Gen
1 : 26 "Toe het God gesê: "Kom ons maak die
mens as Ons verteenwoordiger". Die eerste keer wat ons van iets meer
(meervoud) van God lees, is Gen 1 : 2 "maar die Gees van God het oor
die waters gesweef." God die Heilige Gees is nog 'n persoon van die
Drie-eenheid, wat 'n spesifieke doel het. 'n Persoon, 'n entiteit.
En regdeur die Ou Testament lees ons van die Heilige Gees. Die
Heilige Gees het nie eenkant gebly deur die Ou Testament nie, hoewel
die Heilige Gees in Handelinge uitgestort word, en duisende mense
tot bekering kom! Die werking van die Heilige Gees het ook nie daar
gestop nie. Nee, die Heilige Gees werk hard en aktief in my en jou
lewe.
Joh 14 : 15 - 17 " As julle
My lief het, sal julle my opdragte uitvoer. 16 Ek sal die Vader vra,
en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle
te wees, 17 naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom
nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar
julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."
Is dit nie mooi nie? "Ek sal die Vader vra, en Hy sal
vir julle 'n ander Voorspraak stuur". Toe Jesus se werk op aarde
afgehandel word, los Hy ons steeds nie alleen nie. Hy stuur 'n ander
voorspraak. Vers 17: "Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in
julle sal wees." Ons moet Hom net plek gee.
Joh 14 : 25 " Dit sê Ek vir
julle terwyl Ek nog by julle bly;"
Die Heilige Gees het ook vir Jesus in sy amp kom
bevestig:
Luk 3 : 21 - 22 " Toe al die
mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan
en bid, het die hemel oopgegaan 22 en het die Heilige Gees in
sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n
stem uit die hemel: Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My."
Dit is dus duidelik dat die Heilige Gees aktief aan
die werk was toe Jesus op aarde was. Die grootste wonderwerk wat ons
egter raaksien, is in Hand 2 : 1 - 13
" Toe die
dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek
bymekaar. 2 Skielik was daar 'n geluid uit die hemel soos van 'n
geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle
gesit het. 3 Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en
op elkeen van hulle gekom het. 4 Almal is met die Heilige Gees
vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees
dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. 5 Daar het
godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem
gewoon. 6 Toe die mense die geluid hoor, het 'n groot skare
saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal
gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7 Verras
en verbaas sê hulle toe: Die mense wat daar praat, is tog almal
Galileërs. 8 Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 9 Perse,
Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en
Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10 Frigië en Pamfilië,
Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, 11 Jode
sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en
Arabiere - ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge
wat God gedoen het. 12 Hulle was almal verbaas en uit die veld
geslaan. Party het vir mekaar gevra: Wat kan dit tog beteken? 13
Maar party het gespot en gesê: Hulle is dronk."
Daar sien ons die krag van die Heilige Gees in aksie.
Hand 1 : 8 "Maar julle sal krag ontvang
wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuienis
wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot
in die uithoeke van die wêreld."
Kragtig, onbeskryflik. Daarna lees ons hoe die mense
by die duisende tot bekering kom - 3000, 5000, en die mense doen
wonderwerke. Paulus, wat net 'n rukkie tevore weggehol het vir 'n
diensmeisie, ontpop in hierdie kragtige prediker en evangelis. Waar
hy gaan, word mense gesond, selfs as sy skaduwee net oor hulle val.
Hy en die ander apostels begin kragdadig en vreesloos getuig. Paulus
verskyn op die toneel (na sy bekering) en saam vorm hulle 'n
formidabele span. Onthou jy dat Jesus vir hulle gesê het: "Julle sal
selfs groter dinge as Ek doen?" Selfs ten spyte van vervolging
, lyfstraf en tronkstraf, gaan hulle voort om onverskrokke die evangelie
te verkondig. Alles deur die werking van die Heilige Gees.
En so werk die Heilige Gees vandag in jou en my lewe
ook.
Titus 3 : 4 - 7 " Maar toe
het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens
verskyn. 5 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons
vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit
het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur
die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. 6 God het die Heilige Gees
oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. 7 So
is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword
van die ewige lewe wat ons verwag."
God het die Heilige Gees op ons uitgestort toe Hy ons
kom red het. Op my en jou. Is dit nie so dat ons soms 'n twee-enige
God aanbid nie? Ons praat so maklik van God (die Vader) en van
Jesus, maar so min van die Heilige Gees.
Mark 3 : 28 - 29 " Dit
verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die
sondige lastertaal wat hulle praat. 29 Wie egter teen die Heilige
Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig
skuldig aan die sonde."
Sjoe, klink nogal erg. Die sonde teen die Heilige
Gees. Nie 'n sonde wat jy per ongeluk of onwetend kan pleeg nie. Dis
'n moedswillige en beredeneerde aksie om God en alles waarvoor Hy
staan, weg te stoot en te vervloek. Nogal interessant dat die Bybel
dit laster teen die Heilige Gees noem, en nie laster teen God nie.
Wat kom doen die Heilige Gees dan vandag in ons
lewens? Hy praat met ons - met 'n sagte, “gentle” stem; Hy oortuig
ons van sonde, Hy kla ons nie per definisie aan nie. Hy oortuig ons
van ons redding. En dan seker die belangrikste: Dis net deur die
inwerking van die Heilige Gees dat ek en jy kan glo. Waaragtig
bonatuurlik kan glo.
1 Kor 2 : 16 " Daar staan
geskrywe: Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?"
Maar ons, ons het die Gees van Christus.
Maar ons, ons het die Gees van Christus. Daarom kan
ons glo.
Hoe weet ons as die Heilige Gees met ons praat? Die
Satan kom maak Hom na, so ons moet kan onderskei. Miskien kan
hierdie tabel ons help:
Heilige Gees |
Satan |
Oortuig van sonde |
Beskuldig |
Soek ons samewerking |
Forseer |
Sagte innerlike stem |
Hard, ongenaakbaar |
Lei ons |
Probeer domineer |
Wys ons ons waarde voor God |
Kraak ons af |
Inspireer |
Intimideer |
Wanneer Hy praat is dit
positief |
Wek negatiwiteit op |
Vertel die waarheid |
Verdraai die waarheid
|
Werk in die lig |
Kan lig nie verdra nie |
Bemoedig |
Bring moedeloosheid |
Gee ons hoop |
Breek selfbeeld |
Is die lig |
Boots die Engel van die lig na |
'n Paar merkers wat ons kan help om die werk van die
Heilige Gees te onderskei:-
Liefde vs haat
Hoop vs wanhoop
Nederigheid vs hoogmoed
Vrede vs vyandskap
Heiligheid vs onheiligheid
Gehoorsaamheid vs ongehoorsaamheid
Vrede vs anargie
Kom ons gaan doen wat die Heilige Gees sê, voer Sy
opdragte uit en geniet ons verhouding met God.
|