VERDUIDELIK JOU GELOOF (1)


Wat glo jy? Kan jy dít wat jy glo, verdedig? Kan jy verduidelik hoekom jy glo wat jy glo? Hoe sal jy verduidelik as iemand vir jou vra wat die inhoud van jou geloof is? Dink jy dis nodig om dit te kan doen?

1 Pet 3 : 15b "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe."

Dit lyk vir my dat dit inderdaad 'n opdrag van die Here is, dat ons moet kan verduidelik hoekom ons glo wat ons glo. Dis dan natuurlik wat ons getuig noem. Nou ja, die gedagte dat ons dit moet kan doen, is vir baie mense 'n verskrikking, want ons glo ons ken die inhoud van die Bybel nie goed genoeg nie. En dis waar, as ons nie die Bybel lees nie, sal ons nooit vir mense kan oortuig dat ons daarin glo nie. Hoe kan ek die lof van 'n vakansie-oord besing as ek nog nooit daar was nie.

2 Tim 4 : 1 - 4
1 Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap:
2 verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlę, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee,
3 want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sę wat hulle graag wil hoor.
4 Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

En hier is die opdrag: verkondig, weerlę, bestraf, bemoedig, onderrig. Die probleem is, ons val dikwels vas omdat ons nie antwoorde het vir basiese kwelvrae nie. En dan sę mense vir ons ons maak 'n bespotting van Christenskap. Want ons weet self nie wat en hoekom ons glo wat ons glo nie.

Ek wil vandag probeer om 'n paar kort antwoorde te gee op algemene kwelvrae, en ek wil nie oor teologiese aspekte praat nie. Sę nou maar iemand vra:-

· Is die Bybel waar? Waar kom dit vandaan? Ja, die Bybel moet waar wees. Want die ontstaan van die Bybel is 'n wonderwerk. Geskryf oor 'n tydperk van 1600 jaar, deur meer as 40 skrywers, op drie kontinente, in drie verskillende tale, deur mense wat mekaar meesal nie geken het nie, is die ooreenkomste tussen al die verhale en feite, verstommend. En as jy dink dat iemand, of 'n groep mense dit gefabriseer het, maak jy 'n fout. Argeologie bewys die oorsprong van hierdie dokumente. En as jy dit alles bymekaar sit, is jy verstom oor hierdie boek. Voorts is daar geen ander boek, of media, skildery, storie, gebeurtenis wat soveel mense se harte verander het, as die Bybel nie.

· Is daar 'n God? Kan ek dit bewys? Wel, eerstens, as ek dan staan op die geloof, en die inhoud van die Bybel, moet ek dit glo. Maar dit help nie om dit vir iemand te sę wat nie in die Bybel glo nie. Daarom moet ek na die skepping en die wetenskap gaan kyk. Want as ek die uniekheid van die skepping verstaan, moet ek glo in 'n Skepper. Dan haal ek 'n wetenskaplike aan wat in verwondering gesę het, "This must have been created by God, or at least someone with the same Name." Die skepping, hemel, aarde, sterre, mikrokosmos, makrokosmos, kwantumfisika, alles wys dat ons bestaan so uniek en so ingewikkeld is, dat daar 'n baie besondere skepper agter alles moet wees.

· Het Jesus bestaan? Wel, as Hy nie bestaan het hier op aarde nie, het 'n paar ouens (by name die dissipels) se stories darem baie lank gehou. Oor geen mens is al soveel geskryf, gesing, gepraat, bespiegel, geredeneer, gefilosofeer as Jesus Christus nie. Buite Bybelse geskrifte bevestig dat Hy bestaan het op aarde en sekulęre getuienis is oorvloedig beskikbaar. En verder kan miljoene der miljoene mense (Christene) getuig dat Hy steeds leef. In ons harte, gedagtes, deur die werking van die Heilige Gees. As jy dit werklik wil glo, gaan terug na die talle profesieë wat almal, maar almal, waar geword het. As jy dan nog twyfel, gaan vra vir 'n satanis, want die kern van satanisme is om teen Jesus op te staan. Sataniste, het geen saak met ander gelowe nie, niks.

Jak 2 : 19 "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook, en hulle sidder van angs."

· Hoe kan julle Christene sę dat julle die enigste is wat reg is? Wel, wat beteken dit om te sę "ons is reg". Een God, een Saligmaker, een weg tot saligheid. Die antwoord is eenvoudig. Ja, maar dis nie ek wat dit sę nie, maar God wat dit sę in die Bybel. "Ek is 'n jaloerse God. Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie." Ja, ek kan so sę, want God sę so. Ek moet so sę. Is dit dalk hoogmoedig? Nee, inderdaad, met liefde en nederigheid moet ons verkondig, weerlę, bestraf, bemoedig, onderrig gee. Dis ons opdrag.

· Wie kan gered word? Net ons, blankes, Afrikaans sprekendes, is ons die uitverkorenes? Nee, 100 maal nee.

Openb 7 : 9 - 17
9 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.
10 Hulle het hard uitgeroep: Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!
11 Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid
12 en gesę: Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!
13 Een van die ouderlinge vra toe vir my: Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?
14 Ek weet nie, Meneer, sę ek vir hom, maar ú weet. Hy sę toe vir my: Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.
15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.
16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en 'n hittegloed ook nie,
17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.

· Almal, van elke volk, stam, taal en nasie wat hulle skoon was in die bloed van die Lam, sal gered word. Daarom kan ons dit gaan verkondig aan almal.
· Ons kan glo sonder om slim te wees. Inteendeel, partykeer is ons slimmigheid ons ondergang. Die Here sę : "Ek maak die geleerdes belaglik." Jesus sę, "wees soos 'n kind". Ons moet weet wat ons glo, en hoekom. In "Verduidelik jou geloof 2" (klik hier om dit te lees >>)  neem ons dit verder en kyk na vrae soos:

1. Wat van die ander gelowe?
2. Hoe pas Satan in die prentjie in?
3. Hoekom is daar dan lyding?

Moeilike goed, maar ons moet 'n antwoord gereed hę as mense ons vra na die hoop wat in ons lewe.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)