KAMP 4 GETUIENISSE

Klik hier om foto's te kyk >>

Hallo Willem…

Nou ja, dis weer Maandag en ek vat die dag aan met lus hier by die trokke regmaak. Die naweek het my regtig goed gedoen, ek wil jou graag sê hoekom.

Op 'n stadium was ek bietjie moeg en het gaan relax op die bed in die chalet, niemand het pressure op my gesit om die lesing te kom bywoon nie en ek het gelê en luister na die stilte van die bosveld. Die kos was amazing! Kyk…dit was nou 'n  stuk steak en 'n half daai…

Ek het lekker met 'n paar ouens gesels oor amper alles en gaan stap in die bos vroeg Sondagoggend. Dis nogal amazing dat daar soveel ouens kan gaan 4x4, swem en foefie slide sonder enige drank betrokke….die Here praat met elkeen op sy eie manier en met my was dit om te ontspan en besef dat Gog 'n God is van liefde en genade, Hy forseer niemand om te doen wat hulle nie wil nie, maar om die verantwoordelikheid te vat van hulle besluite. Hy gee ons al die riglyne en hulp in sy boek wat hy LAAT skryf het deur mense. 

Dankie vir al julle moeite Willem….die kamp het my goed gedoen.

Beste wense George Strydom.

Hierdie  was  my  tweede  Rippelkamp.  Ek  het  na  die  Mei  2009  kamp  gegaan  met  baie  persoonlike  "issues"  wat  ek  wou  uitsorteer.  Dit  was  'n  ongelooflike  kamp  met  sprekers  wat,  in  opdrag  van  God,  spesiaal  vir  MY  daar  was.  So  het  ek  in  elk  geval  gevoel!!  Nodeloos  om  te    dat  ek  oorgeborrel  het  van  alles  wat  ek  gehoor  en  beleef  het  en  almal  naby  aan  my  moes  maar  doodeenvoudig  daarmee  verlief  neem  dat  ek  met  hulle  sal  praat  oor  dit  wat  God  op  my  hart  gelê  het. 

Uit  al  my  gesprekke  was  daar  dan  ook  baie  mense  wat  die  volgende  kamp  wou  meemaak.  Op  hierdie  Oktober  kamp  was  toe  drie  van  my  familielede  saam.  Die  ander  vyf  kon  weens  omstandighede  nie  kom  nie,  maar  sal  volgende  jaar  daar  wees. 

Weens  'n  misverstand  tussen  my  en  my  vrou  het  ek  die  datum  van  ons  Kleuterskoolkonsert  verkeerd  gehad.  Dus  val  die  kamp  EN  die  konsert  toe  op  dieselfde  dag.  Ek  het  alles  wat  ek  gewoonlik  doen  om  haar  te  help  deur  die  week  al  gedoen  sodat  ek  nie  skuldig  hoef  te  voel  nie,  want  die  kamp  KON  ek  nie  mis  nie.  Daar  is  nie  woorde  om  te  beskryf  hoe  wonderlik  die  Here  met  'n  mens  werk  op  so  geleentheid  nie.  Een  en  elk  van  die  sprekers  was  skitterend!!!  Ons  was  almal  gekonfronteer  met  alledaagse,  onbenullige   struikelblokke  wat  ons  pad  na  ons  Hemelse  Pappa  versper.  Ons  is  egter  so  besig  met  alles  wat  ons  elke  dag  MOET  doen  dat  ons  dit  miskyk.  Die  vraag  is:  Wanneer  is  dit  dalk  te  laat  om  hierdie  versperrings  te  verwyder,  en  so  jou  eie  kanse  op  'n  ewige  lewe  saam  met  Pappa,  belemmer. Ek  het  maar  net  weer  besef  dat  ons  nie  tyd  het  om  te  mors  nie.  Doen  NOU  iets  daaraan  terwyl  jy  nog  die  kans  het. 

Ek  het  gistermiddag  by  die  huis  gekom  en  was  nie  baie  spraaksaam  nie.  Ek  was  nog  besig  om  alles  te  verwerk.  Min  het  ek  geweet  dat  die  Here  weereens  'n  plan  gehad  het  met  die  kamp.  Gisteraand  was  ek  in  gesprek  met  iemand  na  aan  my  en  wie  op  die  oomblik  deur  'n  moeilike  tyd  gaan.  Dit  is  moeilik  vir  die  hele  gesin!!  Groot  besluite  moet  gemaak  word.  Hoe  wonderlik  was  dit  om  te  kon  deel  wat  ek  op  die  kamp  gehoor  het.  Al  die  antwoorde  wat  hulle  nodig  het  in  hul  besluite  is  opgeskryf  in  die  Boek  van  die  lewe: Die  Bybel.  En  ek  het  die  naweek  al  die  nodige  aantekeninge  gemaak  om  hulle  te  kon  voorsien  met  God  se  versekerings  in  Sy  woord.  Hulle,  en  ons,  moet  God  net  vertrou  vir  dit  wat  nodig  is.  En  ek  weet  dat  alles  ten  goede  gaan  uitwerk,  want  ons  glo  en  vertrou  op  Hom.

Laastens  wil  ek  dankie    vir  een  en  elk  wat  die  kamp  moontlik  gemaak  het,  asook  vir  al  die  manne  wie  dit  bygewoon  het.  Baie  van  hulle  ken  ons  nou  beter  want  hulle  was  ook  met  die  vorige  kamp  daar.  Ons  raak  familie  in  Christus!!!  Is  dit  nie  wonderlik  nie!!!

Dankie  dat  daar  niks  van  ons  verwag  word  om  te  doen  wat  ons  nie  wil  doen  nie.  Dit  is  wat  maak  dat  ons  niks  wil  mis  nie.  Ook  die  "Buitemuurse"  bedrywighede  is  baie  lekker.  En  dan  natuurlik  die  pragtige  kampterrein!!  Kan  nie  vir  beter  en  mooier  vra  nie.  Baie  dankie. 

Adam Stolz

Weereens wil ek vir Radio Rippel en al die aanbieders baie dankie sê vir nog 'n lekker mannekamp die naweek van 16-18 Oktober 2009. Dankie ook aan Eddie en Michelle en personeel van Kwaggasrus wat almal laat tuis voel en ons lekker vet voer met die baie en lekker kos. Die kamp self is asemrowend mooi. Ook die bosveld en natuur laat mens sommer lekker voel. 

Die wat nie na die mannekampe toe kom nie mis baie uit. Hierdie was al my 3de kamp saam met Radio Rippel. Met elke kamp is daar iets wat ek leer en wat my geestelik laat groei. Dit is jammer dat daar nie elke 3 maande so ‘n kamp is nie want dit is so lekker om tyd saam met my Hemelse Vader te spandeer daar in die bosveld en die natuurskoon. Nie net gaan daar so baie mense wat op vorige kampe was weer nie, maar hulle bring elke keer iemand saam. Dit beteken net dat almal dit geniet. 

Daar is soveel mans daar buite wat bang is om te gaan want hulle weet nie wat hulle gaan verwag nie. Ek wil elkeen net aanmoedig om te se dat dit regtig ‘n neutrale kamp is waar jy glad nie gedwing word om enige iets te doen nie, en dat daar ook nie snaakse dinge gebeur nie. Jy gaan verseker die Hemelse Vader as jou eie aanneem en jy sal weer wil kom. Niemand word gejudge nie en jy word ook nie in 'n blik gedruk nie. 

Persoonlik het ek weer al die klippe in my lewe weggegooi wat niks vir my beteken nie. Ek het weer vrede in my, en ek is weer gecharge tot die volgende mannekamp. Dankie ook aan al die nuwe manne wat ek op die kamp ontmoet het, en die ou bekendes wat die vorige kampe bygewoon het. Ek wil ook dankie sê aan my Hemelse Vader wat teenwoordig was. Dankie dat U ons gebede verhoor en ons seen met U liefde en Genade. 

Sien julle almal volgende keer weer.  

Groete
Darius Brits

Wel, ek wou eers nie op die kamp gegaan het nie, maar ek het die kamp wat vir my betaal is by my vrou gekry. Ons het wel baie probleeme en ek wou nie gegaan het nie, maar dit was my verjaarsdag geskenk van haar aan my . Ek kan net sê ek het letterlik met baie moeilike en gemengde gevoelens na die kamp gery. Ek het vasgesit in die verkeer en ek was baie gestres. Ek is glad nie rigtingvas nie en het eers vir n halfuuur verdwaal op die plaas. Ek het myself weereens gevra wat soek ek daar. Wel God het ander planne gehad. Ek is ‘n baie doelgedrewe mens en ek moet voel ek is in beheer anders cope ek nie. God het egter dié twee dae alles onder my uitgeruk en my gewys dis nie ek nie, maar Hy wat in beheer is. "It’s not about me, but let God" . Ek het hoogtevrees en is maar altyd op die uiters versigtige kant. God het vir my gesê: “Ek stuur vir jou ‘n maatjie wat ook nes jy, nog nooit van tevore gefoefie-slide het nie, en ook hoogtevrees het saam kamp toe dat julle mekaar kan bystaan”. En ja, so het hy. Ek het vir die eerste keer in my lewe die kans gevat en God in beheer van my geplaas. Ek het met bewerige bene an angs gespring en gevoel my hart klop in my keel en ek het ‘n tweede keer met oorhaal van my vriend weer gespring en net "let God". Saterdag aand het soveel met my gebeur dat ek nou kan sê God het tien jaar se seer , verdriet, angs, woede en verbiterheid weggeneem en vir my gesê: “Jy is OK, en jy is nie so sleg as wat jy dink nie.”

Rippel, jou mannekamp word deur God bedryf en Hy weet watse werk julle doen. Dankie. Ek wens dat elke man die kans sal aangryp, al is dit met weersin. Gaan, en maak jou self vry en laat God jou heel maak Jy is dit aan jouself verskuldig.

Dankie vir al die gebede. Ek weet die pad vorente is lank en niks is verseker nie, maar ek kan vir jou sê met God is ek seker, en ek Glo en weet Hy sal my dra. Aan al die manne daar buite spring en vat ‘n kans. 

MC de Beer

Ek wil weer baie dankie sê vir hierdie wonderlike naweek wat verby is. Dit het regtig my oë oop gemaak en my net soveel nader aan ons Hemelse Vader gebring. Ek waardeer alles net meer vanoggend toe ek opstaan, en ek weet dit is nie net ‘n nagedagte van die naweek, wat twee of drie dae van nou af sal verby wees nie. Dis ‘n gevoel in my hart wat ek weet daar sal bly vir altyd.

Louis

Vandat my man vir die eerste keer op 'n kamp was, het dinge baie verander. Hy was en is nog altyd ‘n baie goeie mens. Na die eerste kamp was hy baie emosioneel toe hy by die huis kom. Toe hy bel om te sê dat hy oppad is het hy vir my gesê dat ek ‘n ander man by die huis gaan kry (dit is nou hy). Hy het geestelik baie gegroei en dit beteken baie vir my en ons dogter, dit maak ook van ons beter mense met hom as hoof van ons huis. Hy is ‘n ware vaderfiguur en ek kan net vir die Here dankie sê vir so ‘n goeie man wat hy oor my pad gestuur het.  Moenie ophou met die kampe nie, ek sal hom graag elke keer wil stuur. Hy was nog op al die kampe gewees en elke keer leer hy iets nuuts daar. Hy kan nie wag om by die huis te kom van die kampe nie, dan borrel hy oor om van alles te vertel.

'n Kamper se vrou

Liewe Boetas, 

Hierdie was my tweede kamp. Ek het baie uitgesien na dié een veral na die kamp in Mei vanjaar. Ek het ongelukkig Vrydagaand gemis weens ‘n "tegniese" probleem. Wel, ek het Saterdag vroeg genoeg aangekom vir oggendstilte, en, weer is daar met my gepraat, hard gepraat. Ons laat so maklik dinge wat ons verkeerd doen, soos die Engelsman sal sê, “slide” in ons lewens en tog aan die ander kant hou ons vas aan die bagasie van gister. Ons staan voor daai toe deur en kyk terug na gister, maar ons hou tog so vas daaraan, lewe so erg vir dit wat onbelangrik is, probeer so hard om dinge wat verby is reg te maak in plaas daarvan om dit te  los en aan te gaan, en die verlede in God se hande te los. Ons kan nie eers 10 sekondes teruggaan in die verlede om te probeer verander wat gedoen is nie. Ons kan dit maar net in Sy almagtige hande los. Vergifnis vra vir dit wat ons verkeerd doen en glo dat ons dit ontvang deur die bloed van Christus, ons is almal mense met voete van klei, en ons Vader weet dit, Hy het ons gemaak, ons verweef uit niks. Hy weet hoe dit voel om hartseer wees, HY het hartseer ervaar toe Petrus HOM verloën het, HY ken pyn,en ek bedoel liggamlike pyn, HY het immers aan die kruis vir ons sy kinders gesterf, Hy ken Godverlatenheid, toe HY moes uitroep: My God My God,waarom het U my verlaat, sodat ons Vader nooit weer sy rug op sy kinders sou draai nie, MAAR ek glo ook dat Hy vreugde ken vir elke sondaar wat hom tot God draai en sy hele lewe aan Hom gee. Ons lewens en ons tye in God se hand, en al verloor ons alles soos Job, kan ons nog steeds sê: Die Here het gegee en die Here het geneem, die naam van onse God sy geloofd. 

Dankie aan almal wat leiding gegee het op die kamp, dankie vir baie raad en gesels, dankie vir skouers waarop ons mede Boetas kan huil, dankie vir ore wat luister as ons vreugde ervaar, dankie vir hande wat uitgereik word as ons val, maar dankie dat ons ook kan hande uitreik waar dit nodig is. 

Weereens dankie en groot seën en sterkte vir die pad vorentoe. 

Julle boeta in Christus.

Douw.