G E T U I E N I S S E
 

Ai, ek dink net terug aan die lekker kamp wat ons gehad het.  Ek wil net weer vir julle  baie, baie dankie s vir die heerlike naweek.  Alles was fantasties.  Die ysbreek sessie was baie goed en toe ook nog die temas self was diep en baie leersaam.  Die sing was heerlik en ek kon vrede en liefde ervaar.  Ek kon heeltemal myself wees sonder enige maskers.  Die stilte en om in die veld te wees was heerlik en die balangrikste, Jesus was verseker daar.  

Alle blessings vir julle. 

Paulie en Retha.  

Met groot verwagting n afwagting het ons slapies afgetel totdat die kamp aangebreek het. Van dag een af, het ons geweet, hierdie kamp is 'n moet en 'n geleentheid om nie deur ons vingers te laat glip nie.

Wat 'n geestelik verrykende en versterkende ervaring!! As versorger, het ek die geleentheid gehad om net weer my beker vol te maak, sodat ek die kind wat aan my toevertrou is, met nuwe moed kan versorg. In 25 jaar, is dit die eerste keer, dat mense op so manier na my en Sonja uitreik!

Vir Sonja (25) was sommer net als lekker!

Vir Rovan (19) wat droom om 'n bestuurslisensie van sy eie te h, was die voorreg om self die vierwieler te kon bestuur, die hoogtepunt!! Hy kon op pad terug, nie ophou borrel daaroor nie!

Willem en span was deur en deur 'n toonbeeld van Jesus se liefde vir ons as versorgers n ons kinders met spesiale behoeftes.

Elna, Sonja en Rovan

Dit was vir ons as ouers van gestremde kinders 'n baie groot riem onder die hart om te kan sien dat daar nog kinders van God is wat bereid is om deel te wees van 'n gestremde span.

Ons as gesinne het ook baie geleer om ons kinders se gestremdheid deur 'n ander venster te sien ongeag of hulle kan lees of skryf. Dit kan ek wel s dat hierdie kinders is 'n geskenk van God en ons moet hulle mooi oppas vir sy rykdom. Jy as ouer moet net een ding onthou dat jy as ouer het 'n groot verantwoordelikheid teenoor hierdie kinders en teenoor God. Jou doel op hierdie aarde is om volgens God se wil hierdie kinders groot te maak en seker te maak dat hulle al die liefde kan en moet ontvang wat God van jou as ouer verwag. Solank hulle 'n dak oor hulle koppe het en kos in hulle magies skort hulle niks nie behalwe jy as ouers se liefde en die genade van God.

Die kamp het ons opnuut laat besef dat ons moet dankbaar moet wees vir dit wat God aan jou toe vertrou het. Om 'n gestremde persoon(e) te wees is glad nie maklik nie, maar met die liewe Here aan hulle sy sien hulle kans vir baie dinge.

In hierdie kamp weet ek is daar mense wat die lewe uit 'n ander oog sien.

Ons is dank aan ons dierbare Vader vir mense soos Willem & Wilna, Dennis & Marietjie, Jan & Susaar en Andr & Martie wat geluister het na die roepstem van God en gedoen het wat van hulle verwag was deur God.

Ons wil vir Loftie en sy span by Deo Volent Bush Adventures ook baie dankie s dat hulle ook bereid was om te leer hoe om 'n gestremde kind te hanteer en ek weet dat hulle al hulle krag van ons dierbare God ontvang het. Die feit dat hulle hulle nie blind gekyk het na elkeen se gestremheid nie, s baie. Ek weet dat hulle by Deo Volent Bush Adventures die lewe in 'n ander lig gaan sien.

Ek wil ook aan almal wat die kamp bygewoon het baie dankie s. Dit was 'n baie wonderlike en leersame kamp wat ons nooit sal vergeet nie. Julle almal is wenners in God se o.

Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak en s as daar instansies is of hoofstroom skole is wat meer wil weet van gestremde kinders is ons bereid om met hulle te kom praat.  Skakel Dean & Elize Edgerton by die volgende No: 073 727 6148 of na 18H00 by (012) 3318359. 

ONS WIL DIE ALMAGTIG GOD EN HEER AL DIE EER GEE. 

Ek wil julle net graag weer bedank vir die HEERLIKE kamp wat ons so bevoorreg was om by te woon. Die kamp vir gestremdes het vir my en my vrou baie beteken - dit het ons verfris en verryk. Ons het tuis gevoel in die ontspanne atmosfeer en almal het mekaar dadelik aanvaar - net soos ons is.  

Die werksessies was almal leersaam en goed aangebied en Deo Volente se kos en verblyf was voortreflik. Ons kon weer nader kom aan Jesus en ons verhouding met Hom versterk. 

Ons gaan beslis saam as julle weer so 'n kamp rel! 

Dian van Zyl

Weereens baie baie dankie aan Radio Rippel se mense en almal wat betrokke was by die reling van die kamp vir gestremdes. 

GROOT Dankie aan Onse Hemelse Vader vir mense wat omgee, mense wat gestremdes weer menswaardig laat voel. Hulle kon vriende maak, kuier, lag, huil en ook geestelik groei. En nie net hulle nie, ons as ouers ook, en dit het ons nog nader aan mekaar en ons Here gebring. 

Spesiaal vir jou en Wilma - Prys die Here vir julle, ek het nie woorde nie - dit was n belewenis. 

Louis en Ansie 

Die afgelope naweek was die fenominaalste twee dae van ons lewens! Ja, ons praat van die kamp vir gestremdes gehou onder die vaandel van Radio Rippel. Dankie Kobus, n GROOT RIPPEL vir jou!  

Ons het REGTIG die Here leer ken. Ons het ook geleer dat jy maar mag pret h terwyl jy jou Here dien en loof. Jy hoef nie met n gefronsde vroom gesig te sit nie. 

Dankie Willem en Wilna, julle as sy instrumente sal vir ewig gesend wees in alles wat julle in Sy Naam doen. Julle liefde en geduld met almal wys aan ons almal wat se groot Christene julle is. Aan almal by Deo Volente, baie dankie vir al julle bystand en liefde, die heerlike kos en julle harde werk. Ek is seker almal waardeer dit opreg. Ons kan julle verseker dit was nie die laaste sien van di twee blinkkantiene nie! Julle geselsies word net so waardeer. 

Ons het twee nuwe mense teruggekom en het meer moed vir ons nuwe lewe.  

Mag julle almal net gesend vorentoe gaan en weet God is lief vir ons almal. Vrede in Christus vir julle almal. 

Anemari Botha & Rhoda Kitching

Om te sien hoe ander gestremdes die kamp beleef het, het my Rudolf Strydom eintlik met n gevoel van wie is ek nou eintlik gelaat,  want ek het nie juis deelgeneem aan die besprekings of praatjies en het nie juis gemeng met ander nie. Die ervaring op die kamp was uiters heerlik en die vriendelikheid en behulpsaamheid van die organiseerders het vir my uitgestaan. Die vrymoedigheid en spontane deelname van veral Dusty het my my kop in skaamte laat sak. Die terrein waar die kamp aangebied was is baie verrykend vir die gees omdat dit weg van die stad se gewremel is, in die natuur waar mens weer mens kan wees. Een stukkie  persoonlike getuies van my kant is dat Rippel en n geprek of twee my lewe so beinvloed het dat ek vir n jaar nou skoon is van drank. Dank die Here. 

Vir Willem, Wilna en die res van die span n groot dankie en waardering 

Groete 

Rudolf

Ons wil net s dankie vir die geleentheid wat ons gehad het om die kamp by te woon.  Dit was vir ons 'n besonderse geleentheid en hier het ons net weer besef hoe baie ons het om voor dankbaar te wees.  Miskien was die rede van hierdie kamp om ons net meer op ons knie te hou omdat ons so volmaak geskape is. 

Dit was wonderlik om hierdie gestremde persone met hulle ouers te ontmoet en die naweek saam met hulle deur te bring.  Hierdie mense is almal so borrelend oor die Here!! Almal so vriendelik!! Nie een van hulle is ongelukkig oor enige iets wat met hulle verkeerd is nie. Hulle praat baie van die Here en soos Johnny self vir Quintus ges het, dat hulle nie ongelukkig oor hulle gestremdheid is nie.  Dat die Here goed is vir hulle en vir hulle ook baie wonderlike ouers gegee het, maar dis net die Here wat weet hoe swaar hulle in die oggend opstaan. 

Ons het elke oomblik saam met hulle geniet.  Hulle is so spontaan, glad nie beskroom as ons vra dat hulle moet gaan dans of sing of enige iets doen.  Hulle is net te gewillig om deel te neem en wat vir hulle baie lekker was is om vir ons drukkies uit te deel. 'n Mens kan net sien hoeveel liefde hulle bereid is om te gee - dis onvoorwaardelik.  En hulle het ook 'n baie goeie sin vir humor en dit wys net vir ons hoe gelukkig hulle tog is. 

'n Besondere dank aan julle wat voorbereidings gedoen het en alles wat julle opgeoffer het om hierdie kamp moontlik te maak.  Dit was 'n groot sukses!! Mag die Here julle sen sodat dit nie die laaste kamp vir gestremdes sal wees nie en dat julle altyd sulke wonderlike byeenkomste sal h. 

Baie dankie 

Liefde 

Jan & Susaar

Sjoe hierdie naweek was no regtig n eye-opener vir ons gewees. Ek moet bieg ons het nie regtig geweet wat om te verwag van die mense wat die kamp gaan bywoon nie. Dis moeilik as jy nie self gestremdes in jou nabye familie het nie. Maar ons was lekker verras deur die wonderlike mense wat ons ontmoet het hierdie naweek. Sommer met die intrapslag, het ons geweet hierdie gaan n spesiale naweek wees. Ek moet erken dat ek by elke persoon die naweek iets geleer het. Of die persoon blind was, gestremde hand het, spierdistrofie sy liggaam verniel het, Downsindroom het of in n rystoel gekluister is elkeen van hierdie mense is spesiaal! Ek het nie een klagte gehoor die naweek van pyne of kwale nie. Hulle sing uit volle bors, hef hande op, en Dusty, Karen en Louis spring op en dans op Danie se Christelike weergawe van die Bloubul song. Hulle kom s vir jou dankie na n boodskap, met n lekker druk en al die Here sen jou, oom... Adelle wat mimiek doen op Houtkruis terwyl sy al die woorde saamsing. Leander het diep vrae om beantwoord te word, en REGUIT stellings oor onbybelse dinge wat deesdae in die kerk goedgekeur en goedgepraat word. Dian, Rudolf, Eddie, Wayne, Rovan  en Sonja altyd stil en rustig, kyk dinge uit op n afstand. Anemari lag te lekker waar sy vasgekluister is in haar rolstoel. Sy moet net vashou as sy oor die ongelyk gras gestoot word om die rugby te gaan kyk. Johnny lag te lekker met ogies wat skeel vir jou loer, en praat Afrikaans en Engels met jou deurmekaar. Paulie is die nederigheid vanself. Die siel van die partytjie was natuurlik Ian as ek hom mag uitsonder. Hy stoei kort-kort met sy pa, sing voor saam met die musiekspan, loop heeldag met n glimlag, en sukkel in die Prado se ho sitplek in (nadat hy homself en die deur eers aanmekaarverstrengel het) en grou dan deur die CDs in die konsole om te sien waarna ons kan luister. Hoe swaar is hy op brandstof? Het ek al 4X4 gery? Waar laat jy hom diens? Wat se ander kar het jy? Watter kar ry jou vrou? Wat ry jou dogter? My pa kan spares vir haar kry teen afslagpryse... Dit alles in n 50m rit toe ek die voertuig wou skuif... 

Dan die helpers ek dink hulle is maar net daar om by te staan, nie eens te help nie. Hulle behandel elkeen van die gestremdes asof hulle normaal is (ek dink hulle is baie meer normaal as ander mense wat ek ken!!). Noddy tel vir Quintus uit sy rolstoel soos n sak patats, laai hom bo-op die quad, gordel hom vas met sy bors-strap en s vir Willem ry boet!!. Ek dink julle elkeen van hierdie helpers het n baie spesiale gawe ontvang om na hierdie mense om te sien. Dag in en dag uit.  

Dan die afwesiges... Mas wat huil oor mans wat weggeloop het omdat hulle nie kans gesien het vir n gestremde kind nie. Ek weet nie hoe ek self sou opgetree het in so n situasie nie. Ek kan en mag julle nie veroordeel nie... Dankie ma, dat jy kans gesien het om jou spesiale kind groot te maak en by te staan! 

Nou ja ek sien regtig uit na die volgende kamp saam met julle. Ek het SOVEEL geleer by julle elkeen, en ek dink die volgende klas saam met julle gaan nog beter wees. Ons is BAIE lief vir julle almal! 

Dennis en Marietjie Engelbrecht.

Ek het regtig nie geweet wat om te verwag van die kamp nie, net dat ek glo die Here vir my ges het om my hulp aan te bied vir die naweek.  Ek het nie geskroom om vir Willem te bel en te vra of ek kan help nie.  Hy het ges dit is reg.  Ons het regtig  hard gewerk maar weet jy dit was n groot plesier want as jy die dankbaarheid en liefde sien in daardie mense dan voel dit of ek niks gedoen het nie.  Ek wens net een ding, ek wens ons mense wat elke dag alles het wat ons Hemelse Vader vir ons gegee het, kan dank, kan liefde uitstraal, want as jy daardie mense se liefde sien sal jy skaam kry.  Ek het n woord daardie naweek gekry dat ek meer vir my medemens moet doen en die woord wat ek gekry het staan in Lukas 10:27, 28 asook vers 37.  Dit is nou n week na die kamp en ek beleef my dae heeltemal anders as wat dit tevore was, dis onbeskryflik.  Ek wil net vir Willem en Wilna, Dennis en Marietjie, Jan en Susaar s, julle is no. 1.  Dit was n groot voorreg vir my en Martie om deel te kon wees van daardie wonderlike mense.  Al die eer en lof en aanbidding kom die Here toe.  Nogmaals baie dankie. 

Liefde groete Andr

Ek weet nie regtig waar of met wie ek eerste moet begin nie.  Almal was net een woord, wonderlik.  Ek het by die kamp aangekom nie geweet wat op my wag nie, het geweet dit gaan n groot verantwoordelikheid wees, om met my medemens te moet werk wat nie so bevoorreg is soos ek wat n volmaakte liggaam het nie.  Maar as ek my gedagtes met julle kan deel, ek was verbaas.  Ek het in verwondering gestaan en toekyk hoe baie ek by hulle kon leer en wat dit is om jou alles te kan gee.  Hulle het nie geskroom om al hul liefde op ons uit te stort nie.  Ek het skaam binne-in my gekry want ek is een van daardie mense wat baie terug hou.   Na die naweek het ek geleer om voluit te lewe.  Ek kan net met dankbaarheid s, dankie Willem en Wilna, my o het oopgegaan vir dit wat saak maak in die lewe.  Aan al die ouers, dankie dat ons ook kon deel wees van jul kinders,  maar ook van julle.  Ek haal my hoed af in verwondering hoeveel geduld en liefde julle uitstraal, nie net na jul kinders nie,  maar ook na ons. Ons het baie geleer. Ek het geleer wat dit is om onvoorwaardelik te kan gee, nie net liefde nie, maar aanvaarding.  Net te aanvaar vir wie of wat ek is.  Johnny, Ian, ek en Andr het jul twee oneindig baie geniet.  Jul het ons nie eers geken nie, maar tog na die naweek voel dit of ons jul al jare  ken.  Elize, Dean, julle is twee wonderlike mense.  Nie skaam om te s wat saak maak nie. Dit was lekker om net te kon ontspan, om stil te word en te gaan sit by die voete van Jesus.  Marietjie, ek het ook vergeet hoe lekker dit is om weer te kan word soos n kind, te kan speel en sommer net laf te kan wees.  Die speletjies wat ons moes doen was lekker. Ons het die naweek geleer hoe om ons attitude, soos Willem dit stel, reg te kry.  Dankie weereens daarvoor. Die kamp terrein het my net weer laat besef, hoe nader jy aan die natuur is,  hoe nader is jy aan die skriftuur. 

Ook baie dankie vir die wonderlike gasvryheid van Deo Volente Bush Adventures.  Dit was voorwaar onbeskryflik.  n Tyd wat ons altyd sal onthou.  

PERSOONLIKE GETUIENIS VAN ELIZE EDGERTON nee COETZEE 

Ek was in Gerrit Maritz Hoerskool vanaf std 6 10. Ek het in std 6 my lewe aan die Here gegee, maar as kind was besef jy mos nie regtig wat dit beteken om jou lewe toe te vertrou aan ons Almatige God nie. Jy het kerk toe gegaan Sondagskool by gewoon en belydenisklasse bygewoon en dit was dit. Ek het gematrukileer op die 5 November 1986. Ek het vir 'n klein rukkie in 1987 in die standemag gewerk as sjef, maar het besef sou ek wou trou en kinders wil h dat dit vir my 'n baie groot probleem gaan wees en dat my huwelik inmekaar sou val nie wetend dat ek my droom man sal ontmoet in 2 Mei 1987. Ons het vir 'n ruk oor en weer begin te kuier.

Ek en my man het verloof geraak op 24 Julie 1987 toe ek maar net 20 jaar oud was. My aanstande was op daardie tyd stip 31 jaar oud gewees. Ons is getroud op 8 April 1988. Dit was vir ons 'n baie groot en 'n besondere dag. Ek en Dean is nog steeds vandag getroud, maar nou is ons lewe op die Hemelse Vader gerig.

Ons het verskeie kere probeer om kinders te h, maar niks het gebeur nie. Ek het toe swanger geraak om en by Julie of begin Augustus 1992, nog steeds besef ek nie wat vir ons beplan word deur ons Hemelse Vader nie. Ek het die drieling op 8 en 'n halwe week verloor. Hulle al drie sou downsindroom kinders gewees het. Ek het nog steeds nie geweet wat liewe Vader vir my beplan nie. Ek was baie kwaad en het baie slegte goed van die Here ges so te so dat hy besluit het dat dit met ons sal sleg gaan totdat ons erkening gee dat God werklik leef.

In Februarie 1995 het my ma ons kom vertel van 'n jong seun wat deur een van ons familie lede se kinders weggegooi was. Ek het dadelik baie geheg tot die seun geraak. Ons het dadelik die skool gekontak en met die hoof Mnr Hennie Krog gepraat en met die Sielkundige Rex Du Plessis. Ons het hom elke naweek en skool vakansies gekry. My skoon ouers het baie lief geraak vir die jong seun. My skoonma is oorlede op 23 November 1995. Ons het met my skoonma se dood dadelik aansoek om hom vir permanente pleegsorg te plaas by ons. Wat toe gedoen is.

Ons het toe besluit om die seun, Ian, aan te neem. Ons het hierdie besluit weereens geneem sonder om God te nader. Ons het in Oktober 1999 aansoek gedoen om Ian toe aan te neem ons moes toe kinderhof toe gaan om dit amptelik te maak. Die amptelike bevel het deurgekom op 12 Januarie 2000 dat Ian nou amptelik aangeneem was. Ons het dadelik Departement van Binnelandse Sake toe gegaan en vir hulle die bevel gegee met die aansoek vorms om die Ian se naam en van te verander. Sy name en van was Ian Dawid Hollywood. Dit is toe verander na Ian Michael Edgerton. Ons het nog steeds aangegaan asof niks verkeerd was en ook nie gehoor hoe die Here ons geroep het nie.

Ek en Dean het normal geleef soos enige ander persoon nadat die bevel deur gekom het, nog steeds het ons nie die roeping gehoor nie. Ons het dinge gedoen waaroor ons vandag baie jammer is en nog steed berou het.

Op 25 Januarie 2002 moes Ian 'n baie dringende brein operasie kry. Dit kon sy lewe beteken. Ian het 'n VP Shunt in gehad wat beteken dat die pompie die oortollig vog van sy brein dreineer na die maag en dan skei hy dit uit. Ian moes streng gesproke dood gewees het maar God het weer gewys dat hy genadig is -maar ek het nog steed nie geluister na Sy roep nie. As 'n VP Shunt verstop raak kan jou serebraal gestremde kind wat so 'n pompie in het doodgaan. Ian het vir 18 maande met so 'n pompie geloop en God het sy beskermde hand oor Ian gehad nog steeds het ek nie geluister na wat God vir ons probeer s nie.

Ons is deur die maatskaplike werker genader om nog 'n kind in ons sorg te neem, weereens het ons God nie geraadpleeg nie en ons eie kop gevolg. Ons is op 28 Mei 2002 na die kinderhof om nog 'n kind in pleegsorg te kry. Net om dinge meer moeilik te maak is daar ook 'n broer betrokke maar tot ons voordeel het hy geen voogdyskap nie so het geen s oor die seun wat in ons sorg geplaas is nie. Johnny was baie bly dat hy ook nou 'n familie gaan h - 'n pa, 'n ma en 'n ou boet. Dit was die beste geskenk wat hy oot in sy lewe kon h, maar die boetie het probeer om vir ons voor te skryf hoe om die kind groot te maak en hy was baie lief om in die verlede te praat. Ek het dadelik vir hom ges dat ek is jammer dat hy geen s het oor Johnny nie en ek gaan hom nie toe laat om vir Johnny te sien nie. Weereens het ons dit gedoen sonder om in gebed te gaan en vir die Here vra of ons die regte besluit neem, maar het het maar net voort geploeter.

In 2003 het ek my werk verloor en dinge het nog steeds nie by my op gekom dat God aan die roer van sake was en toegelaat dat hierdie dinge met my moes gebeur. Ek het in April 2003 probeer om my eie lewe te neem, want ek nie kans gesien om verder te lewe nie, omdat al my werksaansoeke altyd onsuksesvol was. Ons het daarna besluit om in 'n goedkoper plek te gaan bly. Ons het toe 1 Junie 2003 ingetrek in 'n 2 slaapkamer woonstel in Wonderboom Suid met 5 persone. Ek was meeste van die tyd maar by die huis totdat ek werk gekry het op die 19 Februarie 2004 dit was by McCarthy Mercedes Benz Hatfield. Ek nog steeds goed gedoen wat in die o van God nie aanvaarbaar is nie maar nog steeds niks vir niemand ges nie en nog steeds het ek nie geluister na dit wat die Here vir my beplan het nie. Ek en Dean het finansiel n groot knou weg. Ons moes goed doen om seker te maak dat ons elke maand net kan oor leef. Ek het nog steeds nie o en ore gehad nie.

Ek het so gemors aangevang dat ek nie gedink het dat ek ooit daar sal uit kom nie maar die slag het God baie hard geruk, so hard dat ek voor 'n keuse gestaan het en ek moes die keuse maak.

Op 26 April 2009 het God deur my swaer gekom en vir my ges dat ons 'n belangrike doel het om te verrig op hierdie aarde. Hy het vir my ges my doel hier op aarde is om 'n ma vir die twee seuns te wees en dat ek hulle na die beste van my vermo moet oppas. As ek nie my kinders wil verloor nie moet ek dit nou doen soos God van my verwag om te doen.

Ek het nooit so daaraan gedink nie, maar weet jy wat, dit het my gou laat besef dat daar tog maar slegs een weg is en dit is die weg van die Hemelse Vader. Ek dank God dat my swaer die spreekbuis namens Hom was en dat dit my ook oopgemaak het. Ons behoort aan 'n omgeegroep, elke Sondag kom ons by mekaar waar ons Bybelstudie hou en waar ons 'n boek of seker dinge bespreek. Ons is tans besig met Uitreik Dissipels dit is wonderlik om aan so groep te behoort en te weet dat God jou onvoorwaarlik liefhet. Na die naweek van 31 Oktober tot 1 November 2009 het dit my net weer laat besef dat daar geen ander God is nie en dat hy werklik lewe en om hom te dien is die beste ding om te doen. Ek sal en wil nooit weer sonder ons dierbare God wees nie.

Ek het ook geleer om hom eerste te stel en alles te doen volgens God se wil. Hy sal jou op sy tyd sen. 

Psalm 103: 11 14
Want so groot as die afstand
tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde
vir die wat Hom dien.
So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredings 
van ons af.
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom dien.

Dankie Here dat U my tien duisende kanse gegee het en altyd in my geglo het.