|
Lees terugvoer van kampers / helpers
>> |
|
Hier is "DIE LEEUS" van kamp
11 |
 |
 |
|
'n Groep mense wat so
diep in ons harte inkruip, elkeen spesiaal, elkeen
inspirerend. Niemand kla, niemand is ontevrede oor wie hy is
nie, almal is vergenoeg. Liefde en drukkies word mildelik
heen-en-weer uitgedeel. |
|
Reniece, Rina, Corinne, Riekie |
Hester & Christo |
 |
 |
Martin, Essie & Ronald |
Ria & Rina |
 |
 |
Ria, Linda, Tanja, Charlene & Bonnie |
Rudolf, Sophia, Sonica |
 |
 |
Frank & Adele |
Ansie & Louis |
 |
 |
Corrie & Flippie |
John |
 |
 |
|
Die span werkers wat toegewy en met
hope liefde die kampe aanbied - almal sterre! |
|
Dennis & Marietjie |
Lindie |
 |
 |
Ian |
Noddy & Elsabe |
 |
 |
Jan |
Wilna & Willem |
 |
 |
|
Die program |
|
 |
Ysbreker en
kenmekaar
Marietjie help ons om ons hare te laat hang! Allerlei
groepspeletjies het ons laat skaterlag en sommer die
kompetisie gees bietjie aangewakker. Die Leeu-span, as "King
of the Jungle" was die uiteindelike wenners! |
Koei -span |
Donkie-span |
 |
 |
Skapie-span |
Hoender-span |
 |
 |
Leeu-span |
|
 |
|
Stomstreke en 30-seconds |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
Sit
koppe bymekaar om die vuurhoutjie-raaisel op te los |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
Die Leeu van Juda vs die brullende leeu |
 |
Willem lei sy praatjie in met die
gedreun van 'n leeu se brul.
Die ou duiwel probeer ook alweer om Jesus na te aap met sy
gebrul, daarom loop hy rond SOOS 'n brullende leeu. Daar is
egter net één ware leeu, die Leeu van Juda, Jesus Christus.
Aan die kruis het Hy die oorwinnings-"brul" gegee, en die
vyand verslaan. Wie dit glo, is 'n kind van God en het die
ewige lewe.
Willem se tweede praatjie bevestig
dat ons as gelowiges die krag van die leeu in ons het. Ons
is na God se beeld geskape, en Hy gee vir ons krag en
vermoëns - meer as wat ons kan dink. Fil 4:13 sê dat ons tot
alles in staat is deur die krag wat die Here vir ons gee. In
Jesus is ons wenners en het ons die lewe in oorvloed.
|
|
 |
Wilna verduidelik hoe ons 'n
leeu-lappie gaan verf. |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
 |
 |
|
Buitekant toe vir allerhande speletjies
en pret en piekniek - Noddy organiseer alles |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
Elkeen bou 'n legkaart terwyl ons vir
ons braaivleis-aandete wag |
 |
 |
|
Daar word konsert gehou - almal sorg
vir groot vermaak! |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
Die aand word afgesluit met lofprysing.
Almal wat asem het prys die Here! Ons doen dit soos 'n leeu
wat brul, en nie soos 'n muis wat piep nie ...
Ons kamplied sê:
Staan vas in die Naam van die Heer
Staan vas in die krag wat Hy jou gee
Geen wapen wat die vyand teen jou smee
sal slaag as jy vasstaan
In die Naam van die Heer
Oorwinnaars, ons sal vasstaan op Sy Woord
Oorwinnaars, deur Sy kosbare bloed
Oorwinnaars, ons sal altyd triomfeer
Deur Jesus Christus ons Heer |
 |
 |
|
 |
Sondagoggend praat Dennis met ons oor
die karakter van die leeu, en ons gesels saam of ons in die
kategorie van 'n dominerende leeu, 'n statusbewuste leeu, 'n
spanspeler leeu of 'n omgee-leeu val. Ons gesels ook oor
Bybel-persone wat hierdie verskillende eienskappe openbaar. |
|
 |
Ds Ian se preek inspireer ons om reg te
loop, sodat wanneer ons in die leeukuil van die wêreld
beland, ons soos Daniël toegewyd en sonder kompromieë die
regte dinge sal doen en die regte besluite sal neem. Ons
kies om, soos Henog, daagliks met God te wandel en die
dinge van Gal 5:19-21 te vermy en die dinge van Gal 5:22 na
te streef. |
|
 |
Nagmaal |
|
Elkeen pak 'n wit klippie met sy naam
op by die kruis as teken van toewyding aan die Here |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
Ons sê 'n groot dankie aan Wally en
Tina, van Deo Volente Bush Adventures, en al hulle helpers
wat ons met hulle gasvryheid en heerlike kos bedien het, en
al die fasiliteite tot ons beskikking stel. |
 |
 |
|
Almal groet en deel wat die kamp vir
hulle beteken het |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
KLIK HIER VIR
FOTO's VAN AL DIE VORIGE KAMPE VIR GESTREMDES >>
|Terug
na Heuning Hoofblad| |