Jak
4:13-16
Kom nou, julle wat sê: "Vandag of môre sal ons na dié en dié stad
toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak."
Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is
maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle
moet eerder sê: "As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat
doen." Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot.
Al sulke grootpratery is verkeerd.
Hier in Jakobus waarsku die Here ons eintlik ernstig.
Jy weet nie hoe lyk more nie, en jy weet nie eers of more gaan
aanbreek nie. Sê liewer “as die Here wil”, want dis tog net Hy wat
die toekoms ken.
Hierdie boodskap kan of ‘n bietjie fatalisties klink,
of dit kan jou by ‘n besluitneem-punt bring. Verseker leef ons as
Christene met ‘n verwagting vir more, en omdat ons kinders van die
Here is glo ons in ‘n toekoms. Maar more kan dalk nie aanbreek nie,
ons weet nie.
Kom ons speel gou ‘n bietjie “sê nou maar...”. Sê nou
maar vandag is jou laaste dag op aarde...
-
wat het jy gedoen
wat jy nie moes doen nie?
-
wat moes jy doen,
wat jy nie gedoen het nie?
-
waaroor sou jy
spyt wees?
-
wat kan jy vandag
nog doen?
-
is daar nog iets
wat gesê moes word?
-
wat sou jy met jou
geld en jou besittings doen?
-
hoe sou jy jou
gesin hanteer?
-
wat sou jy op jou
laaste dag by die werk doen?
-
sou jy dalk nog ‘n
goeie klompie lewe uit hierdie 24 uur kon druk?
Lees hierdie woorde van die Nickelback liedjie “If
today was your last day”
My best friend gave me the best advice
He said each day’s a gift and not a given right
Leave no stone unturned, leave your fears behind
And try to take the path less travelled by
That first step you take is the longest stride
If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
If today was your last day
Against the grain should be a way of life
What’s worth the prize is always worth the fight
Every second counts ’cause there’s no second try
So live like you’ll never live it twice
Don’t take the free ride in your own life
If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
Would you call old friends you never see?
Reminisce of memories
Would you forgive your enemies?
Would you find that one you’re dreamin’ of?
Swear up and down to God above
That you finally fall in love
If today was your last day
If today was your last day
Would you make your mark by mending a broken heart?
You know it’s never too late to shoot for the stars
Regardless of who you are
So do whatever it takes
‘Cause you can’t rewind a moment in this life
Let nothin’ stand in your way
Cause the hands of time are never on your side
If today was your last day
and tomorrow was too late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past
Donate every dime you have?
Would you call old friends you never see?
Reminisce of memories
Would you forgive your enemies?
Would you find that one you’re dreamin’ of?
Swear up and down to God above
That you finally fall in love
If today was your last day
As vandag jou laaste dag was ... dis moeilik om
daaraan te dink, maar miskien is dit nodig om so bietjie daaroor te
peins.
Kom ons begin by geld en besittings. Sou die waarde
wat jy aan geld heg eensklaps verander? of nie? Hoeveel sou jy
uitdeel? Sou jy hierdie laaste 24 uur kyk hoeveel jy vir oulaas kan
maak? Of hoeveel jy vir oulaas kan weggee? Daai ou wat jou R500
skuld, sou jy hom vir oulaas gaan wurg, of sou jy die skuld afskryf?
Of nog ‘n moeiliker vraag: sou jy jou beskikbare kontant gebruik om
jou skuld af te betaal, of sou jy sê: ag nee wat, vergeet van hom,
hy sal nou in elk geval niks meer aan my kan doen as ek nie betaal
het nie. Ek dink nogal hierdie vrae toets ons waardes so ‘n bietjie.
Geen wonder dat God praat van Mammon nie, en dit as ‘n god – geld en
goed neem so maklik die Here se plek in ons lewens in. Miskien moet
ons net gou bietjie stilstaan en ons eie posisie teenoor geld en
besittings in oënskou neem. In die Onse Vader – gebed lees ons: “gee
ons vandag ons daaglikse brood”, nie ons weeklikse, of jaarlikse
brood nie. Sou jy gelukkig gewees het as jy net brood vir een dag
gehad het? Baie mense het nie eens dit nie. Maar ... ek vra weer:
sou jy gelukkig kon wees? Lyk my dit hang net af hoeveel dae jy oor
het. Lyk my geld is ‘n tyd-ding.
Voordat mens op ‘n lang vakansie of ‘n sakereis gaan,
is daardie laaste dag ver by mal verby. Alles moet gebeur – paspoort,
visa, padkos, admin, ens ens, Alle sake moet in orde kom, alles moet
reg gelos word by die huis. Maar, as dit nou die laaste, laaste dag
op aarde was – sou jy dalk vir oulaas vir ma of pa in die outehuis
gaan kuier het? Sou jy dalk ‘n paar verhoudinge gaan regmaak het?
Daardie wat jy nou al so lankal uitstel. Jy wil tog nie die aarde
verlaat terwyl mense sleg van jou dink nie? As vandag jou laaste dag
is, sou jy eerder ekstra tyd aan verhoudinge spandeer het, of sou jy
nog bietjie goed wou opgaar? Sou jy gaan ekskuus sê, vir oulaas ‘n
tydjie saam met iemand gaan spandeer? Sou jy tyd saam met die Here
gaan deurbring? Dalk nog iemand van die Here gaan vertel, terwyl
daar nog tyd is? Eenvoudig gestel: sou jou laaste dag oor jouself of
oor ander gaan?
Onthou: jy HET nog vandag. Wat gaan jy daarmee maak?
As vandag jou laaste dag was ... hoeveel tyd het jy
nodig om regtig te lewe? As jy weet jy het nog 20 jaar, is dit
maklik, mens kan nog baie doen. 10 jaar is ook nog okei, selfs
miskien 5 jaar kan nou nog lank klink. Ek kry soms die idee ons dink
ons lewenskwaliteit moet afneem hoe minder dae ons oorhet. Ek sien
dit nogal by bejaardes – hulle voel die lewe kan nou maar stop en
klaarkry. Dis verkeerd. Dink liewer saam met my hoeveel ware lewe
kan jy nog inpas in 24 uur se lewe, of in 10 minute se lewe. As mens
nie tonne kwaliteit kan inpak in een dag se lewe nie, sal jy geen
kwaliteit kan inpak in ‘n honderd jaar nie.
Hou op sterf, want jy lewe nog! Moenie leef om te
sterf nie, leef totdat jy sterf.
As vandag jou laaste dag was.... sorg dat daar geen
slegte verhoudinge of onafgehandelde sake is nie, sorg dat daar
balans en kwaliteit in elk dag se lewe is! As jy dit vir één dag kan
regkry, en dan vir nog ‘n dag, en nog ‘n dag ..... leef een dag op
‘n slag.
Ps 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het,
laat ons daaroor juig en bly wees”
|