 Ek 
			wil vir jou die storie van Robbie vertel. Robbie kom uit ’n baie 
			moeilike huis. Mens kan sê ’n slegte huis, ’n huis sonder ’n pa, met 
			’n ma wat die meeste van haar lewe onder die invloed van drank was. 
			Sy het vir Robbie baie sleg behandel, het hom soms genadeloos 
			geslaan, hy het dikwels nie veel gekry om te eet nie, want daar was 
			nie geld nie. Robbie het egter gewonder hoe sy die drank en 
			sigarette kon gekoop het. Hy het vir ’n paar jaar skool toe gegaan, 
			maar hy was altyd gespot en sleggesê en het uiteindelik begin 
			stokkiesdraai en wegbly van die skool af. Daar was dikwels mans by 
			sy ma, maar hy het nie geweet of een van hulle dalk sy pa was nie. 
			Toe hy sy ma eendag vra waar sy pa was, het sy gesê dat rubbish soos 
			hy nie ’n pa kan hê nie. So het die een  oom hom Robbie Robbish 
			begin roem en lustig deelgeneem aan die mishandeling. Op een dag kon 
			Robbie net nie meer nie, toe loop hy weg. Hy het homself belowe dat 
			hy nooit weer sal terugkom nie en op die straat begin lewe. Met 
			bedel, kos soek op vullishope en soms iets uit ’n winkel steel, het 
			hy aan die lewe gebly. Hy was vry ... so het hy gedink.
Ek 
			wil vir jou die storie van Robbie vertel. Robbie kom uit ’n baie 
			moeilike huis. Mens kan sê ’n slegte huis, ’n huis sonder ’n pa, met 
			’n ma wat die meeste van haar lewe onder die invloed van drank was. 
			Sy het vir Robbie baie sleg behandel, het hom soms genadeloos 
			geslaan, hy het dikwels nie veel gekry om te eet nie, want daar was 
			nie geld nie. Robbie het egter gewonder hoe sy die drank en 
			sigarette kon gekoop het. Hy het vir ’n paar jaar skool toe gegaan, 
			maar hy was altyd gespot en sleggesê en het uiteindelik begin 
			stokkiesdraai en wegbly van die skool af. Daar was dikwels mans by 
			sy ma, maar hy het nie geweet of een van hulle dalk sy pa was nie. 
			Toe hy sy ma eendag vra waar sy pa was, het sy gesê dat rubbish soos 
			hy nie ’n pa kan hê nie. So het die een  oom hom Robbie Robbish 
			begin roem en lustig deelgeneem aan die mishandeling. Op een dag kon 
			Robbie net nie meer nie, toe loop hy weg. Hy het homself belowe dat 
			hy nooit weer sal terugkom nie en op die straat begin lewe. Met 
			bedel, kos soek op vullishope en soms iets uit ’n winkel steel, het 
			hy aan die lewe gebly. Hy was vry ... so het hy gedink.
			Robbie het baie van Jesus gehoor. 
			By die skool het hulle ’n Bybel periode gehad, maar by die huis het 
			hy die naam Jesus ook gereeld gehoor, wanneer sy ma kwaad was en dit 
			uitgeskree het. Dit het hom verwar, want by die  skool het hy gehoor 
			van Jesus se liefde, maar by die huis het hy gedink dis ’n 
			vloekwoord. Nadat Robbie weggeloop het, het hy soms gewonder of 
			iemand na hom soek. Hy het nooit weer huis toe gegaan nie en op die 
			straat gelewe. Robbie het in ’n stegie geslaap onder goed wat hy op 
			ashope opgetel het. Diep in sy hart was iets goeds geskryf wat hy 
			nooit verstaan het nie. Hy het probeer om niemand skade aan te doen 
			nie. En toe, op een goeie dag, kom daar mense van ’n kerk en hy kry 
			die grootste geskenk van sy lewe: ’n splinternuwe kombers en ’n 
			sakbybeltjie. Omdat hy nie goed kon lees nie, het hy maar saans net 
			so bietjie daarin rond geblaai. Die een naam wat heeltyd opgeduik 
			het, was Jesus. Hy het meer en meer begin wonder wie dit was. Daar 
			was ’n ouer man wat ook in die stegie geslaap het. Sy naam was Dave. 
			Dave het vir hom vertel dat hy ’n geleerde ou is en op Universiteit 
			was, maar die lewe het sy rug op Dave gedraai en hy is uit sy gesin 
			uit en het ook ’n boemelaar geword. Maar Dave was slim en het geweet 
			van die Bybel. Hy het dit ook gereeld gelees en soms met Robbie oor 
			Jesus gepraat. Hy het gewens Dave was sy pa. 
			Eendag het Robbie verby ’n kerk  
			geloop en daar was ’n groot bord met die woorde: “Jesus is die 
			antwoord”. Maar hoe goed hy ook al op die bord gelees het, het hy 
			nie geweet wat die vraag is nie. As Jesus dan die antwoord is, wat 
			is die vraag? Dit het hom verwar. Een Sondagoggend het hy buite die 
			kerk gestaan en luister na die prediker wat gepraat het oor liefde. 
			Maar hy het nie geweet wat liefde is nie. Dié aand het hy vir Dave 
			gevra wat liefde is. Dave het gesê: “Jesus is liefde”. Toe is hy nog 
			meer verward oor die vraag. Hy het ’n antwoord, maar nie ’n vraag 
			nie. hy het gedink hy kan seker nie weet nie, want hy is mos ’n 
			rubbish.
			Een aand het Robbie vir Dave gevra 
			hoekom mense vir Jesus ken en hy wat Robbie is, nie. Hy het ook nie 
			verstaan hoekom dit net ryk mense is wat vir Jesus ken nie. Eendag 
			het hy weer buite die kerk gaan luister en gehoor die pastoor praat 
			oor die wet. Dié aand het hy vir Dave gevra om dit vir hom te lees.
			Eks 20:1-17
			Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die 
			Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. 
			Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles 
			doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here 
			jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou 
			dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of 
			die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en 
			alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles 
			daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit 
			as gereelde rusdag geheilig. Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy 
			lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. Jy mag 
			nie moord pleeg nie. Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Jy mag nie steel 
			nie. Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie. Jy mag nie 
			iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook 
			nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat 
			aan hom behoort nie.
			Dit was egter vir Robbie die 
			spyker in die doodskis. Hy het nie sy ouers geëer nie, hy het sy ma 
			gehaat. Hy het soms iets gesteel; hy het nie God geëer nie, hy het 
			dikwels gelieg as hy gebedel het. En hy het begeer – veral as hy 
			gesien het hoe iemand smul aan iets lekker. Toe sê  hy vir Dave: “Ek 
			kan nie hierdie goed doen nie. Ek is te sleg. Ek is ’n Robbish. Dit 
			is nie vir my nie”. Dave het toe hierdie woorde gesê: “Robbie, Jesus 
			is die antwoord”. Robbie het amper omgeval, want toe kry hy die 
			vraag van die antwoord. Dave het verder vir hom verduidelik: “Omdat 
			jy nie kan nie, kan Jesus. Jesus is die antwoord op alles”. Robbie 
			het besluit hy gaan hierdie pad probeer. Daardie aand het Robbie sy 
			ma vergewe, onvoorwaardelik. Dave het vir hom die Onse Vader gebed 
			gelees en hy het verstaan waar sy daaglikse brood vandaan kom. Die 
			volgende oggend het Robbie nie wakker geword nie. Dave het hom gekry 
			met ’n salige trek op sy gesig. Yskoud. Hy het in sy slaap gesterf. 
			Dave het besef dat daar geen teleurstelling vir Robbie is nie. hy 
			het dit gemaak. Hy was op die beste plek.
			Dave het by homself gedink, Robbie 
			was geen rubbish nie, want God maak nie rubbish nie, al het Robbie 
			dit in sy kort lewe geglo. Hy het ook geweet Robbie glo nou anders. 
			Hy het gewonder hoekom die Here vir Robbie so vroeg in sy lewe kom 
			haal het. Hy het egter vertroosting gekry in Lukas 16, die deel oor 
			Lasarus en die ryk man. Luk. 16:22: “Toe die arm man te sterwe 
			kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham”. 
			Hy het ook gedink aan die reëltjie uit die lied Starry Starry Night 
			(wat oor die lewe en sterwe van Vincent van Gogh gaan): “But I could 
			have told you, Vincent (Robbie), this world was never ment for one 
			as beautiful as you”