KAMP 9 : 21-23 FEBRUARIE 2014

Rol af om na foto's te kyk >>
 

Graag wil ek net my ervaring deel oor die mannekamp van Februarie 2014:

Ek was weereens bevoorreg om die kamp te kon bywoon vir my 7de keer. Daarvoor wil ek vir my vrou Nadia en my God baie dankie sê dat hulle dit vir my moontlik gemaak het. Ek het gevoel dit is weer tyd om te re-charge en dit is ook wat gebeur het. Die rede hoekom ek hierdie kampe bywoon is om myself weer te vind, nader aan my God te beweeg en net weer weg te kom van die alledaagse geraas en rustig te wees daar in die natuur. Wanneer ek daar in die veld gaan sit met stilte tyd voel dit of ek soveel nader aan God is en dat ek makliker met hom kan gesels.  

Die boodskap wat ek hierdie naweek ontvang het is om meer en beter te luister na mense. Nie net om te hoor nie maar regtig te luister. Dat ek ook nie myself moet bekommer oor more of watse probleme ek ondervind nie maar net te konsentreer op die werke en die koninkryk van God en dan sal alles self in plek val.  

Baie dankie ook aan Kwaggasrus wat bestuur word deur Eddie en Michelle en so ook hulle kinders en hulle werkers. Die kos was weereens fantasties. Vir al die lekker aktiwiteite wat ons gedoen het, veral die foefie slide en kleilat gooi en ek hoop die wat ek raak gegooi het kan my vergewe. Ek het my lyf tot perke gevat wat ek nie ken nie en daardeur is elke spier in my liggaam nou baie seer. 

Dankie ook aan Willem, Piet, Dennis, Phillip en Eugene met al die praatjies en padkos wat julle vir ons gee. So ook aan al die nuwe gesigte wat die kamp bygewoon het wat ek ontmoet het en al die ou bekendes wat mens laat welkom voel.  

Groete
Darius


“ HEUNING MANNEKAMP 2014; Wat `n fantastiese en verrykende naweek. Ek gaan my waardering en gevoel in woorde probeer uiteensit maar ek het nie die woorde om die fantastiese belewenis te beskryf nie. Hierdie kamp was so `n treffer !!! Ek het amper al die kampe bygewoon en elke keer kry die aanbieders dit reg om my “om te keer en al die swaar goeters in my sakke uit te skud” en dan vul julle my weer met “nuwe inspirasie”. Ek wonder elke keer waar kry julle idees vir die temas, maar ek weet God voorsien !!! Hierdie naweek se temas was so “vars” en  “raakvat” met waarmee ons elke dag gekonfronteer word en dit het vir my weer baie gegee om oor te dink en te doen !! Vir die manne wat daar was wil ek sê “Daar was SIN in die Kamp” Julle sal weet wat ek bedoel !!! Dan was die pret, etes en sosialiseering net so uitstaande. Ons het alles so maksimaal geniet en Kwaggasrus se plek en mense is ook `n “Wenspan”. Ons was so honger vir pret en gesels en Saterdagaand wou die manne nie gaan slaap het nie.

Ek is onsettend beindruk en dankbaar vir die aanwas in jonger manne wie opgedaag het en hoop volgende keer is daar nog meer van julle !!!

Willem en jou wenspan mag die Here julle seën vir die reëlings en temas vir die volgende kamp sodat dit weer “HEUNING” suiwer, soet en lekker sal wees. Hoop ek het die voorreg om die volgende een by te woon.”

Seënwense.  Adriaan


Sjoe… Wat het hierdie kamp vir my beteken?  Ongelooflik baie!!  Vir my, het die kamp weereens bewys hoe ek na God luister, speel ‘n belangrike rol, hoe ek my lewe gaan leef. Dus, om te LUISTER, is een van die belangrike elemente van my GELOOF in Jesus Christus.

Na my wedergeboorte in 2006, was daar nog altyd ‘n begeerte en ‘n behoefte om op so ‘n kamp te gaan… waar die Woord gebreek word, en waar ‘’die geestelike vleis’’ soms herkou word en waar dit stof tot nadenke is…

Ek moet sê… die sessies wat aangebied is, en die inter-aksie onder ons manne was lekker en verfrissend.   Ek glo, elkeen se insette was opreg en eerlik. 

Uit my belewenis van die kamp was dat God vir ons elkeen gesê het, ongeag van julle lewensomstandighede, kom luister na My en ‘’RE-do, and RE-cover’’ julle lewens in My…  ‘’Wees ‘’Re-connected’’ in My.

Alhoewel die formaat van die kamp vir my bekend was, het ek tog die verskillende aktiwiteite geniet. Ek was in die groep wat op die 4x4 baan gaan gery het.  Vir my was dit verbasend hoe Tienie die “obstacles” net een kyk gegee het en dan ‘’voet in die hoek’’ en siedaar! - (Veral die keer toe die bakkie se neus ‘’in die wind’’ gestaan het…) Nee wat, die kamp was net ‘’AWESOME.’’

Ek moet ook net noem - die ‘’stilte tyd’’ elke môre waar ons elkeen vir 30 minute op ons eie was, het vir my baie beteken, want dit was waar ek weer met God ‘’re-connect’’ het.

Vir die organiseerders en vir almal wat by hierdie kamp betrokke was… Baie dankie dat ek deel van so ‘n kamp kon wees. Dus, Willem, onthou my naam vir die volgende kamp!!!!

Ek sluit af… wat op my tablet staan… ‘’As ek ‘n jongmenstaal mag gebruik… was hierdie kamp ‘’SUPERCOOL lekker’’.’’

Christo du Plooy


Re-locate
Re-cognize & Re-late
Re-fill & Re-load
Re-consider & Re-think
Re-connect
Re-commit & Re-member
 
Re-play
 
Re-fresh
Re-tire
Re-flect