Deur die
geskiedenis van die Bybel, in besonder in die Ou Testamentiese tyd, lees
ons hoe God telkens Sy woede laat opvlam het en dikwels wou Hy Sy volk
vernietig. Dit was deur die bank wanneer die volk in sonde en
ongeregtigheid verval het. Dan het die Here profete gestuur om die mense
te waarsku om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë en terug te draai
na Hom toe . So is daar baie gevalle waar God gewaarsku en gedreig het om
alles te verwoes, as die volk nie terugdraai nie. Maar, die Here het elke
keer nóg ‘n kans gegee en van Sy planne afgesien. Behalwe met Sodom en
Gomorra…
Gen 18:22-33
Die mans het weggedraai Sodom toe,
maar die Here het by Abraham bly staan. Abraham
het toe nader gekom na die Here toe en gevra: "Sal U die regverdiges
saam met die goddeloses vernietig?
Hier sien ons hoe
Abraham pleit vir Sodom. Vers 23: “Sal U die regverdiges saam met die
Goddeloses vernietig?” Maar kyk hoe groot is God se genade. Abraham
onderhandel met die Here en stel die teikens al hoe laer en laer. Abraham
begin by vyftig en sê: Here, sal vyftig dan nie goed genoeg wees nie? Dan
gee die Here toe, en dan pleit hy vir 45, 40, 30 tot God dan sê: “oor
tien sal ek dit nie verdelg nie”.
Ons lees dan
verder in Genesis 19 dat twee engele by Lot aan huis kom, en die mans van
Sodom omsingel die huis en wil met hulle geslagsgemeenskap hê. Lot
probeer hulle beskerm en bied selfs sy twee dogters (maagde) aan, maar
hierdie ouens staan vas, hulle wil nie luister nie.
Gen 19:8-15 Ek
het twee dogters. Hulle het nog nie gemeenskap met 'n man gehad nie. Ek
sal hulle vir julle laat uitkom, doen julle dan met hulle wat julle wil.
Moet net nie iets doen aan hierdie mans nie, want hulle het onder die
beskerming van my dak ingekom." Toe
roep die mans van Sodom: "Gee pad!" En hulle sê: "Hierdie
kêrel het as vreemdeling hierheen gekom, en nou wil hy regter speel. Ons
sal hom nog meer kwaad aandoen as vir sy besoekers." Hulle het vir
Lot teruggedruk en nader gekom om die deur oop te breek. Toe het die mans
wat in sy huis was, vir Lot binnetoe getrek na hulle toe en die deur
gesluit, en die mans buite by die deur, oud en jonk, laat blind word sodat
hulle nie die deur kon kry nie. Die
mans by Lot sê toe vir hom: "Wie van jou mense is nog hier?
Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle
uit die plek uit! Ons gaan hierdie plek verdelg. Daar is 'n groot geroep
by die Here oor die plek en sy mense, en Hy het ons gestuur om die plek te
verdelg." Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê:
"Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad
verdelg," maar hulle het gedink Lot maak 'n grap. Toe die dag begin
breek, het die engele hom aangejaag en gesê: "Kom nou! Vat jou vrou
en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy
straf kry."
En God het
besluit, genoeg is genoeg. Tot hier toe nie verder nie. Toe verwoes Hy
alles. Swael en vuur wat reën uit die hemel uit. Dit lyk my daar was net
nie genoeg regverdiges nie.
Gen 19:15-17 Toe
die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: "Kom nou!
Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer
die stad sy straf kry." Toe
Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die
hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot
ontferm. Nadat hulle vir
Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom:
"Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte
vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring."
Die Here ontferm
Hom oor Lot en sy familie. Alles word
verwoes, en selfs Lot se vrou bly in die slag omdat sy omgekyk het.
Maar kyk nou wat gebeur: Nadat Lot en sy twee dogters gered word, maak
hulle hulle pa dronk en slaap saam met hom en word swanger van hulle eie
pa!
Hoeveel keer moet
die Here nog waarksu? Het God daardie bedeling laat vaar waarin Hy ‘n
volk sal uitdelg en vernieitg? Was Jesus se koms genoeg dat ons dit sou
kon vryspring? Sou die Here weer by ‘n punt kom wat Hy sal sê: genoeg
is genoeg? Ek wonder nogal wat die Here dink as Hy na Suid-Afrika as ‘n
volk kyk. Is daar nog genoeg regverdiges dat Hy Hom sou ontferm? Jy het
ook al seker oral die baniere en plakkers gesien wat sê “Suid-Afrika
draai terug na God”? Draai terug, kom terug na My toe, Ek wil julle red
van julle bestaan van misdaad, ongeregtigheid, swaarkry. Kom net terug.
Dalk voel jy ook of die Here Sy gesig weggedraai het, en of Hy net nie
meer omgee nie. Ek dink die Here roep steeds oor Suid-Afrika: “Draai
terug!”
Jona 3:1-10 Die
woord van die Here het 'n tweede keer tot Jona gekom: "Maak
klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die
boodskap wat Ek jou sal gee." Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve
toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n baie groot stad: 'n mens
het drie dae gevat om dit deur te stap. Jona het die stad ingegaan en 'n
dag lank daar rondgestap en toe roep hy: "Nog net veertig dae en
Nineve word verwoes!" Die mense van Nineve het toe in God geglo en
hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere
aangetrek. Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van
sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en
op 'n ashoop gaan sit. Hy het in Nineve laat proklameer: "Die koning
en sy raadgewers beveel dat mens en dier, grootvee en kleinvee, aan niks
mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie. Mens en
dier moet rouklere aanhê, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle
van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle
gepleeg het. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie.
Dan sal ons nie omkom nie." Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle
hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy
gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.
Die genade van
God oor Nineve. Mense wat luister na ‘n ou wat in ‘n vis aangery kom;
hy is onbekend aan die mense, maar hulle luister na die oproep tot
bekering. Jona kry sy opdrag om Nineve toe te gaan, maar besluit om weg te
vlug van die Here af, en gaan na Tarisis toe. Maar God het ‘n ander plan
as Jona gehad….
Toe bid Jona:
Jona 2:1-10 Toe
bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gesê:
"In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor.
Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.
U het my die diepte ingegooi, diep
in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my
laat gaan. Ek het gedink
ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om
my kop gedraai. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die
aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die
dood gered. Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed
het by U gekom, in u heilige tempel. Dié wat op nuttelose afgode vertrou,
verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek
aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die
Here af." Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die
vasteland uitgespoeg.
God ontferm Hom
oor Jona. So hoor die Here gebede, wanneer Sy kinders in doodsgevaar sit.
Weereens ontferm Hy Hom. Dan kom Jona in Nineve aan, voer sy opdrag uit,
die hele Nineve word gered. Maar kyk wat gebeur: Jona word kwaad!
Jona 4:1-4 Hieroor
was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword.Hy het tot die Here
gebid en gesê: "Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land
was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U
is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik
af van die straf wat U aangekondig het. "Laat
ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te
lewe." Toe vra die Here vir hom: "Het jy rede om kwaad te
word?"
Kan jy glo,
steeds nie goed genoeg nie. Jona gaan sit in die veld, die Here gee ‘n
komkommerplant om hom te beskerm, en vat weer die plant weg. Dan is hy
éérs kwaad.
Jona 4:10-11: Die
Here het vir Jona gesê: "Jy is besorg oor die komkommerplant
waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het
oornag opgekom en oornag is dit dood. Maar Ek mag nie besorg wees oor die
groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig
duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie
diere"
Ek wonder waar
staan ons op ‘n skaal van 1 tot 10 – waar 0 beteken ons volk is ten
gronde, en 10 beteken ons behaag werklik die Here. Wat dink jy? Staan ons
miskien op so 8? (so 50 regverdiges) of op 5 (miskien 30 regverdiges),
miskien 1 (so 10 regverdiges)?? Ek wonder regtig wat die Here dink?
Misdaad, aborsies, ontrouheid aan die Here, egskeidings wat meer algemeen
is as ontbyt eet, gierigheid, leë kerke …. Waar staan ons? Hoe dink jy
lyk ons op die skaal?
Nou wil ek vir
jou twee vrae vra:
1)