PROFESIE / VALS PROFETE


Profesie, profete en in besonder vals profete is 'n moeilike en sensitiewe onderwerp, maar tog nodig om daaroor te besin. Wat is profesie en wat is die doel daarvan?

Jer 1 : 4 - 9
4 Die woord van die Here het tot my gekom:
5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6 Ag, Here my God, het ek geantwoord, ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.
7 Toe sę die Here vir my: Jy moenie sę: Ek is te jonk nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sę, moet jy sę.
8 Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesę het.
9 Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesę: Ek het nou my woorde in jou mond gelę.

Hier word Jeremia aangestel as profeet, deur die Here self, al het hy gedink hy is te jonk. Profete kom al van baie lank terug af, en hulle het 'n baie spesifieke doel. As jy gaan lees wat die funksie was van die profete in die Ou Testament, dan is dit presies dieselfde vir almal gewees. Die Here het profete gebruik as 'n spreekbuis vir Hom. Onthou nou, die bedeling was daardie tyd anders as nou, daar was nie iets soos 'n Bybel nie, of ander media nie. God het direk deur mense en met mense gepraat. As ek vir jou sou vra, wat was die doel van die profete en wat het hulle gesę, wat sou jy sę? Die antwoord was eenvoudig.

1. Die doel was om mense op te rig om namens Hom te praat.
2. Wat het hulle gesę? Twee dinge. Eerstens om die mense ernstig te vermaan oor hulle lewens, hulle te waarsku teen God se toorn, en tweedens dat hulle hulle moes bekeer. Bekeer, bekeer, bekeer was die hooftema van die boodskap van die profete. Bekeer julle, of …….

Wat is profesie nie? Dit lyk my dat veral in die Ou Testament daar 'n direkte lyn getrek was tussen waarsęery en profesie. En dis vandag presies dieselfde. Mense wil so graag hoor wat vir hulle in die toekoms voorlę (gewoonlik voorspoed), en wil dit dan profesie noem. Dis egter baie baie gevaarlik!

Jer 14 : 14 "Die Here het vir my gesę: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsęery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete."

Hoef daar eintlik meer gesę te word? God het 'n afsku in waarsęery. En in besonder as dit in die naam van die Here gebeur en valslik ’n profesie genoem word. Vandag is dit nog net so waar as duisende jare gelede. God haat dit. Waarsęery is 'n gruwel in die Here se oë, en jy kan hordes tekste daaroor kry in die Bybel. Sterre voorspel in die tydskrifte, tarot kaarte, is verkeerd. Dit beweer ek is soos ek is want ek is in 'n sekere maand gebore. Nou wonder ek of jou persoonlikheid verander as jy drie dae te vroeg gebore word. Skiet my as jy wil, maar dis verkeerd. Die doel van profesie IS nie, en WAS nog nooit bedoel om in die toekoms in te kyk nie. Daar is baie mense wat al deur diep waters gegaan het omdat hulle gereageer het op uitsprake van sogenaamde profete (vals profete) wat waarsęery was.

Die vals profete:

Jer 23 : 16 - 17
16 So sę die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete sę nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sę nie.
17 Hulle hou aan om vir dié wat My minag, te sę: Die Here sę daar sal vrede vir julle wees. Vir dié wat hardkoppig is, sę hulle: Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.

Jer 23 : 25 - 32
25 Ek het gehoor wat sę die profete wat sonder opdrag in my Naam as profete optree. Hulle sę: Ek het 'n droom gehad, ek het 'n droom gehad!
26 Hoe lank sal die profete wat sonder opdrag optree, die profete wat leuens uitdink om te verkondig, nog aanhou hiermee?
27 Hulle dink hulle sal my volk my Naam laat vergeet met die drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle voorvaders my Naam deur die Baäl vergeet het.
28 Die profeet wat 'n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het, maar hy wat my woord ontvang het, moet my woord eerlik oordra. 'n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie, sę die Here.
29 My woord is soos vuur, sę die Here, soos 'n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.
30 Daarom, sę die Here, is Ek teen die profete wat herhaal wat ander sę en dan voorgee dat dit van My af kom.
31 Kyk, sę die Here, Ek is teen dié profete wat hulle eie stories vertel en dan sę: Die Here sę so.
32 Kyk, sę die Here, Ek is teen dié profete wat drome wat nie plaasgevind het nie, as openbaring oorvertel, want hulle lei my volk op 'n dwaalspoor met hulle leuens en hulle praatjies. Ek het nie hierdie profete gestuur nie, Ek het hulle ook nie beveel om as profete op te tree nie. Hulle help my volk hoegenaamd nie, sę die Here.

Ek wil 'n baie sensitiewe ding sę : Ek hoor so dikwels dat mense 'n gewoonte aankweek om dinge te sę soos: "Toe sę die Here vir my ……" of "Die Here het vir my gewys ……." "Ek sien in jou …..". Natuurlik kan dit so wees. Maar is dit altyd? Jy sien, tot valse profete het dinge gesę wat korrek klink. Vers 17 "Die Here sę daar sal vrede vir julle wees". "Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie." Dit klink so reg. Maar dit was nié die Here se boodskap nie.

Hand 16 : 16 - 19
16 Terwyl ons eendag na die bidplek toe op pad was, het ons 'n slavin teëgekom in wie daar 'n waarsęersgees was. Deur waarsęery het sy vir haar eienaars baie geld verdien.
17 Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: Hierdie mense is dienaars van God, die Allerhoogste! Hulle vertel vir julle hoe julle gered kan word.
18 Sy het dit baie dae na mekaar gedoen totdat Paulus dit nie langer kon hou nie. Hy het omgedraai en vir die gees gesę: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus: Gaan uit haar uit! Die gees het op daardie selfde oomblik uit haar uitgegaan.
19 Toe haar eienaars sien dat sy nie meer geld vir hulle kan inbring nie, het hulle vir Paulus en Silas gegryp en hulle na die owerheid toe op die stadsplein gesleep.

Jitte, het sy enigiets verkeerd gesę? Nee, maar die motief was verkeerd. Sy het geld gemaak vir haar eienaars. En Paulus en Silas is selfs in die tronk gegooi daaroor. Kan jy sien hoe ontsettend belangrik dit is dat ons ongelooflike goeie onderskeidingsvermoë moet hę. As iemand iets sę, moet ons eintlik vra "sę wie?" Is dit God wat regtig gepraat het, of nie? Is die motief selfgedrewe, of om God se Koninkryk uit te brei?

Daar is 'n groot verskil tussen wat die leuenaar - satan - doen en vals profesieë. Maar, ek glo die bose sit agter albei. Want vals profesie kan so reg klink, en mens kan so maklik dit aanvaar asof van die Here af, maar dalk is dit nie.

Nou hoe dan nou gemaak? Het mense vandag die gawe van profesie? Verseker, definitief. Dis een van die pertinente genadegawes wat die Here vir mense gee. 1 Kor 12 : 10 (ou vertaling) Die gawe van profesie – sommige nuwe vertalings praat daarvan as "die gawe om God se boodskap te verkondig". Dus, om te sę wat God sę.

Hoe weet ek dan waarna ek moet luister?

1. Ondersoek jou eie motief oor hoekom jy iets wil hoor. Is dit tot jou eie voordeel? Materialisties van aard? Of regtig om uit te vind wat jy moet doen?
2. Ondersoek die motief van die persoon wat profeteer. Is dit dalk op een of ander manier vir sy eie gewin? Status, geld, eer.
3. Kyk eerlik of daar 'n element van waarsęery in is. Wil jy regtig weet wat die toekoms inhou? Wat in jou besigheid gaan gebeur wanneer die lotto gaan uitbetaal? Of wat die nommers is? Indien wel, is jy ook lus om te weet of 'n geliefde oor 'n week in 'n ongeluk gaan sterf?
4. Gaan toets die woord wat oor jou gespreek is. Toets dit aan die skrif, aan 'n mentor, met tyd. Gaan bid daaroor en wag vir bevestiging.
5. Ons wil so graag iets "hoor", of "sien". Wat van hierdie een? Is jy bereid om die Here te vra wat jy moet gaan doen? Hoeveel geld - en vir wie - moet jy hierdie maand weggee. Met wie moet jy gaan praat oor sy/haar geestelike lewe?

Dis moeilike goeters hierdie, maar as ons alles gaan toets aan motief, gaan ons reeds 'n groot element van valse profesie uitwis.

En weet jy, daar is wonderlike beloftes wat saam met profesie gaan, lees bv. dié:

Jes 1 : 18 "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sę die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol."

'n Pragtige profesie.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)