...
en daar het Desember toe nou uiteindelik aangebreek! Hoe voel jy
daaroor? Sę jy dalk: Uiteindelik! Dankie tog, ek het dit gemaak! Net
15 dae van werk, dan kan ek rus! Nadat ons deur ‘n mynveld ge-leopard
crawl het met tonne bagasie op die rug, oor en onder deur die
moeilikste hindernisse, dikwels ongelukkig, dikwels vermoeid, is ons
nou amper aan die einde van die jaar. Dankie tog 2010 is verby....
ons kan nou amper begin lewe. Ons kan mos nou begin lewe? Gaan ons?
En dan .... o koek, 2011, hier kom ons!
Jare gelede het Fanus Rautenbach ‘n boek geskryf met
die titel: “Vandag is môre se gister”. 2010 is op pad uit, verlof lę
vir jou voor. My vraag vandag aan jou is eenvoudig: Hoeveel het jy
in hierdie jaar geléwe? Hét jy gelewe? Vir hoeveel dae het jy by
lewe stilgestaan? Hoeveel keer het jy gesę: VANDAG gaan ek iets van
hierdie lewe maak? VANDAG gaan ek myself bederf met lewe! Nie net
bestaan nie, regtig léwe. Was daar vir jou hierdie jaar enigsins ‘n
“vandag”? Vandag is môre se gister. Of het jy konstant jou paspoort
laat “stamp” na môre of gister toe? Dalk wil jy nie by vandag
stilstaan nie, want gister was sleg en môre is al op pad. Iemand het
eendag gesę: “A slower day comes ... not!”
Spreuke 27:1
Moenie roem oor wat jy môre verwag nie, jy weet nie wat die dag sal
oplewer nie.
Hierdie jaar het baie môres gehad. Elke dag het ‘n
gister gehad. Maar hoeveel van daardie gisters was vir jou ‘n
vandag? My punt vandag is eenvoudig – min mense wil vir vandag leef,
want vandag het nie tyd vir leef nie. Vandag is te vol, vandag is
propvol dinge. Vandag se besluite is gister al geneem en die planne
het niks vir gister ingesluit nie. Dis dalk hoekom die Here nie veel
met ons regkry vandag nie. Ons wil hę die Here moes betyds ‘n
plekkie vooruit boek en as Hy nie ons dagboek kon haal nie, is Hy en
Sy werk vandag neusie verby. Intussen werk die Here eintlik vandag.
Spreuke 27:1 sę jy weet nie eens of daar ‘n môre is
nie, en dan het ons hom alreeds volgeprop. Is jou lewe ook vasgevang
in hierdie tydlose tydmasjien? Jy hoor die getik van die klok, maar
hy het nie wysers nie.
Vandag is môre se gister, maar vandag is soek – ons
kry hom nie. Die toebroodjie se dik snytjies weerskante van vandag
verswelg hierdie dun smeerseltjie wat ons vandag noem.
Pred 3:1-9
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie węreld het sy tyd:
daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te
plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n
tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n
tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van
blydskap te dans, 'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle
bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van
omhelsing af, 'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak, 'n
tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi, 'n tyd om te skeur, 'n tyd
om toe te werk, 'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat, 'n tyd om
lief te hę, 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
Sien jy hoe mnr. Prediker eintlik tydloos oor tyd
praat, sonder ure- en minute- kompartemente? Maar mnr. Prediker,
waar sal die tyd vandaan kom om elke ding ‘n vaste tyd te gee?
Die Here wil vandag vir jou die oorvloedige lewe gee.
Die Here kan nie gister met jou praat nie, want dis verby. En wat
van môre? Nee, dit moet vandag gebeur. Wanneer het die Here planne
vir jou? Vandag. Oor watter deel het jy die beste beheer? Oor vandag.
Wil jy nie dalk so bietjie jaloers vasklou aan vandag nie? Dis tog
al waarvan jy min of meer seker is. Wat gaan jy met vandag maak?
Gaan jy net vandag om “bestaan”? Of is vandag net gister se môre?
Kom ons kyk of ons nie dalk vandag ‘n paar besluite kan maak wat
vandag die moeite werd gaan maak nie. Dalk is vandag die ideale tyd
om more op sy plek te sit. Dink bietjie hoe kan vandag vir jou 24
sinvolle ure hę.
Josua 24:15
Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan
vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het
anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land
julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
Kies vandag. Hoe hou jy daarvan? Gaan dit tyd van jou
dag neem om vandag te kies om die Here te dien? Of wil jy dit
liewer môre eers kies? Dis vandag ‘n goeie tyd om as hoof van jou
huis jou voet neer te sit en te sę: gesin, dis wat ons gaan doen.
En wat van daardie knaende sorge en bekommernis?
Matt 6:34
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie,
want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg
moeilikheid van sy eie.”
Sorteer liewer vandag so paar dinge uit en los môre
vir môre. Hou tog op om jou oor môre te bekommer. Besluit vandag om
die gister-sleepwaentjie af te hak en ry weg van die vervlakste ding
af, want hoe meer jy hom sleep hoe meer begin hy om jou in môre in
te stoot. Dan verloor jy in elk geval beheer oor alles.
Hoe lyk dit, is dit nie dalk tyd om te kyk hoe vandag
se seëninge lyk nie? Het jy ‘n hond op jou werf? Kom ek belowe jou,
jou hond leef beter as miljoene mense op aarde – glo dit maar. Die
Bybel sę kos en klere behoort genoeg te wees.
1 Tim 6:8
As ons dan kos en klere het, moet ons
daarmee tevrede wees.
Spreuke 17:22
‘n Vrolike mense is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak
uitgeput.
Hoef ek meer hieroor te sę? Moenie vandag met ‘n
fatalistiese houding leef omdat môre donker lyk nie. Gee die Here
VANDAG ‘n kans om jou te verkwik, te restoureer, en nuut te maak.
Die Here werk die beste in “vandag”.
|