| 
 | 
	16 Julie 2014 : 100 000 
	besoeke vandag op www.heuning.co.za!
	
	Vandag is 'n historiese dag. Die teller wys dat daar tot vandag (16 Julie 
	2014) 
	100 000 besoekers op www.heuning.co.za was 
	(sien die foto van die teller soos wat dit vanoggend was hieronder)! Die 
	webblad het in April 2008 die lig gesien en is deur Wilna geskep en sy hou 
	dit self in stand. 'n Paar jaar gelede het die blad 'n "facelift" gekry en 
	elke enkele bladsy het 'n nuwe baadjie gekry.
Die materiaal onder "Boodskappe" is geskryf terwyl Willem betrokke was by Rippel 90.5 en dit in 'n oggend oordenking gebruik het. In Junie 2012 het ons begin om daagliks, tot op hede, "Heuningdruppels" te skryf en op die webblad, sowel as op die Facebook groep geplaas.
Hier 
		is 'n bietjie trivia oor die webblad:
		Die lêers op die foto hieronder bevat die oordenkings (Boodskappe) wat oor 'n tydperk van 9 jaar geskryf is.
		Daar is 363 boodskappe, almal met die hand geskryf, waarna Wilna dit 
		getik en op die Heuning webblad geplaas het.
		Ongeveer 1850 A4 bladsye (handgeskryf)
		Ongeveer 544 500 woorde (meer as 'n halfmiljoen)
		Ongeveer 2.7 miljoen karakters. Hordes penne is oor daardie tyd leeg 
		geskryf!
		Daar is ook 63 Bybelstudie stukkies op Heuning, wat Wilna geskryf het 
		terwyl ons by die vroue gevangenis in Pretoria betrokke was.
		Daar is foto's en getuienisse van mannekampe, sowel as kampe vir 
		gestremdes, waarmee ons tans steeds besig is.
		Ons glo dat die Here in beheer is van hierdie blad, geinspireer deur die 
		Heilige Gees en bid dat dit vir vele mense waardevol sal wees. Van die 
		materiaal word deur verskeie mense gebruik en ons glo dat die inhoud 
		getrou is aan Sy woord.
		
		Willem & Wilna
| 
					 | 
					 |