| 
					 
					 
					Om die winterkoue bietjie te verdryf en 
					ons harte warm te maak, het ons Saterdag 27 Junie 2015 'n 
					mini-kamp gehou by Huis Phyllis Robertson. Saam met sowat 70 
					mense het ons 'n geseënde, "Warm Harte"- dag beleef waar ou 
					vriende weer ontmoet en saamgekuier het, waar nuwe vriende 
					gemaak is, waar speletjies en pret aan die orde van die dag 
					was. Musical chairs, noot vir noot, heerlike skattejag, 
					braailvleis, koeksisters, hot chocolate en marshmallows ... 
					om maar 'n paar van die lekkertes van die dag te noem. Ons 
					het ook Warm Harte ontvang rondom die Woord, met lofprysing 
					en die deel van nagmaalbrood en - wyn. Sondagoggend was ons 
					weer terug om saam met die Tehilla-sangers die Here se naam 
					groot te maak met Woord en lied en 'n middagete te geniet 
					saam met die inwoners van Huis Phyllis Robertson.  
   |