| 
					 
					
					
					Lees terugvoer van kampers / helpers  
					- klik hier>> 
					 
					Nog 'n heerlike kamp is verby! Dit was 
	gevul met wonderlike oomblikke van selfondersoek, diep oomblikke van 
	verwondering oor die Here, ligte oomblikke van groot pret en skaterlag, 
	heerlike oomblikke waarin nuwe vriendskappe gesluit is, liefdevolle 
	oomblikke vol drukkies, en baie meer ... my hart voel so warm van almal wat 
					daar ingekruip het ...  
					Hier onder volg 'n klompie van die foto's wat ietsie wys van 
					al die pret wat ons gehad het. Verder af op die bladsy is 
					daar foto's van almal wat op die kamp was - alfabeties 
					geplaas.  
					
					Klik hier om 'n klompie van die 
					kampers se terugvoer oor die kamp te lees 
					>> 
   | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					
					Pret met musical chairs - rolstoele en al | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					
					Sandkaartjies | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					
					Speletjies en pret | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Konsert | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					
					  | 
				
				
					
					
					  | 
					
					
					  
					
					
					Klik hier om na 'n video van die lawwe 
					kenne-koor te kyk met Ian, Willem en Dennis 
					>> | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Dieper 
					oomblikke | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					| 
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Anita | 
				
				
					| 
					 
					Anita het 
					stil-stil saam met Willie en die Welmans opgedaag vir haar 
					eerste kamp. Sy het die hele tyd met volle oorgawe 
					deelgeneem aan elke aktiwiteit, speletjie en gesprek. Haar 
					sagtheid en vriendelikheid maak van haar ’n pragtige mens.
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
  | 
				
				
					| 
					Ansie | 
				
				
					| 
					 
					Ansie se liefde, 
					geduld en deursettingsvermoë as ma van ’n gestremde seun 
					dwing respek en bewondering af by ’n mens. Sy betoon 
					dieselfde aanvaarding en meelewing aan menige van die 
					kampers. Sy is ’n lieflike mens – innerlik en uiterlik en is 
					’n inspirasie vir ons almal.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Chané | 
				
				
					| 
					 
					As jongste 
					persoon op die kamp, het Chané effe bang gelyk toe sy by Deo 
					Volente aankom vir haar eerste kamp. Sy was egter gou tuis, 
					veral nadat sy die “musical chair” ysbreker-speletjie 
					loshande gewen het! Sy het nuwe maats gemaak en in ons almal 
					se harte ingekruip. Sy het ons met buitengewone selfvertroue 
					verras met haar sang tydens die gebruiklike konsert.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Cheryl | 
				
				
					| 
					 
					Dit was Cheryl 
					se eerste kamp as helper en spanlid. Op haar stil en sagte 
					manier het sy behoorlik raakgevat, die kampers bedien en 
					oral gehelp. Haar meelewing was ’n groot aanwins vir ons 
					almal. Sy is op ’n “high” weg Sondagmiddag!  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Darlene | 
				
				
					| 
					 
					Liefdevolle 
					Darlene, kon nie ophou om drukkies en briefies uit te deel 
					nie. Giggel-kous wat sy is, het sy vir baie glimlagte gesorg. 
					Sy sing ook graag en die konsert was vir haar ’n hoogtepunt 
					waar sy, saam met Karin, Die Houtkruis opgevoer het.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					David | 
				
				
					| 
					 
					David is so ’n 
					inspirerende jong man, wie die kamp alleen en met baie moed 
					aangedurf het. Hy het goed ingeskakel en aan al die 
					aktiwiteite deelgeneem. Hy het ons veral verras met sy 
					buitengewone sangtalent en ons vermaak met sy oulike, goed 
					afgeronde optrede by die konsert – uitrustings en al!  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Dennis | 
				
				
					| 
					 
					Dennis is van 
					die begin afdeel van die kern-span wat die kampe moontlik 
					maak en help aanbied. Sy humor en terggees sorg vir lekker 
					tye op elke kamp. As deel van die lofprysinggroep is hy en 
					sy baskitaar onmisbaar. Hy vorm deel van Kenne-koor en die 
					“4-man Briel” – sanggroep wat laat waai het met die 
					Saterdagaand konsert! Dennis het ook vir ons ’n insiggewende 
					praatjie aangebied oor Bybelmense se lewensstories waarmee 
					ons almal op die een of ander manier kon assosieer.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Essie | 
				
				
					| 
					 
					Essie is al 
					baie tuis op ons kampe. Die feit dat sy in ’n rolstoel is, 
					keer haar glad nie om deel te neem aan al die aktiwiteite 
					nie – van musical chairs tot waterballon-gooi! Haar 
					belangstelling in die tema en lesings wat aangebied word en 
					meelewing met lofprysing het opgeval.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Genie | 
				
				
					| 
					 
					Genie het, ten 
					spyte van ’n erge rugspasma en groot pyn, deurgedruk om vir 
					Karen en Darlene na die kamp te vergesel. Haar liefde en 
					insette in dié twee se lewens laat mens met ’n knop in die 
					keel. Haar deelname aan die kreatiewe aktiwiteit het vir 
					mooi kunswerke gesorg. Haar sterk en stabiele 
					karaktereienskappe is iets om na op te kyk.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Harry | 
				
				
					| 
					 
					As jy ’n 
					glimlag sien, dan weet jy dis Harry wat aankom. Vol liefde 
					en pret en drukkies het hy beslis nóg  vriende gemaak en in 
					almal se harte ingekruip. Sy danspassies het menige van die 
					dames laat meedoen! Harry is blykbaar ook ’n kranige karate-ou 
					en sy toewyding in dié verband dwing respek af.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Ian | 
				
				
					| 
					 
					As deel van ons 
					span, sorg Ian vir baie pret en skaterlag op elke kamp. As 
					jy in sy speletjie-span beland, kan jy seker wees jy is in 
					die wenspan! ... ek wonder hoekom? Ian het die kenne-koor 
					“afgerig” vir die konsert en gesorg dat ons lag tot die 
					trane loop. Hy neem die Sondag-diens en nagmaal waar op elke 
					kamp en het hierdie keer sy inspirerende lewensstorie met 
					ons gedeel – weliswaar nie ’n maklike, gelyk pad nie, maar 
					een waar die Here in beheer is en waarvan die getuienis Hom 
					vereer.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Karen | 
				
				
					| 
					 
					Karen was die 
					sterretjie van die kamp – mens kan nie anders as om sommer 
					baie van haar te hou nie. Sy is so liefdevol, so meelewend, 
					so “entertaining”, met so ’n mooi, sagte binnekant. Sy is 
					lief vir die Here en dien Hom op haar uniek manier.    | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Lindie | 
				
				
					| 
					 
					Lindie is 
					iemand wat enige iets sal opoffer om as helper en spanlid op 
					die kamp te wees. Sy is altyd gewillig om te help met 
					vervoer en mens kan enige tyd op haar knoppie druk. Sy gee 
					haar hart vir die gestremdes en dien hulle op ’n besondere 
					manier. Op elke kamp is sy ’n ware staatmaker.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Lorraine | 
				
				
					| 
					 
					Lorraine, oor 
					die 70 jaar oud, het op ’n stil en sagte manier haar plek op 
					die kamp ingeneem. Sy was die hele tyd tevrede en gelukkig 
					en het deelgeneem sovêr dit vir haar moontlik was.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Louis | 
				
				
					| 
					 
					Louis is die 
					dierbaarste jong man. Hy is altyd so eerlik en opreg en is 
					reguit met wat hy sê. Hy dink diep oor geestelike sake en 
					dien die Here opreg. Hy het altyd nuwe idees, maak altyd 
					grappies en deel drukkies mildelik uit.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Mandie | 
				
				
					| 
					 
					Mandie het vir 
					die eerste keer ’n kamp bygewoon, nadat sy en Ian in 
					Januarie getroud is. Met haar vriendelikheid, liefde vir en 
					aanvaarding van almal, helpende hand en meedoen aan al die 
					aktiwiteite was dit ’n groot vreugde en seën om haar as 
					spanlid en op die kamp te hê.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Marietjie | 
				
				
					| 
					 
					As spanlid is 
					Marietjie ’n voorslag op ’n kamp en een van die pilare 
					waarop die kampe staan. Sy sorg vir ysbreker speletjies wat 
					almal laat ontspan, tuisvoel, saamspeel en skaterlag. Sy vat 
					raak as dit kom by hulpverlening, moed inpraat, aanmoediging 
					en voorbidding. Sy sing saam in die lofprysingsgroep en is 
					ook een van die “huilende” Briels!  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Martin | 
				
				
					| 
					 
					Martin is net 
					sy eie, rustige self op ’n kamp. Hy luister aandagtig na 
					praatjies, werk dinge vir homself uit en pas dit toe in sy 
					lewe. Hy is altyd gereed met ’n kwinkslag of twee en neem 
					deel aan al die aktiwiteite.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					.jpg)  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Noddy | 
				
				
					| 
					 
					Noddy is een 
					van ons staatmaker helpers wat haar program en dagboek sal 
					buig om elke kamp te kan bywoon. Sy sien mense se nood 
					vinnig raak en is gou gereed om te help. Noddy werk hard om 
					al die speletjies te koördineer en op prettige wyse vir ons 
					aan te bied. Sy motiveer ons om mekaar te help, om planne te 
					maak en leer ons dat om deel te neem belangriker is as om te 
					wen.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					.jpg)  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Petro | 
				
				
					| 
					 
					Petro is een 
					van die jong dames wat die kamp so stilweg geniet het. Sy 
					neem deel, geniet die pret, hou van die ander jonges se 
					geselskap en maak vriende. Haar rustige geaardheid en 
					innemende glimlag maak dat almal van haar hou.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Ria | 
				
				
					| 
					 
					Ria se werk by 
					Irene Homes, is nie net ’n werk nie, sy is passievol oor wat 
					sy doen en is opreg lief vir elkeen met wie sy werk. Sy gee 
					haar hele hart en onbetaalde tyd aan die inwoners wanneer sy 
					elke keer ’n groepie dames vergesel op die kamp. Haar 
					standvastigheid en deursettingsvermoë, haar liefdevolheid en 
					openheid is vir almal ’n aansporing. Daarby is sy nog altyd 
					'n bok vir sports ook!  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Riekie | 
				
				
					| 
					 
					Riekie is ’n 
					pragtige en intelligente dame met ’n fyn sin vir humor. As 
					sy aankom op haar rolstoel, moet jy koes want sy jaag soos 
					’n blits. Sy geniet al die aktiwiteite op die kamp en 
					ondersteun en help haar bejaarde moeder op so ’n liefdevolle 
					manier.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Rina | 
				
				
					| 
					 
					Tannie Rina is 
					die oudste kamper en geniet alles terdeë. Sy neem deel aan 
					enige iets, selfs die musical chairs het sy nie gemis nie! 
					Tannie Rina dien die Here met groot toewyding en geniet die 
					geestelike deel van die kampprogram. Sy is so vol liefde en 
					waardering teenoor ons almal, dit roer ’n mens se hart.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Tineke | 
				
				
					| 
					 
					Tineke is ’n 
					oulike meisie wat mens beïndruk deur haar mooi glimlag en 
					goeie maniere. Sy het gou tuis gevoel en met oorgawe 
					deelgeneem aan al die aktiwiteite van die kamp.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Willem | 
				
				
					| 
					 
					Willem is ons 
					kamp-leier, kitaarspeler en sanger, kenne-koor deelnemer en 
					Briel-omie in die konsert. Daarby sing hy Die Stem op 
					allerlei lawwe wysies en selfs ook agterstevoor. Willem 
					hanteer ’n paar van die geestelike sessies waarin hy vir ons 
					op praktiese wyse gehelp het met ons lewensstories. Hy het 
					o.a. die lewe vergelyk het met ’n kaartspel – dit maak nie 
					saak watter kaarte vir jou gedeel is nie, dit maak saak hoe 
					jy daai kaarte speel. Willem het ’n passie vir kampe en in 
					besonder vir die gestremde persone wat op hierdie kampe 
					bedien word.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Willie | 
				
				
					| 
					 
					Willie is ’n 
					stil jongman. Hy luister aandagtig na die geestelike sessies 
					en neem lekker deel aan die speletjies waar jy hom die hele 
					tyd sien glimlag het ... miskien was dit omdat hy die mooi 
					Anita aan sy sy gehad het?  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Wilna | 
				
				
					| 
					 
					Wilna is die 
					kamp-koördineerder, wat alles reël, inskrywings hanteer, 
					kampprogram bymekaarsit en allerlei admin. en skakeling doen. 
					Sy doen haar bes om die kamp vir almal ’n onvergeetlike 
					ervaring te maak. Sy sit hart en siel in dié bediening in en 
					is baie lief vir elkeen van die kampers.   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Yolanda | 
				
				
					| 
					 
					Yolanda was 
					soos ’n vars briesie op die kamp. Sy het in die oortreffende 
					trap deelgeneem aan alles. Haar opgewektheid en opbouende 
					geselskap was aansteeklik. Sy doen die beste wat sy kan vir 
					haar dogter en is ’n inspirasie vir ander. Sy was sommer ook 
					gereed met hulpverlening en raad aan die ander kampers waar 
					sy die geleentheid gesien het.  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
					
  | 
				
				
					| 
					Deo Volente - Span | 
				
				
					| 
					 
					Wally en Tina 
					en hulle span helpers het die hele naweek so hard gewerk om 
					ons te bederf met heerlike eetgoed en ons te oorlaai met 
					hulle hartlikheid en liefde. Hulle gasvryheid is uit die 
					boonste rakke!   | 
				
				
					
					  | 
					
					  | 
				
				
					
  |