an ill-prepared layman was
substituting for the absent preacher. His text was Isaiah 45:22—“Look
unto Me, and be ye saved, all the ends of the earth.” (kom na My toe dat
julle gered kan word) For many months this young teenager had been
miserable and under deep conviction; but though he had been reared in
church, and both his father and grandfather were preachers, he did not
have the assurance of salvation.
The unprepared substitute minister
did not have much to say, so he kept repeating the text. “A man need not
go to college to learn to look,” he shouted. “Anyone can look—a child
can look!” About that time, he saw the visitor sitting to one side, and
he pointed at him and said, “Young man, you look very miserable. Young
man, look to Jesus Christ!”
The young man did look by faith, and that was how the
great preacher Charles Haddon Spurgeon was converted.
|