AS JY DIE LEWE HAAT


Hoe gaan jy met die lewe om? As jy nou in een of ander verhouding is met hierdie ding wat ons “lewe” noem, hoe sou jy dit beskryf? Kom ons vergelyk dit met 'n huwelik:-

  • Sou jy sę dat jy en Mnr/Mev Lewe na talle jare steeds op wittebrood is?

  • Dalk is die wittebrood verby, daar is soms 'n bietjie kopstamp, maar dinge gaan oorwegend goed?

  • Voel jy dalk dat jy en Lewe nie veel vir mekaar te sę het nie?

  • Irriteer Lewe die wit waks uit jou uit?

  • Is jy en lewe van bed en tafel geskei?

  • Kan jy dalk nie wag om finaal van Lewe te skei nie?

  • Is julle dalk reeds geskei?

  • Of het julle dalk nog nooit getrou nie?

So gaan ons almal maar op een of ander manier met die lewe om. Soms goed, soms sleg, dalk so bietjie op en af. Is die lewe dalk vir jou een groot pyn? 

Pred. 2:17 – 26

Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie węreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop. Alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind. Ek het alles gehaat waarmee ek my in hierdie węreld met soveel sorg besig gehou het, want ek moet dit nalaat aan dié een wat ná my kom, en wie weet of hy 'n wyse of 'n dwase mens sal wees? Tog sal hy beskik oor alles wat ek met sorg en oorleg in hierdie węreld bymekaargemaak het. Dit kom dus ook tot niks. Ek het in vertwyfeling geraak oor alles waarmee ek my met soveel sorg in hierdie węreld besig gehou het. 'n Mens wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks. Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie węreld besig hou? Elke dag bring vir hom pyn en elke onderneming ergernis; selfs snags kom hy nie tot rus nie. Ook dit kom tot niks. Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie? Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.  

Prediker aan die woord, en hy skep maar 'n mistroostige prentjie. Dis asof Prediker 'n erge teleurstelling ondervind met sy verhouding met Lewe, en hy sien nie meer veel sin in alles nie. So ken ek en jy vele mense wat hierdie verhouding opgee vir 'n “bad job”. Hoe voel jy vandag oor die lewe? Hoe gesond is “lewe” vir jou? 

Kom ons skep 'n denkbeeldige meter, soos 'n barometer wat regop staan met 'n skaal van een tot tien. Nul, wat onder is verteenwoordig uiters vrot en tien (wat bo is), is uitstekend. 'n Lewe wat regtig klopdisselboom loop. Waar lę die meter vir jou? Is dit by 'n twee of drie, wat maar vrotterig is? Dalk 'n 5, so net-net okay? Of dalk konstant bo 7... dan is die lewe heel lekker vir jou. 

Vers 17 “Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie węreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop”.  Prediker se skaal lyk of hy so min of meer op 'n twee gelę het, hoewel hy hier by vers 25 toegee dat daar darem iets goeds in die lewe kan wees.  

Ek het so by myself gesit en dink hoekom die lewe so sleg is vir sommige mense en by 'n paar moontlike redes uitgekom:-

  • Mense kry seer in die lewe. Dis 'n feit, dinge gebeur, die mat word soms onder 'n mens se voete uitgepluk en alles raak miserabel. Slegte verhoudinge maak dit ook nog erger.

  • Traumatiese insidente. Die dood van 'n geliefde, ongeneeslike siekte, gestremdheid, depressie, finansiële ineenstorting, om maar net 'n paar te noem. Hierdie dinge gebeur, punt.

  • Soms is ons verwagtinge van die lewe verkeerd. Dalk kyk ons te veel Top Billing, en fantaseer oor die rolmodelle wat die TV vir ons opdis. Miskien loer ons te gereeld oorkant die draad na die groen gras.

  • Dalk bly ons nie by met 'n veranderende węreld nie.

  • Party mense dink die lewe skuld hulle iets. Jy sien, daar is mense wat glo 'n 10/10 lewe kom hulle toe, en as hulle dit nie kan kry nie wil hulle tantrum daaroor.

  • Soms dink ons die Here skuld ons iets. Miskien glo ons te veel wat hierdie roekelose ouens kwytraak wat reken dat dit met Christene net altyd klopdisselboom sal gaan.

  • Miskien verwag ons iets wat ons nie toekom nie.

  • Sekerlik een van die grootste leuens van satan is dat die Here Sy hand wegtrek van mense wat nie volmaak lewe nie.

  • Dan 'n moeilike een: party mense doen absoluut niks om hulle lewens sinvol te maak nie. Hulle gaan in “passive mode” en wag dat ander mense hulle lewenskwaliteit vir hulle moet kom verbeter.

“Ek het die lewe gehaat...”  sę Preker, voel jy ook so? 

Bo 5 uit 10, of onder 5 uit 10? Waarmee is jy tevrede? Jy sien, ons laat toe dat omstandighede ons lewens definieer. Ons laat toe dat dinge wat net 5% van ons lewens moet beďnvloed, 100% van ons lewens oorheers. Ons definisie van lewe is dalk verkeerd.  Boonop kyk ons te veel in hierdie tydelike lewe vas. 

Waar pas die Here in hierdie prentjie in? Dink jy Hy is moedswillig as alles nie altyd net 100% gaan nie? Of dink jy dit is Bybels dat alles net goed sal gaan met Christene?  As jy so dink moet jy maar vir jou 'n ander Bybel kry. Die Here sę baie meer dat hy jou IN moeilike tye sal beskerm , as dat Hy sę Hy jou TEEN moeilike tye sal beskerm. Swaarkry is normaal, maar mense wat aan die Here vashou hanteer dit meesal beter. Waaraan sal mens vashou as die Here nie in jou lewe is  nie? 

Christene en nie-Christene se lewens-gesondheids-meters lyk maar dieselfde, maar kinders van die Here het 'n voordeel. Voorts sien ons mos na meer uit as net hierdie lewe, of hoe? 1 Kor 15:19 “As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense”.

Paulus reken dus dat jy bietjie verder moet kyk as die hier en nou. 

Daar is baie dinge wat ek en jy kan doen om die naaldjie van die meter bietjie te laat klim. Gaan jy dit doen of gaan jy maar altyd tevrede wees met 'n vrot lewe? Kom nou, vat die uitdaging en verander van vandag af jou lewensuitkyk. Hier is bietjie raad:- 

·         Hou op om te tob oor gister, of oor verspeelde kanse

·         Hou op om mense te haat. Gaan maak so gou moontlik reg.

·         Probeer om ander te laat glimlag, dis aansteeklik

·         Vergeet van wat ander van jou dink. Veral as hulle maerder of mooier as jy is.

·         Hou op om te glo dat die lewe regverdig is, want dit is nie.

·         Moenie saam met ander skinder nie, en vermy negatiewe geselskap.

·         Geniet soms 'n bietjie lekker kos, sonder om skuldig te voel.

·         Glimlag en lag bewustelik... sommer uit jou maag uit.

·         Hou op om te glo dat slegte situasies vir altyd gaan aanhou, want dit gaan nie.

·         Droom oor iets en fantaseer selfs daaroor. Al dink jy dit is onrealisties.

·         Kry vir jou 'n stokperdjie, selfs al is dit net iets eenvoudigs.

·         Lees bietjie op oor interessante dinge.

·         Klets lekker en lank met die Here.

·         Moenie net bid oor swaar en donker dinge nie, sę sommer dankie vir klein goedjies.

·         Stap gereeld 'n entjie, en doen “prayer walking”. Bid vir elke huis waar jy verbystap.

·         Bestudeer iets spesifieks uit die Bybel uit. Soek tekste en deel jou nuutgevonde kennis met ander.

·         Raak sommer laf en dans soos Dawid voor die Here.

·         Sę onverwags vir iemand dat jy hulle liefhet met Jesus-liefde.

·         Skryf 'n mooi brief of gediggie vir die Here en sommer vir iemand anders ook.

·         Tel vir een week elke dag jou seëninge. Laat dit 'n gewoonte raak.

Vriend, hou op om gelukkig te wees met 'n vrot lewe. Verander waar jy kan en aanvaar wat jy nie kan verander nie.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)