|
Klik om kamp foto's te sien >> |
|
|

Christo du Plooy
Met ‘n GROOT
BRUL van ‘n LEEU begin die kamp, bekendes en onbekendes word
gou soos een groot familie saamgetrek… Almal word hartlike
verwelkom… en almal voel tuis!
Die ‘’Ysbreker-sessie’’
was weereens ‘n saambindingsfaktor – elke individu en elke
groep het spontaan aan die aktiwiteit deelgeneem en die
insette was puik aangebied…
Wat kan ‘n
mens van die tema van die kamp sê…. Die ‘’Moed van ‘n Leeu’’
word uitgelig, hoe ‘n mens dit in sy eie lewe sien à
geestelik of in die fisiese lewe… Die leeumoed word bevestig
deur die krag wat elke mens in hom/haarself het. Die
geestelike sessies het hierdiè krag weereens uitgewys as die
moed wat jy in Jesus het.
Die ‘’Leeu-verf’’
het weereens bewys watter talente in party van ons ‘’versteek’’
is… Daar was ‘n paar uitstekende afbeeldings van die LEEU.
Die middag
word daar gespeel en selfs ‘’gecrook’’, alles in die genot
van die aktiwitiete. Almal speel en almal lag… want daar was
‘n goeie gees.
Die ‘’konsert’’
het stadig begin, maar het later bewys – ongeag van jou
gebrekke – was dit lekker om te kyk hoe die deelnemers die
items aangebied het.
Die
‘’persoonlikheid van ‘n Leeu’’ was in groepverband aangebied
en persone in die Bybel word uitgelig as ‘’watter Leeu, is
hulle in persoonlikheidsverband?’’ asook jou eie
persoonlikheid.
Die fisiese
versorging van die kamp was weereens uitstekend! Die voedel
was uit die boonste rakke, ons kan net almal wat betrokke
was, uit ons harte bedank – Van die bestuur tot elkeen wat
die kamp moontlik gemaak het…
Soos altyd,
kom almal met ‘n verwagting en soms met ‘n bietjie twyfel
in jou gemoed, maar jy neem afskeid met ‘n vol gemoed.
Weereens
baie dankie vir almal wat daar was, en diè wat die kamp
aangebied het… |
|
|

Reniece & Corinne
“Ek is tot alles in
staat deur Hom wat my krag gee”.
Met die teks vers wat maar vlak lê in my gemoed val ons in
die pad Deo Volente Bush Camp toe, met Riekie en Ouma Rina
as ons passasiers. Om saam met soveel spesiale mensies die
naweek te kon deel, was vir ons net ʼn eer en ʼn voorreg.
Ons tema, “Die moed van ʼn leeu” het my deurentyd laat dink
aan hoe bevoorreg ek en Corinne eintlik is. Ons is geneig om
soms so maklik te wil tou opgooi met die kleinste klippie in
die skoen. Hierdie “spesiale mensies”, met wie ons die
naweek kon deel het egter genoeg rede om te kla. Die tema,
“Die moed van ʼn leeu” het my laat wonder of dit nie eerder
my fondasies moes ruk nie, in plaas van hulle sin. Ek het,
as ʼn bevoorregte mens, weer besef dat ek nog soveel skatte
uit God se skatkis moet ontdek.
Willem en Wilna het as gasheer en gasvrou ons waarlik op die
hande gedra. Die programme wat aangebied is, het ons laat
besef ons is almal maar net dieselfde in ons Skepper se oë.
Deur al die gelag, tot die trane loop, die lofprysing,
spelletjies en geselsies deur kon ek waarlik God se
teenwoordigheid elke oomblik ervaar.
Die erediens, wat deur Ian gelei is, was waarlik die
spreekwoordelike “cherry op die koek”. Van Robbie Wessels se
“Leeuloop”, met Christo natuurlik voor in die koor, tot die
“Leeu van Juda” kon ek nie help om skelmpies ʼn traan of twee
weg te vee nie. Christo se “Friendship” liedjie het waarlik
ons hartsnare geroer.
Dit was met ʼn knop in die keel dat ek weer vir Riekie en
Ouma by die huis moes aflaai. Ons het maar net saam gegaan
as ʼn hulp vir die mensies, en het terug gekom as ʼn veel
ryker mense.
Julle sien my en Corinne beslis volgende jaar weer.
Jesus liefde
Reniece en Corinne. |
|
Brentia (dogter van Frank &
Adele) Ek
wil net vir julle albei en al die helpers en borge en sommer
net almal wat betrokke is sê -julle is engele om soveel van
julself te gee en op te offer vir ons mense. Dit doen ons
almal se harte sooo goed om net daai omgee en aanvaarding te
beleef ons voel sommer weer herlaai vir die stryd. Daar is
nie eintlik woorde om groot genoeg te beskryf hoe ons dit
waardeer nie maar ek wil net weereens sê baie, baie dankie
vir alles julle almal. |
|

Martin & Essie
More Wilna & span van die kamp.
Ons
is saam met Ronald gery van CAPPRA.
Ons
moes 8 uur daar weer op Deo Valento om te begin kamp.
Daar
aan gekom ,is ons gegroet vir almal wat ons ken en te het
Ons
ontbyt geeet
Daar
na het ons die sessie begin oor die Leeu.
Het
jy die brul van 'n leeu of gepiep van 'n muis.
En
is groepe gesit met papiertjies wat diere se naam op was.Ek
was 'n Skaap en Martin 'n leeu.
Die
middag gespeel. En gesels .
Die
aand gesing ,en toe konsert gehou..
Sondag vroeg op gestaan en die sonop koms gekyk dit was pragtig
gewees.
Ontbyt geeet.
En
het oor 4 persoonlike mense gesels
Weer
in groepe gesit en gekyk watter persoonlikheidheid het
elkeen.
En
gekyk watter bybel persoon het van daai 4 persoonlikheid
gehad.
Ons
het 13 uur af gesluit met terug voering en foto's geneem van
almal
14
uur het ons terug gery huis toe.
Dankie vir almal wat dit moontlike gemaak het om te kan
kamp.
Groete.
Essie
,Martin Welman. |
|

Rudolf Stydom
Hello
vriende
Met die
afgelope kamp vir gestremdis te Deo Valte net voor Kwamasago
het ek maar net weer besef hoe bevooreg ons mag wees dat
daar mense is wat sulke dinge doen sodat die persoon wat
miskien in ‘n te huis of versorging pelk is bietjie kan uit
kom in die natuur weg van die alledagse. Die Saterdag het
ons allam geariveer waarna ‘n ken mekaar en verwelkoming
aangebied is en daar na praatjies oor die moed van ‘n leeu
aangebied is wat ook die kamp tema was Eet goed was daar
oorgenoeg waaraan almal van ons ons self kon help so 37
helpers in gesluit Die Sondag ogend het is die program
afgeskop met koffie en beskuit en ontbyd van graankos tot
roereier. Daar is toe praatjie gehou oor persoonlikheid
tiepes en vergelykings is gemaak na persone in die bybel met
daardie tipe persoonlikheid Die preek was baie intresant wat
met die leewloop liedtjie afgeskop is en die manier waarop
elkeen van ons in die daaglikse lewe die loop aanpak Daar is
terug voer gegee oor die ervaring van elkeen wat die kamp
meegemaak het waarna daar goepfoto’s en induvedeele foto’s
geneem is en toe is gegroet en huiswaarts gekeer ‘n Geseende
feesgety word almal toegebid
Groete
Rudolf |
|
Christo het die volgende vir die
kamp geskryf: Die kamptema ‘’
Moed van ‘n Leeu...’’ bring ons by die gedagte… ‘’Hoe kan
ons, in ons lewe, die leeumoed hê? Want volgens die Bybel,
is die wêreld deesdae deurmekaar… Hoe kan ons seker wees van
ons ‘’uitleef van ons gevoelens? Die wêreld plaas alles
‘’onder die vergrootglas. Alles word deur raamwerke bepaal…As
ons dieper na die wêreldbeskouinge kyk, kom ons agter dat
hulle (die wêreld) alles met die formules wil uitwerk.
‘’Jy moet dit so doen en so doen, want dit is die wêreldnorm…
Selfs die Bybel word deesdae
bevraagteken… ‘’Kan alles in die Bybel waar wees?’’’
Gelukkig word die Bybel nie weerspreek nie. Elke keer word
die Bybel as WAAR bewys deur al die wetenskaplike formules
wat die mensdom self uitgewerk het...
En nou… Waar staan jy en ek nou? Kan
ons die geloofsoortuig hê om ons eie ‘’menswees’’ te wees?
Ja, ek wat nie kan praat nie! En Jy wat nie kan kan loop nie…
ja… Jy wat nie kan sien of hoor nie… Wat is jou ‘’Leeumoed’’wat
jy na buite uitleef?
Ek
hou van die gesegde wat sê…
‘’Disability is not about your physically condition, but it
is your attitude towards life…”
Ons lees in die Bybel van Rigters wat
in hulle eie oë, te swak was of nie die korrekte persone
was nie, vir die taak wat God aan hulle toevertrou het, om
nie te voldoen nie. Elke keer het God die uitkoms gegee…
Wat
het die Here vir jou gegee, ongegag jou gebrek of nie...
Watter talente het jy? As jy, jou lewe as ‘n talent beskou…
hoeveel waarde het jy bygevoeg? Hoe gaan die ‘’balansstaat’’
lyk? Watter verskonings gaan jy aan die Liewe Vader gee? Om
gestremd te wees, behoort nie die ‘’issue’’ te wees nie,
maar hoeveel goue oomblikke in jou lewe was… (om iemand te
verryk…) Dus, hoe jy jou talente bestuur sal jou lewe
verhoog of verlaag…
Die
lese behoort te wees… ‘’Give
all a smile and live yours life with the positive attitude
which Lord has given you…’’
Dankie dat julle geluister het… en leef
julle lewens met diè van ‘n ‘’Moed van ‘n Leeu...’’ uit?
Shalom…. Christo en Hester… |
|

Hester se seëngroet vir almal:
Mag jy vervuld wees, tevrede, in goeie
gesondheid, vredevol, goed versorg, veilig, helder van denke,
rustig,welvarend,volmaak, in harmonie en in die afwesigheid
van kwaadstokery en onenigheid. Hierdie is 'n besonder
kragtige metode van groet want:
"Die tong het mag
oor dood en lewe" [Spreuke 18:21] |
|
|Terug
na Heuning Hoofblad| |
|