Hallo
daar.
Hierdie
was nou my derde lekker kamp saam met julle ouens by Eddie en
Michele se pragtige plek.
Nou vra ‘n vriend vir my, wat maak dit so spesiaal? Om mee af te
slaan sal ek sê, die gevoel van vrede en natuur om my is awesome.
En dan is daar al die manne van oud na jonk, klein en groot wat
goeie raad gee, en met wie ek lekker kon gesels oor enigiets.
Party van dié ouens kan nie wag om meer te praat nie, hulle borrel
behoorlik oor. Dan is daar dié mans wat oopmaak en jy besef dit
vat baie, en dit kom diep uit die hart. Ek respekteer dit baie en
waardeer dit - dan huil ek sommer saam!
Ons almal smag na dieselfde ding... om weer hoop te kry en nie
moed te verloor nie, om weer te voel God het my lief, al voel dit
soms ek bid teen die muur vas dat hy my hoor en nie van my vergeet
het. Sy wonderwerke is orals rondom ons en as jy dit soek sien jy
dit orals rondom jou! In plaas daarvan dat jy vra: hoekom, vra:
hoe kan ek en hoe moet ek, dan sal jy begin om ‘n ander resultaat
te kry. Mens waar is jy? vra die Here, waarheen is jy regtig
oppad? en hoe gaan jy eindig?
My dogtertjie
Caitlin het n moesie onder haar arm gehad wat lelik en groot
geword het. Ons het bekommerd geraak en gewonder waar kan ons haar
vat om dit te laat verwyder (ons het nie medies nie). Een more toe
sy opstaan was die lelike moesie net weg. Ek en Meagan het in haar
bedjie gaan soek maar niks gekry nie. Toe ons niks kry nie sê sy:
Pappa, ek het gebid en vir liewe Jesus gevra om hom weg te vat. E
wou huil en het nie woorde gehad nie.
Willem, Kobus, Franna, Tienie, Jan, julle almal....Baie dankie!
Maak nie saak hoe moeilik dit gaan nie, of wat gebeur nie, God is
ons enigste en laaste hoop.
~
George Strydom |
Dankie aan ons VADER
Aan al die manne, dit was en
is nogsteeds awesome. Ons het elke oggend ons stiltetyd gehad en
ek het uit al twee die selfde boodskap gekry. Franna het
Saterdag vir ons gesê ons moet uit Jakobus 2:14-26 gaan lees en
vir my was dit gewees dat ek my verkeerde dade regstel. Willem
het Sondag ook weer vir ons stiltetyd gegee en ons moes uit Matt
19:16-30 gaan lees en ek het weer dieselfde gekry dat dit wat ek
doen en gedoen het nie reg is nie, GOD het vir my gesê ek moet
gaan regstel. Ek het ook Sondag aand op Rippel gesels en gesê
dat ek nie reg gemaak het met my vrou nie en ek het dit geweet.
Voor die kamp het ek nie veel van my vrou gedink nie ons het
elke dag vasgesit. My oë het oopgegaan by die kamp en my
boodskap wat ek nog gekry het is dat die tweede belangrike mens
in jou lewe is jou vrou, dan jou kinders,maar heel eerste is GOD
ons VADER vir wie ek baie LIEF is. Ek bid dat as ander mans is
wat dieselfde problem het as wat ek gehad het, hulle dit sal
regstel en nooit weer terug kyk nie. Onthou net een ding GOD
SIEN EN WEET ALLES. Dit het my nie gehelp om weg te kruip nie.
Ek het amper 'n wonderlikke vrou verloor deur slegte dade.
Dankie aan almal se
teenwoordigheid en veral JESUS en ons VADER wat ten alle tye
teenwoordig was en nogsteeds is. ~ Lourens Ford |