Ek wil net graag terugvoer
gee en getuig van die mannekamp wat julle aangebied het.
Ek het met 'n sekere verwagting gegaan en ek het dit oortref. Ek
wou die volgende uit die kamp verwerf:
1. Ek wou nader aan die Here lewe
2. Ek wou in 'n verhouding met die Here staan
3. Ek wou ophou rook
4. Ek wou 'n beter mens word
5. Ek wou weer die man in die huis gewees het
Die kamp het my so
aangeraak met die Heilige Gees en die Here se teenwoordigheid. Ek
lewe nou nader aan die Here omdat ek saam met Hom die hele dag is,
of Hy saam met my. Ek maak Hom nou deel van my met alles wat ek
elke minuut doen. Ek praat nou gedurig met die Here. Waar ek ookal
is, in die kar, waar ek by die werk sit. Ek het Saterdag 31/5 my
laaste sigaret gerook en ek staan nog sterk. Ek het klaar die
sigarette oorwin,en dit net met geloof in die Here. Ek het 'n
belofte aan hom gemaak en ek staan daarby. Ek is definitief 'n
beter mens vandat ek ontslae geraak het van my verlede, deurdat ek
vergewe en vergeet het en dat ek nou in 'n verhouding met die Here
staan. Ek word nie meer kwaad nie, ek kyk nou waar kan ek help en
is vol liefde. En wat baie belangrik is, is die feit dat ek weer
die man van die huis is. Ek is nou 'n voorbeeld. Die mense kan
elke dag sien hoe die kamp my lewe aangeraak het en dat ek
verseker 'n beter mens is.
Dit was my eerste kamp en sekerlik nie my laaste nie. Ek sien nou
so uit na die volgende kamp. Dit is amazing dat manne so bymekaar
kan kom en kan saam staan. Dankie vir julle en vir die manne wat
ek daar ontmoet het.
Groete, Darius Brits

|