GLO - NO MATTER WHAT

“Die goeie stryd van geloof”, Dit is die opskrif van ’n hoofstuk in 1 Tim 6.

Twyfel jy soms aan die gebeure van 2000 jaar gelede – die maagdelike geboorte van Jesus, die kruisiging, die opstanding, die hemelvaart? Het jy ook soms ’n stryd met jou geloof, of is dit vir jou maklik om alles te aanvaar en glo, sonder om dit te bevraagteken?

1 Tim 6:20
Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word.

Baie harde woorde, want ons almal streef tog na kennis, sodat ons geloof kan toeneem. Maar hier waarsku Paulus vir Timoteus oor hierdie kennis, want daar is ’n kans dat kennis geloof kan doodmaak. Sien ons dit nie ook dikwels vandag nie?

Ons is pas verby Paasnaweek, waar hierdie groot gebeurtenis wat ongeveer 2000 jaar gelede afgespeel het, deur Christene oor die hele wêreld gevier is. Aan die een kant ’n heuglike gebeurtenis, aan die ander kant ’n stukkie geskiedenis wat ons met afgryse vervul oor die wreedheid daarvan. Iets wat gebeur het wat regte, egte opregte geloof vra, anders het die hele gebeurtenis geen waarde nie. Hoe is dit dan dat ’n deel van die wêreldbevolking hierdie gebeurtenis met oorgawe om-arm en dit reguit hart toe vat en ’n ander deel staan yskoud teenoor dit?

Ek sien ’n vreemde ding gebeur: bykans geen ateïs, of ongelowige ontken dat daar ’n persoon met die naam van Jesus geleef het nie. Die meeste mense aanvaar dit en die meeste mense aanvaar dat Hy gekruisig is. Daardie gedeeltes berus nie op geloof nie, dit berus op geskiedkundige kennis, want daar is ook buite-Bybelse geskrifte waarin dit opgeteken is. Dis die res wat ware geloof vra; dit wat gebeur het vanaf die oomblik wat Jesus sy laaste asem uitgeblaas het en gesê het: Vader, in U hande gee ek My Gees oor. Voor Jesus sterf is kennis genoeg, maar vir wat onmiddellik daarna kom, is geloof nodig. Die maklike deel van geloof is wat gebeur het tot op daardie laaste asem, dit vra niks buitengewoon nie en tog is daar mense sê: “dit beteken vir my niks”. Die nuwerwetse ateïste (wat deesdae sommige teoloë, hoogleraars en predikante insluit), aanvaar alles tot op daardie punt. Wat daarna gebeur neem ons in ’n dimensie in wat onbeskryflik en onsigbaar is. Niemand kan ’n prentjie daarvan teken of ’n beskrywing daarvan gee nie. Dit het min met die tasbare en met kennis te doen. Dit vat ons in die doderyk in, waar God as’t ware Sy gesig wegdraai, daarom dat Jesus sê: “my God, my God, waarom het U my verlaat?”. Dit neem ons waar die sondes van elke gelowige wat geleef het en nog sal leef, op Jesus uitgestort word, waar die finale stryd met Satan plaasvind, waar Jesus afreken met die bose, sodat ek en jy nie meer nodig het om daardie skuldlas te dra nie. DIT vra geloof. Maar dis nog nie klaar nie. Jesus word in ’n graf neergelê. Morsdood, asem uitgeblaas, verrinneweer, stukkend geslaan, vermoor en ’n onbeskryflike wanhoop sak op Sy volgelinge neer. Wat het alles gehelp? Wat van al Sy beloftes? Dit laat my dink aan Johannes die doper wat ook aan die twyfel geraak het, toe hy in Matt. 11:3 vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag”?

En toe staan Hy op! Hierdie deel van asem uitblaas tot opstanding en later hemelvaart, kry mense onder, want dit vra vir geloof. Onwrikbare geloof wat kan red!

Geen wonder Paulus waarsku Timoteus oor die redenasies  van kennis nie, want daar is mense wat kennis aanhang en so hulle geloof verloor.

2 Tim1:3-5
Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink. Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my 'n groot vreugde wees. Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.  

As Paulus hier praat van opregte geloof, dan sien ek geloof as ’n konkrete stuk kwaliteit, amper tasbaar, maar steeds onsigbaar. Iemand sê: “Jy het jou ma se glimlag”, dan is dit sigbaar, dit dra oor van ma na kind. Dis herkenbaar. Paulus beskryf die standvastige geloof van Timoteus op dieselfde manier.

Vandag vra ek vir myself en vir jou: “Staan jy rotsvas in jou geloof vanaf asem uitblaas tot en met hemelvaart? Glo jy dit onvoorwaardelik?” 

2 Tim 4:3
... want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.  

Daar is vandag valse leermeesters wat ander wil leer, maar hulle leer hulle van ongeloof en afvalligheid. Hulle het webblaaie en gespreksgroepe waar hulle nuwe “kennis” deel.  

1 Kor. 1:18
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

1 Kor. 2:14
Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 

Hoe waar is dit nie – dit is net deur die Gees van God wat ek kan glo: no matter what! Met hierdie woorde van Paulus kan jy eintlik vir ’n ongelowige sê dat hy die Bybel korrek bewys. Jy sê: “Het jy die Gees van God in jou”? As iemand dan sê dat hy nie glo in die Gees nie, dan is dié verse in 1 Kor. mos reg.  

Dan kom daar harde woorde in 1 Joh. 2:22:

Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hý is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. 

Daardie “erken” is geloof! Die geloof wat in sy volheid inskop wanneer Jesus Sy asem uitblaas, tot Hy dit weer inasem, om dan vir ons plek te gaan voorberei. Ongeloof maak absoluut geen verskil aan feite nie, dit kan nie die feite ongedaan maak nie. ’n Feit is nie afhanklik van my geloof nie. 

·         Daar is ’n God, of jy dit glo of nie

·         Jesus het geleef, of jy dit glo of nie

·         Jesus het gesterf en opgestaan, of jy dit glo of nie

·         Daar is ’n hemel en ’n hel, of jy dit glo of nie

·         Jesus het gesterf vir mense se sondes, of jy dit glo of nie

·         Jesus het gesterf vir jou sondes – glo dit! No matter what. 

Die liedjie van Boyzone: “No matter what”, kan maklik vergeestelik word. Lees die woorde met hierdie boodskap in gedagte en glo – no matter what! Ongeag van wat die ongelowiges vir jou vertel.
 

No matter what they tell us
No matter what they do
No matter what they teach us
What we believe is true 

No matter what they call us
However they attack
No matter where they take us
We'll find our own way back 

I can't deny what I believe
I can't be what I'm not
I know our love's forever
I know no matter what 

If only tears were laughter
If only night was day
If only prayers were answered
Then we would hear God say 

No matter what they tell you
No matter what they do
No matter what they teach you
What you believe is true 

And I will keep you safe and strong
And sheltered from the storm
No matter where it's barren
A dream is being born 

No matter who they follow
No matter where they lead
No matter how they judge us
I'll be everyone you need 

No matter if the sun don't shine
Or if the skies aren't blue
No matter what the ending
My life began with you 

I can't deny what I believe
I can't be what I'm not
I know this love's forever
That's all that matters now

No matter what
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)