DIE LAASTE DAE, MAAR WAT VAN NOU? >>
Ons leef in die laaste dae, so glo
ons, of hoe? Ons lees die tekens in die Bybel, en ons "lees" die
tekens in die wêreld om ons… maar ons weet nie wanneer die einde gaan
kom nie. Ons maak afleidings op grond van die Woord van die Here, maar ons
het geen detail nie. Ek vra vir jou hierdie vraag: "Vrees jy dit? Is
jy bang dat die einde moet aanbreek? Is jy beangs?" Iemand stuur 'n
rukkie gelede vir my foto's van die sikloon Katrina in die VSA. As jy na hierdie
foto's kyk kry jy 'n beangstheid wat skrik vir niks. Donker, massiewe,
onheilspellende wolke wat stadig nader kruip. Mens kan sien dat dit
gróót skade gaan aanrig ...
lees verder >>
|
GELD >>
Geld wat stom is
maak reguit wat krom is .... geld soos bossies .... vir geld kan mens die
duiwel laat dans .... waar geld is, wil geld wees .... ‘n plaas se geld
....geld groei nie op ‘n mens se rug nie .... in die geld swem .... geld
in die water gooi .... vir g’n geld ter wêreld nie – dis maar net ‘n
klompie sê-goed oor geld. Vandag vra ek jou
‘n paar vrae ... lees
verder >>
|
ONGEKOMPLISEERDE CHRISTENSKAP >>
"Shalom!
Baruch Be Ha Bi'Shem, Adonai". Geseënd is hy wat in die Naam van die
Here kom … of so iets. Of dalk kan ek sommer net sê: "Hallo jong,
ons gaan lekker saam met Jesus kuier vanoggend!" of "Jitte, dis pret
om die Here saam met jou te aanbid". Of moet ek dalk eerder sê: "Kom
ons onderwerp onsself vanoggend in nederigheid voor Yeshua, seun van
Yahweh"? Al hierdie moontlikhede is reg - so dink ek ...lees
verder >>
|
GRYP DIE DAG >>
Geniet
die lewe, gryp die dag! Hoe voel jy vandag? Wat is jou
gemoedstoestand? Hoeveel geniet jy die lewe? Leer jy jou kinders om
die lewe te geniet? Of is daar net dalk nie genoeg tyd nie? Hoe lyk
die balans van jou lewe tussen werk en speel? Dit is so dat baie
mense net nie meer die kuns verstaan om die lewe te geniet nie. Want
die werk kom net eenvoudig te veel eerste. Die vraag is: is daar tyd
om dit wat jy verdien te geniet ...
lees verder >>
|