KARAKTER – 13 Julie 2011 


Tussen 1869 to 1916 leef Grigory Rasputin in Rusland. Rasputin was eerder berug as beroemd, en het die vermoë gehad om almal op hol te jaag. Rasputin was nie noodwendig bekend as ‘n misdadiger nie, maar eerder iemand wat vol streke was, wie jy nooit kon vertrou nie, en hy het die eienaardigste goed aangevang. Hy het beweer dat hy mense kon genees, het graag die Bybel gepredik, ‘n verhouding met die Tsarin gehad asook vele jonge dames. ‘n Mistieke figuur op sy beste. Hy was ook die “mad monk” genoem.

Hulle het probeer om hom te vermoor deur hom te skiet, toe oorleef hy dit. Hulle het hom arseen gevoer, maar hy het niks oorgekom nie. Daarna is hy met vier skote getref, maar hy is nie dood daaraan nie, toe gooi hulle hom in ‘n rivier en hy verdrink. Rasputin was ‘n gure kárakter! Hy was veelbesproke, soveel so dat Boney M selfs ‘n treffer gehad het met die liedjie “Rasputin”. Die woorde sę dit alles:

There lived a certain man in Russia long ago
He was big and strong, in his eyes a flaming glow
Most people looked at him with terror and with fear
But to Moscow chicks he was such a lovely dear
He could preach the bible like a preacher
Full of ecstacy and fire
But he also was the kind of teacher
Women would desire 

Ons hoor mos gereeld iemand sę: Hierdie is darem maar ‘n vreemde kárakter. Dan verwys hulle na iemand wat nie lekker is nie, wie jy nie kan vertrou nie, wie jy nie kan glo nie, wie vreemd optree.

Aan die anderkant, as jy van iemand sę: Hierdie is ‘n man van karákter, dan is die teendeel van wat ons nou net genoem het waar. Iemand met karákter is ‘n mens naby wie jy wil wees. Ek is seker jy ken mense wat by albei hierdie situasie pas: “Kárakters” en mense met karákter. 

Ek dink so baie by myself: watse tipe mense is dit wat ‘n rekenaarvirus skryf? Of ‘n beleggingskema aanmekaar sit en gewetenloos ou mense se pensioengeld steel. Nie eens te praat van moordenaars, diewe, ens nie. Ek dink ek trek hier ‘n lyn tussen twee groeperinge: ‘n moordenaar / inbreker / rower is iemand van wie jy dit verwag. Maar daar is ‘n ander groepering, mense wat tussen ons beweeg, wat ons vriende of familie kon wees, mense wie jy sou vertrou, mense wat jou ęrens erg teleurstel. Jesus was seker dié Persoon in hierdie lewe wie se karakter absoluut onberispelik was. WWJD – what would Jesus do, was vir lank ‘n baie gewilde bandjie / slagspreuk wat ons vertoon het, maar ek wonder hoe goed ons oor die algemeen hierin vorder. Ek is net eerlik as ek sę: ek het dit liewer nie vertoon nie. Miskien omdat ek my eie integriteit in twyfel trek. ‘n Rotsvas karakter vra baie, en ek ken mense wat dit het. Ek ken ook mense wat dit nie het nie... en ek wonder waar ek self staan. 

Job 2:1-3
Toe die hemelwesens weer op 'n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die węreld deurkruis.”  Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom nou gesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad. Hy het vroom gebly, al het jy My daartoe gebring om hom sonder rede te ruďneer.”    

 Job se karakter. Rotsvas, vroom, opreg, dienend. Iemand wat kan bly staan, ten spyte van wat ookal, wat altyd dieselfde bly, hy is ‘n ou met ‘n karakter en ‘n half.

In ‘n boek “Finishing Strong”, van Steve Farrar, skryf hy dat baie mense goed begin, maar min mense goed klaarmaak. Hy noem van 4 predikers, dinamiese sprekers wat lank gelede die hele węreld in beroering gepreek het. Drie van hulle was werklik uitmuntend, en een eintlik so-so. Hierdie drie persone het een na die ander uit die bus geval. Drank misbruik, egskeiding, meer as een het sy geloof totaal verloor, verkeerde paaie en slegte verhoudinge, het sy tol geëis. Die vierde persoon was nie so ‘n vurige spreker nie, maar hy het vasgebyt en hy “finished strong”. Miljoene mense is deur sy bediening aangeraak, en op ‘n hoogs bejaarde ouderdom gebruik die Here hom voluit. Sy naam is Billy Graham. Jy hoef nie vir Billy Graham persoonlik te ken om te weet dat sy karakter onbesproke is nie. Hy het die toets van die tyd deurstaan. Rotsvas, vroom, opreg dienend.

Weet jy wanneer word ons karakter tot op die been beproef? Wanneer ander mense hulle toekoms, lewensmiddele, gesondheid, lewens, kinders, geld, regsake, veiligheid, ens aan ons  toevertrou. Daar waar waaragtige eerlikheid en integriteit nodig is. Dit kan in baie van ons se beroepe getoets word. En ek dink, hoe meer geld op die spel is, hoe moeiliker raak dit. Blatant lieg, en inligting weerhou is presies dieselfde ding. Of om op ‘n ander ou se rekening te lieg. Kom ek vertel jou van ‘n ou (hy het regtig bestaan) wat tot die besef gekom het dat hy ander bedrieg het. Hierdie ou het mense wild en wakker besteel en bedrieg, soms openlik. Hy het die mag gehad, mense was uitgelewer aan hom, hy het weggekom met moord. ‘n Vervlakste gure kárakter. Geen karákter! Die sisteme het hom beskerm, net soos dit vandag nog werk. Maar toe kom Jesus op sy pad. Ons lees van hom in die volgende gedeelte:

Luk 19:1-10
Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sę vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”  Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesę: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!”  Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesę: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”  Daarop sę Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”     

Toe verander Saggeus van ‘n gure kárakter na ‘n man van karákter. Saggeus het nie net opgehou met sy streke nie, hy het gaan vergoed. Dink vir ‘n oomblik, is jy skuldig aan sulke goed? En as jy is, wat gaan jy daaraan doen? Gaan jy ‘n kárakter bly, of gaan jy ‘n karákter kry? Ek doen besigheid vir ‘n lewe, en ek weet hoe moeilik is dit om die streep te trek. Ek hoef nie te jok nie, ek hoef inligting net te verdraai, of verswyg. Lyk my die lyn tussen ‘n kárakter en iemand met karákter, is baie, baie fyn. En jy – is jy dié kant of daai kant?

Karakter, wat sou Jesus doen?

  • In die Ou Testament lees ons die profesie oor Jesus, wat Hy gesę het Hy gaan kom doen. Bv Jes 53 wat sę Hy sal deurboor word en ly, en dit het Hy gedoen. Iemand met karákter doen presies wat hy sę hy gaan doen. Sy ja is sy ja, en sy nee is sy nee.  

  • Jesus het nooit iets voorgegee wat Hy nie was nie. Hy het gesę Hy is die brood wat lewe gee, en Hy is dit. Hy het gesę Hy maak vir ons plek gereed by die Vader en Hy doen dit. Hy het nie net voorgegee om die Redder te wees nie, Hy IS dit. Iemand met karakter is iemand van wie jy kan sę: “what you see is what you get”. Die ou daar alleen in sy huis, is dieselfde ou by die werk, of by ‘n geleentheid. ‘n Drankie maak hom ook nie iemand anders nie.  

  • Jesus het Sy dissipels se voete gewas. Nederigheid. Omdat Hy Sy status geken het, kon Hy die knie buig voor Sy dissipels en kon Hy sę: “Ek het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien”. Mense met karakter kon op dieselfde vlak (of selfs laer) as hulle ondergeskiktes opereer. Ek het dit al gesien. Sjoe, dis mense met karákter. Hoogmoed is ‘n karakter-breker. 

  • Jesus was, is en sal altyd dieselfde wees. Die Jesus wat ek en jy vandag ken is presies dieselfde Jesus wat sy dissipels geken het. Hy is nie deur die strominge van die lewe heen en weer geslinger nie. ‘n Mens met ‘n karákter is altyd, orals tussen alle mense, presies dieselfde. Geen verkleurmannetjie nie. 

Satan was ‘n “kárakter”; Jesus het ‘n karákter. Waar staan ek en jy?

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)