KAMP 10 : 6-8 FEBRUARIE 2015
Rol af om na die foto's
te kyk >>
|
Al wat lekkerder
is as 'n mannekamp, is nog 'n mannekamp. En net soos mens dink dat
dit nou uitgedien raak, verstom die Here jou met getalle wat jy dink
nie moontlik is nie. Die sukses van hierdie afgelope kamp is toe te
skryf aan Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk se manne, asook Ds
Henk en Ds Jan se bydrae tot die kamp. Wie sou kon dink dat bykans
50 manne sou inskryf vir die kamp?
Ons het besluit
om nie 'n spesifieke tema vir die kamp te gebruik nie en die Here
vertrou vir leiding, en toe kom die gedagte van vergifnis nogal
gereeld op die tafel.
2 Kor 5:17 was 'n
teks wat met ons as manne gepraat het. "Wie aan Christus behoort is
'n nuwe mens, die oue is verby, die nuwe het gekom... "
Behalwe vir die
Geestelike inhoud was daar natuurlik baie pret. Foefie slide in die
dam was 'n hoogtepunt, en voorts was daar 'n klomp fietsryers wat
die hitte trotseer het. Die swembad was 'n lafenis wat bitter nodig
was en was gereeld volgepak. Christo en Elmar, twee gestremde
persone, het ons almal se uitkyk op die lewe so effe verander. Elmar
is gesig gestremd, maar hy het geen bang haar op sy kop nie. Spring
sommer soos 'n wafferse McGyver van die spring platform af en ry
boonop die foefie slide in die water in. Christo, 'n hemipleeg met
'n spraakgebrek, het ons verstom met sy gevleuelde woorde en
pragtige gedig wat die kamp perfek opgesom het.
Saterdagaand se
veldstap was baie spesiaal en Sondag se nagmaal geleentheid, wat Ds
Henk aangebied het, het die kamp op 'n besondere manier afgesluit.
Ek glo die Here het elkeen van ons op 'n besondere manier aangeraak.
Nou ja, wat
volgende? Nog 'n kamp natuurlik!
Willem Botha |
|
Die afgelope naweek se mannekamp te Kwaggasrus was
vir my persoonlik weer ‘n herbevestiging dat God ongelooflike werk
doen in almal se lewens. Die manne se stories en verhale van
hartseer, gebrokenheid en dan van heling en vergifnis was amazing.
Elmar wat sig gestremd is en wat alles saam met ons
gedoen het van swem in die swembad tot foefie slide en van die
toring afspring en dit met ‘n permanente glimlag op sy gesig was ‘n
toonbeeld van hoe positiewe attitude jou lewe kan verander. Hy is
vir my ‘n inspirasie en wys my net weer op my eie nietige probleme
wat soms my vreugde steel.
Die Here se werk was weereens helder sigbaar in hoe
die kleingroepe gekies is en hoe net die regte mense bymekaar gekom
het sodat hulle mekaar se pyne kon verstaan en advise uitruil. En
dan was daar die vrae waarmee in die begin geworstel was en hoe
amazing dit in van die temas behandel is later deur die naweek. Die
Here het geweet wie moes daar wees en wat die program moes wees om
ons te help.
Prys die Here vir ‘n ware nuwe man wat ek teruggekom
het na my gesin en die positiewe impak wat ek gaan maak, want ek
besef nou waar my prioriteite lê en waar my krag vandaan kom.
Deon Fourie |
|
Ek het Vrydag met
'n groot verwagting en opgewondenheid die kampterrein ingery. Was
dit nou vir jou weer 'n lekker gevoel na 'n lang "droogte" sonder 'n
mannekamp! My geestelike tenk was so te sê leeg.............maar die
Heilige Gees se teenwoordigheid het ek gevoel en geweet my tenk gaan
gevul word!
Die sprekers,
verblyf, kos en my klein groepie was "awesome"! By dit alles was ons
so 10 mans van PvR gemeente wat Saterdagmiddag 35km op ons
bergfietse gaan ry het in die mooi natuur.
Ek worstel die
afgelope 2 jaar plus met "selfvergifnis" wat ek net nie kan oorkom
nie. Dis iets wat ek gedoen het waarop ek glad nie trots is op en
net GOD kan my bevry daarvan.
Wat my verwagting
betref het dit gevoel of al die sprekers DIREK met my gesels en
sonder dat hul geweet het, het AL die lesings mekaar aangevul en
dieselfde konklusie gehad! Wow, kan dit wees het ek myself die
heeltyd afgevra en die antwoord was elke keer JA! Ons GOD is GROOT
en voorsien in jou behoeftes en beantwoord jou gebede! Al wat jy
moet doen is om HOM opreg te vra en op SY genade te vertrou! Ek het
Saterdagaand op ons nagmars my "pakkie selfvergifnis" by Jesus se
voete by die kruis neergesit. Terug by die kamp het ek die "selfvergifnis
pakkie" op 'n papiertjie geskryf, soos versoek deur Willem, en dit
in die vuur gegooi as simbool dat "die ou mens is verby en die
nuwe het gekom".
Willem, baie
dankie vir jou en al die leiers / sprekers van die kamp! Ek bid
julle seën toe vir die jaar wat voorlê!
Blessings
Robbie |
|
Die plek, kos,
setting en program was uit die boonste laai !
Dit is manne soos Christo en Elmar wat 'n mens net weer opnuut laat
besef hoe belangrik ons menswees is.
Ons is almal bewus van ons taak maar het so maklik verskonings. Dit
is werklik 'n re-load, re-charge en re-look in my persoonlike lewe.
Opnuut het ek nuwe ywer en stoom om 'n verskil te maak waar die
tekkie die teer slaan elke dag, dit is tog die opdrag van GOD.
Aan jou en die span: Baie duisende dankie dat julle getrou is om
julle opdrag uit te voer.
Ek dink julle maak 'n verskil om manne weer op te rig. Die daar wees
van broederskap het weer 'n nuwe betekenis en uitdaging om weer
skouer aan die
wiel te sit met die allerdaagse lewe.
Baie seen en duisende dankies.
Johan Meyer |
|
Ek het eers werklik besef wat die
Mannekamp vir my beteken het toe ek by Kwaggasrus se hek uitry. Ek
het n nuwe totale vrede in my hart gehad. God het my dan net minder
as n Hemelse Wese geskape. Wat n ontdekking!! N spul vreemde,
soekende, gelowige manne bymekaar gegooi vir n naweek is werklik
iets om te ervaar. Die manne se getuienis Sondag het my diep geraak
want elke persoon het opreg uit sy hart gepraat. My gebed vir elke
kampman is dat die hoop bagasie wat op Kwaggasrus agter gelaat is,
vergete sal bly en plek sal maak vir die vrede van Jesus, elke dag,
vir die res van jou lewe. Baie dankie weereens aan Kwaggasrus,
Dominees Henk en Jan, Willem, Dennis en Eugene vir julle puik
praatjies. Elke mannehart is aangeraak hierdie naweek. AMEN
Freddy Pretorius |
|
Toe ek afdraai en die stofwolk agter
my voertuig sien, betrap ek myself met die gedagte… ‘’Waar staan ek
werklik met my verhouding tot God? ... Watter verwagting het ek vir
myself opsigte van my Christenskap?’’ Toe ek by die hek ry… het ek
probeer my verwagtinge bewoord, maar het tot die slotsom gekom… ‘’ I
need more of Him’’… en om die sleutels wat ek nog het, aan Hom te
besorg…
Hierdie Mannekamp was ietswat anders
as die een in 2014.... Asof daar meer saamhorigheid / meer hegtheid
onder ons manne was. Ons het doelwitte ‘’ head on’’ behandel… Ek GLO
elkeen het iets gekry wat sy verwagtinge bevredig het.
Die sessies was uitstaande goed, veral die sessies oor die’’
wedegebore’’ en ‘’die Genade’’. Dit het my laat diep nadink -- hoe
gelukkig is ‘n mens dat God Sy Seun gegee het, en ons nou in ‘n
verhouding met die Drie-in-een God kan staan.
Die aktiwiteite was weer ‘n treffer. Elkeen van ons het iets om saam
te neem – Ek is seker daar was aspekte van die kamp wat in die manne
se harte ingegraveer is en wat blywend sal wees… Tot die baljaar in
die plaasdam, tot by 4x4 roete, tot by die fietstoer op
plaaspaadjies, het elke man bevrediging gekry.
Spys en drank was weereens puik... Ek wil persoonlik, vir Michelle
‘n stywe druk gee om net dankie te sê. Aan die organiseerders –
sonder om name uit te los - ‘n ‘’ job well done’’ weereens!! En aan
al manne wat daar was… Hoop ons sien julle weer op die kamp?
Christo du Plooy |
|
Mannekamp
op Kwaggarus
Soos stofwolk
op ‘n grondpad
Kom pa en seun
Broer met sy broer
Vriend met sy vriend
Ja, selfs die enkeling.
‘’Hi jy, hoe gaan dit?’’
So word ou vriendskappe herroep en gesmee
Legkaarte word gebou....
Wonder wat gaan die boodskap wees?
So word... ‘’I am brand new creation...’’
Die kampliedjie!!
Met warboel van verwagtinge...
Word die Woord van God opgebreek...
Oproep... ‘’jy is nuwe mens...’’
Word in harte neergelê...
So word 2 Korintiërs 5 verse 17 en 18 weer lewenig gemaak...
Elkeen met verwagtinge word weer nader aan die Liewe Heer gebring...
Spys en drank word vir liggaam en siel voorsien...
Baljaar by plaasdam word die fotos vasgevang...
‘’oh-oh hierdie foto moet liewer hier bly..’’
Word daar onderhandel....
fietstoer op plaaspaadjies vernuwe die gees...
so word die kamp in harte ingegraveer..
so ja, op die vraag.. ‘’Sal jy weer kom?’’
is onbondig JA!
Christo du Plooy |
|
|